Jong boer by plaashek oorval, ontvoer

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Jong boer is Maandag by ʼn plaashek oorval waarna hy in sy huis ingedwing en toe ontvoer is.

Die 30-jarige boer het omstreeks Maandag 19:10 by die plaas in Heidelberg in Gauteng aangekom nadat hy by die gimnasium was. Hy is by die plaashek deur vyf mans oorval, het kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, gesê.

Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die boer gerig en hom in sy huis ingedwing. “Die verdagtes het die huis geplunder en verskeie items, waaronder drie vuurwapens, klere en horlosies in die boer se bakkie gelaai.”

Volgens Makhubele het die verdagtes die boer in sy Toyota Hilux-bakkie ingedwing en hom sowat 5 km verder afgelaai. “Die boer het terug na die plaas gehardloop voor hy hulp ontbied het,” het Makhubele gesê. Die bakkie is later in Nigel met van die gesteelde goedere teruggevind.

Die verdagtes het ook die boer se bankkaarte en kontant gesteel en later R1 400 uit sy bankrekening onttrek.

Makhubele het gesê die verdagtes is tussen 20 en 30 jaar oud en het Zoeloe gepraat. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die Heidelberg SAPD te bel by 016 341 0343/61 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Christine ·

Sulke gemors bly hy lewe nog sterkte vir hom,hoop hul word gevang.

Ig ·

Waarom het die boer nie sy wapen by hom gehad nie, boere weet hulle word getarget en moet wakker wees. Die mense spring uit enige bos uit. Nou het 5 boosdoeners weer weggekom, dankaar hy is ongendeerd.

Terreur ·

Jy kan ongelukkig nie ‘n jag geweer aan jou sy dra nie. Waar is die moderne mens se logika heen?

HAB ·

Hy hoef nie sy jag geweer te gehad het nie. ‘n 15 skoot pistool sou fine wees in die geval. En eks sal graag die fotos van die ingangs hek wou sien. Want as dit skoon was om Die hek sou 5 ouens nie daar kon wgkruip nie. Dit is basics hierdie. Ek glo dat meer as die helfte van al die aanvalle o boere verhoed kon gewees het as ons boere net meer paraat was. En nie glo dat niks met hulle gaan gebeur nie. Wees gereed.

Vraagteken ·

Want hy was by die Gimnasium. Waar hou jy jou vuurwapen veilig as jy op die treadmill is?

chrisjan ·

Terreur, daar is goed soos pistole en rewolwers in die wereld .’n Jaggeweer word gebruik om mee te jag.
Vraagteken ,mens kan jou handwapen in ‘n goeie sak bere en die sak NABY JOU HOU waar jy op die treadmill besig is.Dis ‘n geval van waar ‘n WIL is is ‘n weg.
‘n Boer wat sonder sy handwpen aan hom loop is soos ‘n soldaat wat oorlog toe gaan sonder ‘n geweer.

Derick ·

@ Terreur niemand praat dat hy n jaggeweer aan sy sy moet dra nie. Neem aan die person verwys seker na n handwapen.
Maar ons bly maar slapgat, het die houding van dit sal nooit met my gebeur nie.
Wil ook net byvoeg die drek kom altyd in n groep. Te lafhartig om alleen te kom.

Koos de Meyer. ·

Dra jou vuurwapen 24/7 by jou. Hierdie mense moet jou nie onkant vang nie.

Stelling ·

Ja Koos, maklik gese. Dra maar jou vuurwapen, dan skiet hulle liewer voor hulle voortgaan!

Vraagteken ·

Ja, en nou is daar 3 vuurwapens in die verkeerde hande.

schaun ·

Was hy gewapen toe hy oorval is of was sy wapens in die kluis toegesluit ,die meeste boere word oorval by sy hek as ek n boer was sou ek ekstra paraat gewees het as ek by my hek is en ten alle tye gewapen gewees het.

Koos de Meyer. ·

Niemand het gesê dra ‘n jaggeweer saam nie, party mense kan maar snedige kommentaar lewer. Bly dat die jong man dit oorleef het.

Nita ·

Nou is daar net een raat. Dra absoluut elke sekonde van die dag of nag jou vuurwapen. En natuurlik moet mense op plotte en plase in skofte slaap. Een slaap, die ander persoon staan wag. Dit is nou krim-oorlog.

Leer ·

Ja so Leer ons Elke dag n les of 2. Slimmes uit Ander se foute. En die wat dink dit Sal nie met hul gebeur of waaksaamheid verslap uit hul eie foute.

Hab ·

Soveelste boer by hek oorval.
Ons weet mos nou dis waar hulle ons inwag. Paraatheid broers asb.
Sit kameras op by hekke. Wees gewapen, vuurwapen reeds 1 up wanneer jy die ingang aproach. Hoe kruip 5 manne weg by hek sonder dat jy hulle sien. Sny skoon ‘n groter radius om jou ingange. Jy oan baie bly wees jy leef. Geluk

Anoniem ·

Dit hou net nie op nie, wees altyd op Jou hoede ! Bly Hy is ok of is Hy ?

Jaco ·

Ek wil geensins bemarking doen nie so indien admin voel hierdie is onvanpas verwyder asseblief die skrywe. Het onlangs gelees van Pathfinder vir boere op plase. Sien dit is nou ook vir huise beskikbaar. Lyk na moontlike oplossing om die klomp booswigte makliker te betrap.

C op C ·

Boere het twee opsies wat plaashekke betref:jy hou jou hek oop sodat jy nie hoef uit te klim nie óf jy kry ‘n elektriese hek wat met battery of sonkrag werk. Uitklim om in donker ‘n hek oop en toe te maak is moeilikheid soek. Bou motorhek om diere se beweging te beperk. Dit werk al donkiejare op ons plaas.

Philip ·

Die berig sê hulle het Zoeloe gepraat. So maak jou eie afleidings

Christa ·

Regs, hoe Kan jy wonder oor so iets. 90 present is dit die gewone sondebokke

sweis ·

Korreksie, 100% is swart media is net te bang om die ware feite te gee soos dit is.

Vraagteken ·

En dit is hoekom ‘n verbod op vuurwapens sy eie been het om op te staan.

Hulle vang jou so omkant dat jy nie tyd het om by jou vuurwapens te kom nie. En nou het hierdie wapens in die verkeerde hande beland.

Gaan vergelyk maar die statistiek van die VSA teen VK. Die een word wapens verbied, en die ander is dit wettig. Watter een is veilig???

Asb MM, moenie hierdie kommentaar verwyder nie.

m ·

@Vraagteken, as ek mag, bevraagteken ek jou logieka, jy vergelyk SA, vir alle tegniese redis, ‘n derde wereld se land, met eerste wereld lande, dis nie baie slim nie?

Michael P ·

As jy die waarheid praat dan haal hulle dit af. tog so bang vir politiek!!!!

ES ·

Vraagteken – om ‘n land se burgers te ontwapen gaan nie kriminele ontwapen nie. Dink jy hulle bekom vuurwapens op ‘n wettige wyse?

Jy kan nie die VSA en die VK met SA vergelyk nie – ons misdaadsyfer is die hoogte in – en dis nie a.g.v. meer vuurwapens nie – dis bloot omdat daar booswigte hier is wat ‘n haatkultuur begin het teen die minderheid. Die VSA is so groot soos die hele Afrika, en die VK is net groter as Gauteng…

Harry ·

Dom logika om geen vuurwapen te mag besit nie, want hulle sal jou met ‘n mes, panga of byl al te lekker bykom, want dis presies wat hulle doen as hulle nie vuurwapens besit nie.
Ek kan jou verseker jy hoef net een skoot in die grond te skiet en alles laat spaander en hardloop weg – dit is die statistiek in SA!

Werner ·

Vraagteken die boer het nie n wapen by hom gehaad nie dus kon hy homself nie teen vyf aanvallers verdedig nie wet jou as hy gewapen was en die wapen gebruik het het die aanvallers nou nog gehol so daar is jou bewys dat dot beter is om gewapen te wees

Chris Ws ·

Ons bly op ‘n familie plaas met ‘n hek wat 24/7 gesluit is.Dis nou ek en my vrou ,my swaer en sy vrou en ma.Reel 1 :Jy dra 24/7 ‘n handwapen AAN jou.Reel 2: Jy kom NOOIT in die donker by die huis aan tensy iets voorval nie.Reel 3: Om die hek is dit oop en daar is ‘n skerp LED lig wat deur die nag die hek en omliggende area verlig.Reel 4: Sou iemand deur onvoorsiene omstandighede NA sononder eers by die plaas aankom ,laat weet hy as hy naby is en die veiligheids ligte op ‘n toring tussen die huise word aangeskakel wat die hele werf daglig maak.Dit vat nie “rocket science” om sulke maatreels in plek te stel nie.
Ek is baie bly die jong boer is ongeskonde maar ek hoop regtig dat dit vir hom en ‘n paar ander mense ‘n les sal wees.

Gerhard ·

Baie dankie Chris Ws vir daardie kommentaar. Ek wens al ons boere wil dit doen. Knap gedaan.

Nettie ·

@Chris Ws – baie, baie nuttige (logiese) raad. Nie net vir boere nie, maar sommer ook ALMAL ORALS. Dis nou: as jy die geld het daarvoor, want ek dink al daardie veiligheidsmaatreëls het seker “pretty a pound” gekos. Selfs ék, wat maar net in die Wes-Kaap se platteland woon, gee die persoon tuis ‘n “Scotch Call” om aan te dui dat ek oppad huistoe is. En ek KYK om my, SIEN om my wanneer ek my hek nader (nog een van die ou tipe “bek slaner hekke” – ongeoutomatiseerd. Maar: ek het my ‘panic button’ en skok-toestel in my hand as ek uitklim. Eerder Bang Jan, as Dooi’ Jan, het die oumense altyd gesê.

Leer ·

Ja so Leer ons Elke dag n les of 2. Slimmes uit Ander se foute. En die wat dink dit Sal nie met hul gebeur of waaksaamheid verslap uit hul eie foute.

aj ·

Selfs die polisie skiet nou om te dood … hoeveel te meer moet ons siviele mense nie ons self verdedig deur te skiet nie.

Skiet eerste of word geskiet!

Pop ·

Chrisjan jy kan praat tot jy blou is, mense wil nie hoor en hulself oppas nie. Alles wat jy se is waar. Mense moet in SA leef asof hulle permanent in oorlog situasie verkeer.

Kolskoot ·

Die boer leef hys gelukkig
Maar die mense het baie hoop vir die land .
5 teen 1 lafhards tipies soos
Hyenas

Terug baklei ·

Ek dink dis tyd dat ons begin terug baklei vir ons land, vir ons en ons kinders se toekoms. Ons beskerm onsself met gewere en draai steeds die ander wang. Vir hoe lank nog? Ons is min maar ons moet begin terug veg teen hierdie volksmoord….ons kan nie net terugstaan en uitgemoor word nie!

Pieter ·

Stem saam met jou weet nie wanneer gaan ons blankes wakker skrik nie ons moet vir die ANC se genoeg is nou genoeg vir elke boer wat vermoor word gaan ons blankes n dag by die huis bly ons moet die land tot stilstand bring dan gaan hulle oop gaan dit belowe ek julle

Schalk ·

As enige iemand drie of meer swart mans sien saam beweeg wees op die uitkyk al ry hulle in n motor op plattelandse paaie.Van nature beweeg mans selde in sulke groepe so wees bedag.Dit geld vir swart wit en bruin boere hou jul oë oop .Drie tot sewe swart mans is vir agt en negentig van plaas aanvalle verantwoordelik.Let wel swart dit is die sleutel dit is die realiteit.Koerante is verbied om swart te sê want swartes wil nie die feite weet nie.Dit was nie vyf wittes wat zoeloe gepraat het nie ook nie indiers of bruines nie.

Theresa ·

%$##@% (*&^%$% ^%#@@#((E#^# Ek hoop julle verstaan my boodskap!!

Magda ·

En ons almal weet voor wie se deur ons dit kan neerle – Wie se party is die jong party??mmmmmmmm

lizzi ·

Daar is net niks meer om te se as…..dankie Vader vir die jong boer se lewe.

Derick ·

Mense gaan luister bietjie op You Tube wat Pastoor James David Manning te se het oor sekere mense. Daar is n paar video clips. Baie goed en baie waar.

Attie. ·

Ek vra ook, waar is die man se logika heen. n Boer behoort n vuurwapen by hom te dra, hy behoort sy plaaspad met die grootpad te verbind met ‘n motorhek. Hy behoort honde by sy huis te hê. Hy behoort so besig te wees op sy plaas dat hy nie ‘n gim nodig het nie. Op die ou einde sal net die slim boere oorbly. Ons is almal dankbaar dat hy niks oorgekom het nie.

Sarel ·

Ja al die kommentare en uitwys vzn tekortkominge. Hodveel van julle is Boere. Jy kan nie kommentaar lewer indien jy nie in die man se skoene gestasn het nie. Stedelinge – kyk liewer self hoe onverantwoordelik julle optree .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.