Jong boer dood ná fratsongeluk op plaas

Jandré Bosman (32) is in ‘n fratsongeluk dood nadat hy aan ‘n oorhoofse kragkabel geraak het. Foto: Verskaf

“Hy was ʼn eenvoudige man. ʼn Boerseun.”

Só het Jaco Bosman sy broer Jandré (32) beskryf wat verlede week doodgeskok is toe hy met ʼn leer aan ʼn oorhoofse kragkabel op ʼn plaas in Mpumalanga geraak het.

Jandré, onder sy vriende bekend as Jannas, was op ʼn leer besig om ʼn ánder leer uit ʼn watertenk te haal, toe hy per ongeluk met die leer aan die kabel geraak het.

Jaco (34) sê werkers het hulle jonger broer André gaan roep om te kom help, maar Jandré was klaarblyklik reeds dood. Paramedici wat hulle na die plaas Nooitgedacht, tussen Kriel en Ogies gehaas het, het hom vergeefs probeer bybring.

Gavin Cooper, een van die paramedici wat Jandré probeer bybring het, het op Facebook oor die voorval geskryf. Hy het geskryf ondanks hulle beste pogings, kon hulle Jandré nie red nie.

“A young #life taken so soon. Please take care when working beneath #high #voltage #power #lines.

“The resistance I felt in powerful young hands, gripping the BVM trying to ventilate his brother while we perform CPR. I gently took hold of his brother’s hands as they started to tremble, moving him away from the airway.

“I stared deeply into his tear streaked eyes. Silent. In that instant, he knew we were not going to save him.”

‘n Paramedikus wat Jandré Bosman se lewe probeer red het, skryf oor die ervaring op Facebook. Foto: Gavin Daniel Cooper/Facebook

Jaco het gesê Jandré en André (21) het in Desember begin om op klein skaal met groente op die plaas te boer. Hulle ouers, André sr. en Elna, woon al jare lank op dieselfde plaas. Hy het gesê soos te verstane sukkel sy ouers steeds om Jandré se dood te verwerk. Hulle was ook op die toneel waar Jandré kort tevore gesterf het.

“Hy was ʼn groot mense-mens en baie gewild onder sy vriende. Hy het nooit regtig ʼn wag voor sy mond gehad nie, maar altyd op ʼn mooi manier. Hy het nie nét fans gehad nie, maar hy het geléwe. En hy het ʼn besonderse vól lewe gehad,” het Jaco gesê.

“Hy het nie toegelaat dat die lewe hom jaag nie. Hy was ʼn groot gees.”

ʼn Roudiens word Saterdag (30 Maart) vir Jandré op die plaas gehou. Jaco het gesê dit sal ʼn informele byeenkoms wees, waar geliefdes agterna ook hulle herinneringe aan Jandré met mekaar kan deel. Volgens Jaco sou sy broer die idee van ʼn stywe diens met formele klere amusant vind en mense is daarom genooi om in gemaklike drag na die diens te kom.

Die roudiens begin om 12:00.

Jandré word privaat veras.

Benewens sy ouers en twee broers, laat Jandré ook sy susters, Tarien (23) en Tania (19), agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Tina ·

Ag hoe verskriklik tragies. Wat `n mooi man. My hart gaan uit na sy geliefdes. Mag God vertroosting bring. R.I.V Jandrè

ANNE-MARIE ·

Diepste diepe seer…My innige meegevoel vir jul familie en die ouers…Niks gaan dit ooit weer beter maak nie Baie liefde en ‘n drukkie van my kant af Groete Anne-Marie

Naomi Berger ·

Ons is so jammer.
Sterkte aan julle as familie.
Mag julle rus en aanvaarding vind by Jesus in hierdie verskriklike hartseer tyd.

liefie ·

Die watertenks moet onder die kraglyne vewyder word, moes nie daar gewees het nie.

Frikkie Geld en huis ·

Liefie is reg, Peer. Daai tanks staan presies op die verkeerde plek.
Sterkte aan die familie.

ANNE-MARIE ·

Liefie hierdie is nie vir jou om jou oordele te bevestig nie en nog minder om foute te soek As jy nog nie ‘n kind verloor het nie weet jy nie hoe bitter so ‘n beker kan wees nie…dus bepaal jou by jou eie volmaakte wêreldjie….Hoe kan ‘n mens so ongevoelig wees en wil fout soek…hou dit vir jouself en hou jouself met dit besig …broei om dit…dalk broei jy ‘n eienaardige eiertjie uit..wie weet? ~ Los ander mense uit in hulle smarte…jou dolksteke maak dit nog erger ….eisjhhhhhhh!!!!!

Ria Maritz ·

Baie sterkte aan naasbestaandes.
Moenie klippe gooi nie.

Jean ·

Baie tragies.Mag God julle styf vashou.

Mag die beter wetigges asb nie nou begin advies gee nie en eerder die betrokkenes se gevoel in ag neem.

Jean ·

Baie tragies. mag God julle styf vashou.

Mag die beter wetiges asb nie nou raad gee en klippe gooi nie.Neem asb die betrokkenes se gevoel in ag.

Snoopie ·

Hulle gooi nie klippe nie!! Met hul stelling probeer hulle slegs nog n ongeluk vermy. Asb tog.

IK ·

Met opmetingswerk het ek met ‘n teodoliet onder Eskom kragdrade gestaan. Wanneer jy ligweg raak aan die instrument voel dit asof dit lewe agv die elektriese veld waarin jy is.
Sterkte aan die betrokkenes.

Lienkie ·

Baie tragies, innige simpatie en meegevoel, ons gebede is met die naasbestaandes.

toy ·

Ai dit is verskriklik hartseer. Julle familie is in ons gebede.

JAN ·

Leedwese. Tragies.
Wisselstroom AC van 66 duisend volt induseer krag na die grond. Lyk soos weerlig in veldbrand met koolstof rook.
Resussutasie van elektriese skok moet tot 4 uur lank duur. BREIN kry nog genoeg suurstof.
Maar resus van verdrinking slegs 15 min. Dan staak jy CPR agv reeds breinskade deur anoksie. Ai ai.

Anne-Marié ·

Verstaan ek jou reg? Moes die paramedici langer probeer het om sy lewe te red en het hulle dus te gou opgegee? Indien dit is wat jy sê, is dit bitter erg vir sy gesin om dit te lees. Ai…

Manie van Worcester ·

Baie hartseer, ons moet orals meer veiligheid in ag neem om sulke ongelukke te verhoed. Sterkte aan die familie, dis n groot skok en n lewenslange seer

Hans ·

Tragiese gebeurtenis, skuif asb die tenks 9m weg van kraglyn af.

Henrico ·

n PH is in die Kaap op n wildplaas ook so dood geskok nadat hy beveel is om die plaas se naambord te skuiwe

susan ·

Wat se liefie of snoopie is jy om nou sulke snert kwyt te raak. Dit het gebeur dit het gebeur. PUNT Tragies mens is onsensitief.

hercules ·

when i am alone,
HolySpirit is my comforter;
when i am nothing,
HolySpirit is my everything;
when i am sad & lonely,
HolySpirit is my song & joy;
when i am weak & helpless,
HolySpirit is my strength!
?Shalom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.