Jones: ‘MRK ondersoek my nie oor Etzebeth-uitlatings’

Die Springbokslot Eben Etzebeth. (Foto: David Ritchie/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het geen formele ondersoek geloods na adv. Buang Jones se uitlatings oor Bok-slot Eben Etzebeth se saak nie. Só het Jones, die MRK se nasionale hoof van regsdienste, Dinsdag in die parlement gesê tydens sy onderhoud met LP’s vir die pos van adjunk-openbare beskermer (OB).

Die MRK het in Oktober gesê hy ondersoek Jones se uitlatings op 3 Oktober in Langebaan oor die ondersoek na Etzebeth se beweerde rassistiese uitsprake. Jones het toe gesê dat Etzebeth nie met “moord sal wegkom nie” en dat die MRK van hom ʼn “voorbeeld sal maak”.

Adv. André Gaum, een van die MRK se kommissarisse, het verlede maand gesê Jones se optrede rondom die Etzebeth-ondersoek was “problematies” en dat dit ondersoek sal word. Nou wil dit voorkom of dié ondersoek nooit plaasgevind het nie.

Die MRK het steeds nie gereageer op Maroela Media se navraag van etlike weke gelede oor hoe die ondersoek vorder nie. Die Afrikanerbond het ook gekla dat hulle nog geen terugvoer van die MRK in dié verband ontvang het nie. Nou blyk dit die saak is nooit ondersoek nie.

Die VF Plus sê die indien daar geen formele ondersoek teen hom is rakende die Eben Etzebeth-aangeleentheid nie, dit integriteit van die MRK verder in die gedrang bring.

“Jones het Etzebeth in sy uitlatings reeds skuldig bevind en die VF Plus het beswaar daarteen aangeteken aangesien dit bevooroordelend was sonder dat Etzebeth die geleentheid gebied is om te reageer,” sê dr. Pieter Groenwald, VF Plus-leier.

“Die MRK moet nou die verwarring oor die ondersoek teen Jones uit die weg ruim. Indien die MRK nie oop kaarte gespeel het oor die ondersoek nie, sal dit ernstige vrae laat ontstaan oor die funksionering en partydigheid van die MRK en sy amptenare,” sê Groenewald.

“Indien Jones wel ondersoek word, beteken dit hy het nie oop kaarte met die parlementslede gespeel nie en dit sou hom outomaties diskwalifiseer vir pos van adjunk-openbare beskermer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Vraagteken ·

James, jy het klaarblyklik nie die artikel gelees nie. Die man waarvan gepraat word is nie wit nie.

Hans ·

Die MRK het parlement mislei oor optrede teen Mnr Jones en het gevolglik geen geloofwaardigheid meer nie. Die Raad moet ontbind word en deur n geregtelike kommissie ondersoek word.

Johan ·

Jones beweer valslik dat Etsebeth met “moord” wegkom. Wel, Jones kom eerder weg met ooglopende en duidelike “moord” met sy partydige uitsprake.

Gert van Wierdapark ·

Hoop daar word eerder n voorbeeld van die Jones outjie gemaak, sodat hy nie met sy gewraakte opmerking(s) sal wegkom nie

Simpel ·

Dit moet erg wees om te weet jy is nie in ‘n beroep oor meriete nie

K P ·

Die man is besig met n eier dans. Het heelwaarskynlik ook n rassistiese streep

JV ·

Die MRK is n rassistiese organisasie. Dit het ons mos nou telkens gesien hoe hulle sake hanteer

Schalk ·

Wat verwag julle van MRK.net dieselfde as die vraestel verkopers van Unisa bokkerol kultuur integriteit of eerlikheid.Klomp……kultuur van misleiding die grootste rassistiese black supremacists te slapgat om teen hul eie mense op te tree…Soek net wittes uit.

Grompie ·

Asseblief hulle kannie SA verteenw.Suid afrikaners is wenners.Hulle verteenwoordig n faksie in ANC.Soos Julius n arm is van ANC.

Db ·

Ja Magda vandat ons land verniet weggegee is deur die gemors De Klerk en sy trawante MOET jy ‘n kriminele agtergrond hê of reeds in die tronk gewees het om in die parlement te gaan sit en slaap. Eerlike mense word net uitgeskop en met leuens verwyder

Sinies ·

Ek onthou nog hoe Roelf Meyer met groot oortuiging ongeveer 25 jaar gelede op radio gesê het hoe dankbaar die luisteraars sal wees vir instellings soos die MRK want dit is instellings wat sal waak oor minderheidsbelange.

Wat n naïewe gek.

Kraaibakke ·

Daar waar Jones gaan sal hy die plek soos n joke laat lyk net so onbetroubaar soos sy MRK .Stop hom

JohanL ·

Ek het op hierdie einste forum ‘n ruk gelede geskryf MM sal NIE terugvoer kry vanaf MRK NIE. En ek was reg – nie dat dit ‘n genie vat om dit te voorspel nie!!! Ek het dit gedoen want ek het al uit eie persoonlike ondervinding gesien dat mens dalk bietjie “ontwykende” terugvoer sal kry en daarna niks verder nie. Ek grond dit op my eie ondervinding waar ek al op 4 geleenthede terugvoer gevra het na die MRK se ondersoek na Me Barkhuizen.

Die MRK het GEEN integriteit en geloofwaardigheid nie. Ons moet eintlik dankbaar wees hierdie Jones vent se geval het dit duidelik uitgelig.

Hanlie ·

MRK sal niks, maar net mooi niks aan hier “Jones-vent doen nie, want hulle is dan duidelik aan sy kant. MRK is ‘n ANC Organisasie.

lh ·

Ek hoop Etzebeth kan daai groot opening in Jones se gesig ‘n bietjie kleiner maak met ‘n stewige siviele eis!

Al ·

Nou waarom nie? Weereens dubbele standaarde van MRK!
MRK moet vasgevat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.