Jong boer in hart gesteek tydens plaasaanval

CT Steyn. Foto: Verskaf.

CT Steyn. Foto: Verskaf.

ʼn Jong boer van die Vrystaat is Sondagaand in sy bed oorval en met ʼn mes in die hart gesteek.

CT Steyn (32) het gisteraand omstreeks 21:00 op die plaas Zwartfontein in die Warden-omgewing in sy bed gelê toe drie mans hom oorval en aangerand het.

Gerrit Steyn, CT se broer, het aan Maroela Media gesê die mans het die houtraam van ʼn venster op die sonstoep losgewikkel om in te kom.

Volgens Gerrit kon CT een van die mans se stem herken. “Hy het ʼn balaklawa gedra, maar die ander twee het net serpe om hul neuse gebind. Hulle het hom eers uitgevra oor ons ouers en toe oor my,” het Steyn vertel.

“Nadat een van hulle hom in die hart gesteek het, het hulle hom met dasse op ʼn stoel vasgebind. Ons weet sover ʼn rekenaar, dekodeerder, selfoon en klere is gesteel. Ons weet nog nie of enige vuurwapens gesteel is nie,” het Gerrit gesê. Die aanvallers het toe met CT se bakkie gevlug.

CT kon daarin slaag om homself los te wikkel en ʼn ou selfoon te laai. “Hy het eers ons sussie gebel en sy het my gebel. Die polisie is daarna ontbied. Gelukkig bly ons almal in die omgewing,” het Gerrit gesê.

CT en Gerrit is albei boere van die bekende familieboerdery, Paul Steyn Boerdery, wat onder meer met aartappels, mielies en skape boer.

Volgens Gerrit moes CT ʼn operasie ondergaan om sy regterhartkamer te heg. “Hy is darem wakker en gesels met ons,” het Gerrit gesê. “Die dokters sê hy lyk oukei”. CT word in die Hoogland Mediclinic in Bethlehem behandel. Hy word in Mei vanjaar 33.

Sers. Mmako Mophiring het aan Maroela Media bevestig dat Steyn se Toyota Hilux-bakkie vanoggend in Blue Gum Bush in Qwa-Qwa gevind is.

Volgens Mophiring is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie, ondanks die feit dat talle lede van die gemeenskap gehelp soek het.

“Ons vra enigiemand met inligting om asseblief na vore te kom,” het Mophiring gesê. “Ons kan nie nou al sê of daar goedere en indien wel, watter goedere ons in die bakkie gevind het nie, omdat die verdagtes nog nie vasgestrek is nie. Ons kan ook nie bevestig dat hy met ʼn mes gesteek is nie. Ons kan wel bevestig dat dit ʼn skerp voorwerp was,” het Mophiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

106 Kommentare

jongste oudste gewildste
pamela Woest

Hoeveel nog? Sterkte aan CT en sy gesin.

Linda

Dis iets vreeslik!!!!!wanneer gaan die plaas moorde tot n einde kom en wie gaan luister hoe ons land se boere gemoor en so vreeslik wreed aangeval word….

AL

As die parlement nie wil luister na hierdie beplande aanvalle nie, wat is ons reg as belastingbetalers en wetsgehoorsame burgers? Dit kan mos nie net daar gelaat word nie?!
Iemand moet verantwoording doen!! Ons sorg vir 17 milj afhanklikes en die ontwikkeling vd land!

Jean

Dankie VADER dat hy die aanval oorleef het. Word hierdie aanvallers ooit gevang? Hoekom is daar skielik so ‘n toename in aanvalle op plase? Die wreedheid en die hoeveelheid aanvalle het drasties toegeneem sedert verlede jaar. Daar is mos erens groot fout? Hierdie is mos georganiseerde misdaad? Die aanvallers het ook altyd inligting van die ander inwoners/kluise/bewegings van die mense, dit is skokkend. Gaan die ANC hom so wragtie nie hieraan steur nie? Hulle hou gou vergaderigs oor XENOFOBIA maar geen vergaderings of dinkskrums oor PLAASMOORDE nie. Die vooroordeel raak nou al hoe duideliker. Dis ‘n SKANDE dat ‘n regering… Lees meer »

Sylvia Nieuwoudt

So ongelooflik by C T is ongedeerd en wens hom n spoedige herstel toe.Dankie Jesus dat U hierdie jong man beskerm het.