Jong boer in hart gesteek tydens plaasaanval

CT Steyn. Foto: Verskaf.

CT Steyn. Foto: Verskaf.

ʼn Jong boer van die Vrystaat is Sondagaand in sy bed oorval en met ʼn mes in die hart gesteek.

CT Steyn (32) het gisteraand omstreeks 21:00 op die plaas Zwartfontein in die Warden-omgewing in sy bed gelê toe drie mans hom oorval en aangerand het.

Gerrit Steyn, CT se broer, het aan Maroela Media gesê die mans het die houtraam van ʼn venster op die sonstoep losgewikkel om in te kom.

Volgens Gerrit kon CT een van die mans se stem herken. “Hy het ʼn balaklawa gedra, maar die ander twee het net serpe om hul neuse gebind. Hulle het hom eers uitgevra oor ons ouers en toe oor my,” het Steyn vertel.

“Nadat een van hulle hom in die hart gesteek het, het hulle hom met dasse op ʼn stoel vasgebind. Ons weet sover ʼn rekenaar, dekodeerder, selfoon en klere is gesteel. Ons weet nog nie of enige vuurwapens gesteel is nie,” het Gerrit gesê. Die aanvallers het toe met CT se bakkie gevlug.

CT kon daarin slaag om homself los te wikkel en ʼn ou selfoon te laai. “Hy het eers ons sussie gebel en sy het my gebel. Die polisie is daarna ontbied. Gelukkig bly ons almal in die omgewing,” het Gerrit gesê.

CT en Gerrit is albei boere van die bekende familieboerdery, Paul Steyn Boerdery, wat onder meer met aartappels, mielies en skape boer.

Volgens Gerrit moes CT ʼn operasie ondergaan om sy regterhartkamer te heg. “Hy is darem wakker en gesels met ons,” het Gerrit gesê. “Die dokters sê hy lyk oukei”. CT word in die Hoogland Mediclinic in Bethlehem behandel. Hy word in Mei vanjaar 33.

Sers. Mmako Mophiring het aan Maroela Media bevestig dat Steyn se Toyota Hilux-bakkie vanoggend in Blue Gum Bush in Qwa-Qwa gevind is.

Volgens Mophiring is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie, ondanks die feit dat talle lede van die gemeenskap gehelp soek het.

“Ons vra enigiemand met inligting om asseblief na vore te kom,” het Mophiring gesê. “Ons kan nie nou al sê of daar goedere en indien wel, watter goedere ons in die bakkie gevind het nie, omdat die verdagtes nog nie vasgestrek is nie. Ons kan ook nie bevestig dat hy met ʼn mes gesteek is nie. Ons kan wel bevestig dat dit ʼn skerp voorwerp was,” het Mophiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Hester Schutte ·

Sè asb vir my – as die aanvallers, moordenaars, rowers ens deur ons gemeenskappe of polisie aangekeer word – wat word van hulle? Wat kom hulle oor ?
NIKS, NIKS, NIKS !!!!

Gemsbok ·

Die aanvallers word waarskynlik weer die volgende maand deur ‘n boer aangestel om goedkoop arbeid te verrig….

Die ongelukkige werklikheid is dat hierdie wonde tot ‘n groot mate ook deur ons self toegedien word.

Linda ·

Dis iets vreeslik!!!!!wanneer gaan die plaas moorde tot n einde kom en wie gaan luister hoe ons land se boere gemoor en so vreeslik wreed aangeval word….

AL ·

As die parlement nie wil luister na hierdie beplande aanvalle nie, wat is ons reg as belastingbetalers en wetsgehoorsame burgers? Dit kan mos nie net daar gelaat word nie?!
Iemand moet verantwoording doen!! Ons sorg vir 17 milj afhanklikes en die ontwikkeling vd land!

Jean ·

Dankie VADER dat hy die aanval oorleef het. Word hierdie aanvallers ooit gevang? Hoekom is daar skielik so ‘n toename in aanvalle op plase? Die wreedheid en die hoeveelheid aanvalle het drasties toegeneem sedert verlede jaar. Daar is mos erens groot fout? Hierdie is mos georganiseerde misdaad? Die aanvallers het ook altyd inligting van die ander inwoners/kluise/bewegings van die mense, dit is skokkend. Gaan die ANC hom so wragtie nie hieraan steur nie? Hulle hou gou vergaderigs oor XENOFOBIA maar geen vergaderings of dinkskrums oor PLAASMOORDE nie. Die vooroordeel raak nou al hoe duideliker. Dis ‘n SKANDE dat ‘n regering sy landsburgers (belastingbetalers) so behandel.

Jan Gunter ·

Dan se die minister nogal hy sal die sosiale media monitor. Wil sekker he hierdie volksmoord moet nooit ophou nie, en hulle kan maar net aangaan met hulle korrupsie!

Sylvia Nieuwoudt ·

So ongelooflik by C T is ongedeerd en wens hom n spoedige herstel toe.Dankie Jesus dat U hierdie jong man beskerm het.

Tanya ·

Hy is nie ongedeerd nie. Hy het seergekry. Dit is darem genade van bo dat hy nog leef, maar hy het seergekry. Hy is gesteek in sy hart met ‘n skerp voorwerp, dus is hy nie ongedeerd nie. Die aanvallers het wel gedink dat hy dood sou wees aangesien hulle hom in sy hart gesteek het, maar gelukkig leef hy nog. Dit kon soveel erger gewees het.

Vic ·

Die mense kry opleiding iewers. Hulle skiet en steek om dood te maak

wdp ·

Elke dag ‘n nuwe plaasmoord – iewers is daar mense wat plaasmoorde aanhits en vir die mense vertel hulle land is gesteel.

Tanya ·

Iewers? Ons weet nou al teen hierdie tyd wie die hoofsweep is met al hierdie aanvalle. Hulle word opgelei en word defnitief belonings gegee vir elke BLANKE mens wat hulle doodmaak.

AL ·

Dankie Here sy lewe is gespaar. Wees sterk, waaksaam en staan weer op. Sterkte aan die familie in hierdie beproewende tyd.

Magda ·

Jammer CT bly jy OK! Bid Ve jou! Di gd maak men’s moeg kan nie so aanhou!

lw ·

Wat van massa siviele eis teen die regering? Kan dit gedoen word? Die regering faal om daadwerklike planne in werking te stel vir landelike beveiliging.
Hulle het immers hul beurt gehad in parlement om die debat oor plaasaanvalle te doen, maar het geweier.
Daar moet n manier wees om die regering te dwing?

Adele ·

Ek stem 100% saam. Dit is hoogtyd dat klasaksie teen die regering ingestel word!

Saak ·

Middag Middag, kan een of ander slimkop dalk vir ons sê hoe maak mens ‘n siviele saak met so iets? Amal kyk net toe en sê, “ag shampies”. Regtig??? Kan iemand asb die bul by die horings vat sodat ons kan volg… Enige iemand???? Met kennis????

Andrea ·

Ek stem! Is dit moontlik? Iemand met regskennis kan jul dalk antwoord? As ons almal bydra, kan dit hopelik bekostigbaar wees?

What a joke! ·

Moes lankal gedoen gewees het vanaf stortkop aanhou sing kill the farmer kill the boer!! Maar nee nog n bietjie sluimer nog n bietjie slaap…..

Sophia ·

Ek dink dit sal goed wees om met AfriForum – en spesifiek AfriSake – in kontak te kom en hulle die vraag te vra, LW. Gerrie Nel is nou in hulle diens, en dit is hoog tyd dat hier iets aan gedoen word voordat ons almal uitgewis is!

Amanda Owen ·

Vader ons dank U vir CT se lewe, maar smeek dat hierdie gruweldade nou tot ‘n einde moet kom!!!

Anoniem ·

Toe ek lees hy is in sy hart gesteek, het ek aangeneem hy is oorlede. Hoe wonderlik om dan van die teendeel te lees!!!

oumie ·

Anoniem ek dieselfde oorgekom dink net nee nee nie alweer nie wat n verligting om te lees hy is okay hy het n Engel gehad want dit is wonderlike nuus maar wat nou is dit nog meer na zumpiiii gesê het grond gaan gevat word genugtig CT waar was jou gun dit moes onder jou kopkussing gewees het dan het ons gelees 3 rowers dood ek is baie bly jy lewe maar die goed gebeur nou daagliks ons moet voorbereid wees Amen

Veiligheid!!!! ·

Dis waar dat dit baie sleg is wat gebeur het. Dis hartseer. MAAR ekt ‘n vraag, waar del hel was die, beams? Honde binne die huis? Alarm? As daar was, verduidelik groot asb vir ons hoe kom hulle verby al die goed. Ek sal graag wil weet sodat ons ook kan weet en NOG MEER goed aanskaf in die wille land van ons!

Plasie ·

Jy is afgeleë. Watter alarm maatskappy gaan jou alarm binne ‘n paar minute bywoon?

Magda ·

Daar was seker niks gewees nie, nie eers ‘n hond nie! Ek kry die gevoel die boere doen nie genoeg om hulle self te beskerm nie. Die ander een het weer die deur oop gelos. Die plaas aanvallers het sommer ingestap!

Veiligheid ·

Nee ek verstaan dit 100%. Maar hoe voorbereid is ‘n mens as jy in jou bed aangeval word? Die beams en alarmstelsel sal dam jou op jou hoede kry sodat jy nie in jou slaap betrap word nie en half deur die slaap probeer terugveg en nie ‘n cooking ider het wat de te hel nou aan gaan nie. Ons alarm het al afgegaan dat ons so aan die slaap is dat ons sukkel om te sien waar hy in die huis afgegaan het, jou oe sukkel om so vinnig te fokus as jy diep geslaap het, wat nou nog met aanvallers om jou wat jou uit jou bed klap of skiet… Ek kan daai vrees nie eers imagine nie…. Ekt juis gewonder vandag, die mense wat so aangeval wors op plase of selfs in die stede en dorpe, knap hulle eers na die aanval hulle sekuriteit op? Of het hulle gehad en dit was nie aan nie… Wat soms gebeur soos die goed mos in die middel van die dag toeslaan… Maar ekt baie vrae as die mense in die aand aangeval word.. Of ek is maar net n bangbroek… Wat ek ook eerlik in ons land moet sê, vir nou eerder bangbroek as doeie Jan… Of jys braaf of jys stupid as jy dink dis nie nodig om op jou hoede te wees nie… Ek sal sê eerder stupid. As my gesin aangeval word deur ek wat wil braaf wees. Sal dit my ry 4ever.

Penellope Jones ·

Skok beskryf nie meer dit wat deur mens gaan as so-iets in die koerante verskyn nie.
Al wat in mens se ore en kop suis is “nog een, hoeveel nog voordat iets gebeur”.
Sterkte aan CT and aan sy geskokte geliefdes.

Lisa Du Toit ·

Nou wanneer gaan die Boere, as geteikende groep, antwoorde eis van die regering? Of gaan almal op hulle hande sit en wag vir hulle beurt om vermoor te word? Die situasie is lankal buite beheer.

Anoniem ·

Dit is so jammer om van al die gevalle te hoor!! Maar die boere moet paraat bly. Ek het onlangs op ‘n plaas gekuier……ons het buite gebraai in die lapa en nie een van die mense het ‘n vuurwapen ens. by hulle gehad nie! Dit is vir my ‘n bietjie baie nalatig, nie waar nie? Veral met alles wat nou weer so op ‘n streep gebeur.

Jan Loois ·

Dit is mooi om te sien hoe sterk mense is in hul geloof maar ek vra my af die volgende:-
Wat van sekuriteit soos ordentlikke diefwering op plase ?
Hoeveel mense word onverhoeds betrap in hul eie huis waar die misdadiger voor hom staan ?
Watter organisasie word gedoen onder die boere as teenfoeter ?
Ek is seker dat die Here nie sal omgee as jy jouself beskerm deur middel van bewapening, radio verbinding en vele ander maniere.
Om alleen te bid en meegevoel te betuig los nie die probleem op nie .

AL ·

Ek stem saam met jou. Die Here kan jou help, maar jy moet nog steeds jou veiligheid, wapens en waaksaamheid hê.
Dis soos om oorlog toe te gaan sonder geweer en net met die Here. Dis dwaas.
Die Here kan uitkomste gee, maar dan moet jy jou kant ook bring.

Aster ·

Ek kan dit waaragtig nie meer vat nie! Ek voel daar is definitief ‘n beweging wat hierdie moorde beplan en wat een ten tien mense betaal om hierdie gruwel dade uit te voer. Baie sterkte aan die familie.

Esta Oehley ·

Ek woon in die stad. Ek kan ook dit ook nie meer vat dat ons Boere so vermoor word nie. Hier by ons moet ons ysterhekke he in die gang wat lei na die kamers. Miskien sal die lawaai jou wakker maak dat jy daardie gun kan vat en hulle skiet! Jammer ek voel so. Sterkte!

johanna ·

My waarneming hier is dat die regering niks gaan doen nie. Hoekom sal hulle hierdie boewe in tronke wat te klein is hou en nog versorg. Ons bou mos ons eie tronke en sorg selfs vir die boewe met ons belasting geld. Baie sterkte aan die gesin. Saam staan in gebed is ons enigste wapen!

Dellaq ·

Regering sit agter een en elke moord en aanval. Hul stilte skree ten hemele. Hulle sit met druppende bloed aan hul hande. Baie bly om te hoor die boer het dit gemaak. Sterkte met jou herstel pad.

Katjie ·

Baie sterkte CT en mag die Here jou liggaam ten volle genees asook in jou siel en gees. Seker dat daar iewers opleiding mbt hierdie moorde en aanvalle plaasvind. Vader gryp asb in en red ons land en mense.

anne ·

Dankie Here dat die jongman se lewe gespaar is. Sterkte aan jou en dit is net n bewys dat God jou nog nodig het om goeie werk te doen. Hoop jy herstel ten volle en bid vir jou spoedige herstel

G.Potgieter ·

Die huidige regering ondersteun die aanvalle eenvoudig deur geen aksie te neem. Dis dieselfde as vir die aanvalle selfs te pleeg.

Ann ·

Ek het gewonder of ons nie geheime kamers in die huis en of selfs onder die huis moet bou nie. Waar mens kan slaap in die aand of skuil as dit moet. Ek het bietjie op internet gaan kyk na voorbeelde en daar as baie goeie idees. Ek is enkel ma van 2 en ek begin al planne maak vir ons. Die alarm maatskapy is net af in die straat, maar ek berus nie daar op nie. Sterkte aan die familie. Bid vir julle. Onthou 22 April!

lilla B ·

goeie plan ja, maar wie gaan dit grawe en bou? die probleem met ons mense is dat niemand meer self die besem en graaf wil hanteer nie.

Johannes van Staden ·

Moet niemand vertrou nie ….NIEMAND ! ! En sit beams om jou huis of iets wat jou vroegtydig kan waarsku en moet asb nie dink dit gebeur net met ander …weer asb versigtig en maak die nodige voorsorg !

david ·

Asseblief mense lees asb Siener van Rensburg se Messenger of God – die Kindle version sodat julle kan weet wat gaan gebeur. Wat nou gebeur is niks teen wat gaan kom nie. Dit is op die Internet beskikbaar om te lees. Voordat julle my afskiet – lees net eers daarvan. Ek was ook skepties maar dit is ongelooflik hoe alles huidiglik in ‘n legkaart val- hier en in die Buiteland. Hy is dood 1926 en kon onmoontlik hierdie goed weet indien hy nie die gawe daarvoor gehad het nie. Hy het vertel van die immigrante wat so in Europa gaan instroom en uiteindelik gaan hulle en die Europeers aanmekaar spring. Dit gaan ‘n rasseoorlog wees en hier ook. Daar is so baie om te lees. Niks sal dan as ‘n onaangename verassing kom nie.

Erika Groenewald ·

kan Mnr Malema en sy gevolg ens en ander mense wat hul aan haatspraak onderwerp nie weer in hegtenis geneem word nie. Mnr Malema en sy volgelinge doen openlike haatspraak en hul kom niks oor nie Dit is tyd dat hy die binnekant van n tronk aanskou, regtig, en kan my net indink hoeveel boere en families aangeval gaan word as gevolg hiervan, en ons President praat grondhervorming goed.

Leon ·

Het die grens oorlog in Namibia nie begin toe opgeleide soldate terug gestuur is om plase en sagte teikens in Namibia aan te val nie. Hierdie terroriste (as jy ‘n tereur daad pleeg , soos om sagte teikens aan te val is jy ‘n terroris) het definifief wapen en taktiek opleiding gekry. In klein groepies (sticks) is hulle beweeglik en kan vinnig toeslaan en ontrek. Dit is ook vir hulle maklik om in die plaaslike gemeenskap saam te smelt. Hierdie situasie gaan nie more ophou nie so dit lyk of ons, ons eie wigte en teenwigte sal moet instel.

Catryn ·

stem 100% saam jou , dit gaan nie, want die wat daaragter sit kry baie geld uit ons uit, en hulle lag al die pad bank toe … met ons eie gebied, soewereine gebied kan ons nog meer paraat wees en nader aan mekaar wees en mekaar verdedig, vandag is dit ‘n risiko in SA.

Bang Jan of Dooie Jan ·

Ek verstaan ons moet bid en glo… Dis reg en waar jaar… Maar die liewe Here het ons ook breins gegee om te weet ons is nou in n gevaarliketyd en ons moet op ons hoede wees… Jip ruk die dam onder die eend se gat uit! Want dis jou gesin se lewe werd. Dis werd as dit gaan verhoed dat jou dogter of vrou nie verkrag word. Dat jou gestremde kind nie oor en oor gesteek word met ‘n mes nie. Dat jou vrou nie n plastiek sak in haar keel kry nie. Dat julle nie gebrand word nie. Weet julle wat dis wraggies silent war, nie net swart of blank nie maar alle rasse loop deur misdadigers op burgers wat wel reg wil lewe. Skiet hulle en dump hulle. Moenie eers die polisie bel nie… As hulle oorlog maak, maak oorlog terug… Ophou soos klein hondjies met stert tussen die bene weg hardloop… Wees op julle hoede, dis jou en jou gesin se lewe werd… As jy op n plaas of plot bly, want hulle kom soos n dief in die nag… Die geval is dit n moordernaar in die nag… Want diefstal is nie hullr hoofrede vir aanvalle nie.

Hanna ·

Lees asb vir Siener – gaan julle insig gee. Julle gaan dit nie glo nie!!

Harder word ·

Ons moet regtig nou begin groepeer en self die misdadigers vasvat, ons mag en moet onsself beskerm ten alle koste!

Felicity Janse van Rensburg ·

Soos ek al voorheen gesê het daar is altyd een van die werknemers betrokke. Hulle weet presies wie kom en gaan en wat die roetine is. Vertrou niemand!

Hannalie Jonker ·

Ek woon op n plaas. Ons help voed die menigte. Môre gaan koop en doen ek aansoek vir my vuurwapenlisensie. Ewige duisterlike nerf

Catryn ·

Hannalie, gaan kry eers jou opleiding en jou vaardigheidsertifikaat, jy kan nie aansoek doen vir lisensie voor jy dit nie het nie. (competency certificate) , kry dan vir jou ‘n vuurwapen, maar jy kan dit eers kry as jou lisensie goedgekeur word deur SAP. Gee ‘n goeie motivering en jy sal dit vinnig kry, veral omdat jy op ‘n plaas bly. As daar al inbrake en aanrandings in jou omgewing is, sit dit in jou motivering. sterkte

Hannalie Jonker ·

Catryn jammer as ek die indruk geskep het dat ek nie weet hoe dit werk nie. Ek weet nogals, weet jy?

humor ·

Kom ons wees nou regtig eerlik met onsself. Hierdie probleem is noual hoe oud. As daar in verskillende boeregemeenskappe n opname gemaak sou word oor watter % boere al begin het om paraatheid op te skerp wat sal die % wees wat nog nie n vinger verroer het nie. Ons sal onaagenaam verras wees. Soos iemand miskien heel onverskillig gese het:” Wat help die land rou en ons bid en die boere vee hul aan die probleem af.

Kobus Rossouw ·

Of jy nou daar van hou of nie n hond snags in die huis is n moet, hoekom eers wag totdat jou oorkom!!!!!

Alida ·

Ai mense wees dankbaar CT leef hoewel sy lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie. Hou op klippe gooi hierdie aanval moes nie gebeur het nie. Mens moet tog sekerlik kan slaap ook of moet mens beurte maak om te slaap. Hierdie land is vrot verby. Al het jy AL die veiligheidsmaatreels getref as jy alleen is en 5 of meer storm jou huis kan jy niks doen nie. CT baie sterkte vir jou.

KOEVOET ·

Die enigste instansies wat baat uit die moord tog op Boere is die sekuriteits firmas wat nou miljoene rande se foefies gaan verkoop en die regeering want almal moet nou wagte kry en werk word daardeur geskep en hope nuwe sekuriteits besighede

Catryn ·

presies, die regering verdien dit dubbel op dubbel, want elkeen vanons het al deurgeloop, 14% elke keer by inbraak of kaping, hospitalisasie, en volgende jaar word dit weer herhaal … soewereine gebied vir ons, al manier, nader aan mekaar, ons moet ophou kla en kerm en iets doen, ons het ‘n internasionale reg daartoe.

ada ·

Hi Hanna ek het en dit is baie insiggewend en akkuraat oor wat tot dusver in die wered gebeur. Eintlik ongelooflik akkuraat. Ek sal dit waardeer indien Herman Toerien iets daaroor wil skryf. Die kommentare daaroor sal interessant wees. Veral van lesers wat dit al gelees het.

mosterd ·

Moet nie eers die sekuriteit vertrou nie. Hulle kan dalk self n verskuilde agenda he en inligting verkoop en ook in die buit deel.

Ou Ystervark ·

Die boere se plase is soos eilande in ‘n see van werkloosheid, armoede, hongerte, wetteloosheid, oorbevolking, slawerny, stroping van natuurlike hulpbronne. In Afrika is bosoorloë deel van die lewe. Magstryde. En vuurwapens is geredelik vrylik beskikbaar. En die boeregemeenskap op die eilande is GEISOLEERDE sagte teikens. En die aanvallers het die verrassingselement aan hulle kant. Die groot vraag is: Is daar ‘n marionettemeester agter die skerms en indien wel, wie is hy?

DONDERWEER ·

Installeer Roboguard sensors. Ek het 5 om my huis en dit maak jou wakker nog voordat enige iemand of iets NABY jou huis kom. Jy kan dus gereed maak vir ‘n moontlike aanval. Beste belegging wat jy kan maak. Verder honde EN ganse.

Catryn ·

Ons volk moet ‘n slag erken: Ons word hoegenaamd nie herken nie; hou op vrae vrae want dit gaan nie beantwoord nie; dis kommuniste wat ons daagliks in die media intimideer; dis daagliks in koerante hoe om ons aan te rand; dis daagliks in die koerante van swart bemagtiging en ons word nie erken nie; ons as volk het ‘n internasionale reg tot selfbeskikking; word wakker; geen sekuriteit of veiligheid gaan misdaad/moorde stop as die regering enorme winste uit ons maak met misdaad; ons moet nader aan mekaar beweeg; ons eie gebied kry; ons belastings aanwend vir onsself; ons dienste vir ons; daar is sulke gebiede waarop ons kan aanspraak maak; ons moet ophou om ons te bluf dat ons geen regte het nie; hou op luister vir liberaal verligtes wat ons juis na 1966 al aan kommuniste begin oorhandig het; ons het internasionale regte wat ons nie verkry nie; is ons eie skuld as ons dit nie verkry nie; hule gaan nie stop voor ons almal uitgewis is nie …

Barrie Vermeulen ·

Ek het baie simpatie en dank die Here dat hy oorleef het. Ek kan egter nie verstaan waarom daar nie behoorlike veilighedstelsels in werking gestel word nie. Hierdie gemors gaan nie verminder nie. Die wat weermagopleiding ontvang het, het na sy wapen as sy vrou verwys, jy sit nie eers op die pot sonder hom nie. Kry kameras, kry honde binne en buite. Ons is in ‘n staat van oorlog en jy tree op soos in ‘n oorlog. Jy is dit aan jou geliefdes verskuldig.

humor ·

Nee, nee die tyd is regtig lank al verby dat daar verskonings gemaak word dat daar nog nie paraatheid by ons dierbare boere is nie. Ja ons het nie n weermag nie, maar ons moet meer militer begin dink en dissipline , gemeenskapsbelang en samehorigheid opskerp.

oom japie ·

Dit is nou die tyd om vir Siener te lees.Dit sal die oe wyd oopmaak.

Catryn ·

Boere moet hulself regtig beter beskerm; daar is beams wat jyself op plotte en plase kan om jou huis/geboue plaas om jou as boer te waarsku; hoop dat dit regtig nie weer gebeur nie; die moordenaars is seker teen die tyd in Lesotho en landuit; ander beskerm hulle mekaar in die gebiede waar die voertuig gekry is;

Daar is so iets dat jy die minister van Polisie kan dagvaar – elkeen is daarop geregtig wat aangerand is… MARIKANA se slagoffers het dan onlangs sulke uitbetalings gekry; gaan maak ‘n saak oop … soek net Marikana miners seek billions of compensation en dit was goedgekeur … en government ready to pay marikana families … AS die SAP geld het vir Marikana slagoffers, het ons ander wat aangerand en aangeval word, dieselfde regte .. maar neem waar …
2014/15 claims SAPS annual report showed that pending claims stood at over R26 billion ….

Lillian Batteson ·

Baie dankbaar hy is gespaar. Het boere nie gesien wat het in Zim gebeur in die tagtigerjare nie? Presies dieselfde gebeur nou. Daar word mense gestuur van Zim, Mosambiek, Nigerie, ens. Mense sal moet beter sekuriteit kry

Riaan ·

Maroela Media – Indien ‘n persoon in sy HART gesteek word en nog lewe is dit ‘n WONDERWERK, anders was dit baie beslis NIE in sy hart nie. Hoekom plaas julle sulke bedrieglike opskrifte ?

Kallie ·

Paul en gesin, ons is so dankbaar CT het die aanval oorleef. Ons loof en prys ons Here daarvoor. Baie sterkte en ons vertrou dat CT hierdie trauma sal kan verwerk.
Kom ons ondersteun liewer die familie as om allerhande verwyte rond te slinger.

MJ ·

CT sterkte ou maat, hoop jy is gou weer op die been. As jy praat van sekuriteit, gaan kyk hoe lyk ‘n sel deur. Beveilig die kamer waarin jy slaap, venster, deur en lemmetjies draad op die plafon.

Gus.Dry ·

Nee waaragtig so kan dit nie aangaan nie .binnekort gaan die pot oorkook.maar laat my toe om te se .moenie dink dit gaan enigsins beter in die buiteliggende swart woongebiede nie.

CJ ·

CT…ek is baie dankbaar jy is nog met ons Maat. Ons bid vir jou. CJ Steyn

Roger ·

Niks gaan gebeur nie, want:

1. Die regering se stilswye sê alles.
2. Die gemiddelde SAkaner is te lamsakkig
3. SAkaners kla net en vra heeltyd dieselfde vrae, terwyl hul eintlik gyselaar gehou word deur n klein groepe kriminele
4. Die buiteland gaan ook niks doen nie. Vergeet daarvan.
5. Saghand benadering help nie…so ook nie petisies, ope briewe en ander papierwerk nie.

Wakker word… òf gee pad, baie gou!!

Respekviralleboere ·

Ek is bly CT het oorleef !!!!Ek wonder net hoe lank ons boere nog hierdie strooi gaan ” Tolerate ” of gaan ons dieselfde paadjie loop as die renosters? Gaan daar net eendag fotos oorbly van ons?

Suretha ·

Met Gerrie Nel by Afriforum is die organisasie baie meer in die nuus deesdae. Afriforum moet hierdie saak dryf en aanhou dryf. Ek sien nooit bv dat The Daily Sun oor hierdie aanvalle berig nie. En wat van EWN, 702? Ek kry die idee dis slegs Afrikaanse media wat nuusdekking gee oor die aanvalle. Dit moet van die dakke af uitgebasuin word!!

Justice ·

Daar is ‘n intimedasie tegniek / doktriene wat wat suksesvol in die jare sewentig deur die destydse rooi Chinese by die Nanking militere akademie aan ona “vryheidsvegters” soos Zanu PF ingedril is. ‘n Ene Sun Zhu het ‘n stelling wat lui van “kill one and scare a thousand” Hierdie is moontlik ‘n intimedasie tegniek wat nou weerens toegepas word om boere van hul plase te probeer verdryf. Indien jy vandag op ‘n plaas wil boer moet jy bedag daarop wees dat jy 24 uur waaksaam sal moet wees of jy nou daarvan hou of nie. Ek sal nie verbaas wees indien meer as net die Zanu PF leier element destyds ook ‘n draai by die Nanking akademie gemaak het nie.

iemand ·

Hi ct ek ken jou goed en jy my boeta ek se baie sterkte vir jou ons dink aan jou regtig boeta wees sterk regtig wens ons was daar ek het nie woorde nie jy is skadeloos en jy is n goeie mens ek het trane in my oe jy verdien dit nie

H de Klerk ·

Boere sal moet strategies begin dink, soos belê in tegnologie, moderne kommunikasie toerusting met al die ander boere in die area , dalk wagtorings op strategiese plekke met hitte sensitiewe kameras wat menslike beweging baie ver reeds kan uitwys, beweging en buitelig sensors gekoppel aan n alarm binne die huis vir vroeë waarskuwing, beams, selfs drones met kameras , selfs die met nagsig, inspan om areas te patrolleer. Dis duur, klink vergesog, maar baie goedkoper as enige boer se lewe.

ken van benoni ·

Die persone wat gedurig verwys na oom Siener van Rensburg moet asb aandui na watter van die vele boeke verwys word! Sterkte vir die jong man. Bid vir jou spoedige herstel

Eric Gerber ·

CT sterkte voorentoe.Sou graag wou sien dat die boere en klein hoewe eienaars hulself beter beveilig deur ordentlike dik”round bar of “bree flat bar” diefwering aan te bring regdeur hul wonings aan die binnekant om sake vir die moordenaars te bemoeilik.Weet dit sal baie geld kos..maar daar sal ook baie lewens gespaar word.Met behulp van Afri forum en Solidariteit kan hulp verleen word.Sterkte aan al die boere.

Marieke Fourie ·

Kan alle artikels asb die datum in die eerste sin noem?
“Sondagaand” is nie goed genoeg vir my wat in die buiteland probeer om ons mense se nood wyer sigbaar te maak nie.
Buitelanders moet maklik verdere navorsing kan doen.
Baie van die sosiale media plasings het geen datum nie.

Boer ·

Hulle wil he dat die blankes in opstand kom dat hulle ons almal kan uitwis met die weermag en polisie en het klaar die wittes ontwapen en die wat wapens oor het is te min om die miljoene af te weer

Ouma B ·

BOER: dit wat jy hier sê, is presies wat ons ook sê – al bring hulle nie die weermag in nie, is hulle miljoene teen ons. Moet net NOOIT hoop verloor nie, dan het ons alles verloor en ons HOOP is in ONS GOD.

ALLIE ·

CT my vriend, baie sterkte, en vir al die ander: En so kerm en kla almal. Wie gaan leier wees, wie gaan opstaan en iets doen, kom ons kom miljoene bymekaar en bid saam op die Oom se plaas, daai tannie se harties oord. Ander sê weer beveilig julself en bewapen jouself. Word wakker mense, hierdie ouens slaan toe Nasionaal in groot groepe. CT is net een persoon op een plaas in een area, op een dag. Julle hulp gaan van nêrens af kom nie, slegs die man en hoof van die huis. Die Pappa. En hy moet met sy Pa in die hemele praat en dis al. Die goewerment voel ‘n veer, en ook ander mense. Hoe weet ek? Want die ander dag roep ek om byeenkoms vir Robert en Sue wat in DUllstroom so gemartel was, en ALMAL gaan kom sê hulle, en wie daag op? Slegs hul bure en naaste vriende. Ons nasie is daarmee heen. My vraag is net dit; Waar is al die oud-weermag opgeleide mans en hoekom begin hulle nie weer kommando nie, ons het genoeg huislose wit afrikaner mans wat kan doen met betaling, maar nee, ons betaal eerder vir Meneer Xolani Security Services. Daars geen hulp nie.

Ouma B ·

Ek wil net graag by ‘hulle’ weet wat die boere en mense doodmaak – HOEKOM kom hulle in pakke soos wildehonde of hiënas om een boer dood te maak en dan is hulle nog gewapen ook? wys jou net: hulle is lafaards en hulle is BANG.

Ada ·

Ek het op die internet ‘n boek van Siener raakgeloop wat in Engels vertaal is en dit kan sommer afgelaai word sonder dat jy die boek hoef te koop. Gaan na : Messenger of God- Kindle edition – revised edition. Syboeke is ook te koop op Amazon. Groot “eye opener” en wat hy geskryf het toerentyd is presies wat nou gebeur met die plaasmoorde, politiek, ens. Ongelooflik. Nie eers Jan Smuts wou dit laat publiseer nie omdat Siener voor die tyd gese het dat ons die Anglo Bore oorlog gaan verloor. Hy het opok gese dat daar konsentrasie kampe sou wees en mense wou dit nie glo nie – totdat dit gebeur het. Hy was ‘n man van God – nie ‘n waarseer nie. Daar is ‘n groot verskil.Wat nou in Europa gebeur het hy ook presies beskryf.

ALLIE ·

So droom ek van ‘n dag wat kom, waar iemand reeds lankal beplan het hoe om dit stop te sit, en dit actually doen.

tamboti ·

Goeie raad dankie Barry Vermeulen en MJ, die werklikheid is dat daar meer mense in dorpe en stede op dieselfde wyse aangeval en vermoor word. So dit is nie net die boere se probleem nie maar ons almal moet meer gereed wees.
1) Steek ‘n ou selfoon met lugtyd elke aand in badkamer weg (herlaai dit bedags sodat dit nooit pap is nie) waar almal van huisgesin dit kan kry met noodnommers van sekuriteit, buurt of plaaswag en bure heel bo AAAA by kontakte.
2) sorg dat daar ook ‘n klein mes is waarmee lyn, tou en kabelbinders gesny kan word
3) sorg dat die badkamer gesluit kan word en los die sluitel ann binnekant
4) bere ook pepersproei daar
Sorg dat alles so gebere en vermom is sodat die huisbediende dit nie kan sien of herken nie.
Versteek wapens soos knuppels en kieries op strategiese plekke as jy dalk die geleentheid kry om weerstand te bied.

matie willemse ·

Mense word wakker, nie eens gedurende die grensoorlog is soveel blankes vermoor sedert 1994 nie, dit is oorlog teen blankes, hoe gouer ons dit besef hoe beter, iemand neem lyding roep alle blankes op vir diensplig en begin veg vir oorlewing in SA!!!!!!!

Jan ·

Laat Afriforum vir advokaat Gerrie Nel om advies vra of dit moontlik is om ‘n eis vir pligsversuim teen die ANC regering in te stel, want daar word niks possitiefs en daadwerklik gedoen om plaasmoorde stop te sit nie! Sterkte vir die familie!

humor ·

Tambotie en ander wat baie goeie raad gee….. Baie dankie. Ek vra is daar regtig nog nie boereverenigings wat organiseer befondsing skep, kundiges kry om elke plaas te na te vors en aanbevelings te doen nie Wat saamtrekdae organiseer om mense opleiding te hoe word gehandel tydens n aanval nie. Vroer in Namibie is die weermag deur boerverenigings betrek vir hierdie doel. Ek woon tans in n baie klein dorpie en glo my jy sal steeds nog by huise kom waarvan die deure dag en nag gesluit is en dit word lankal nie meer as n las beleef nie. Ons is nie bang nie, wil maar net nie ontkant deur die gemors betrap word nie.

ANNE-MARIE ·

Al die beveiliging help niks…al is iemand hoe beveilig…die dief in die nag sluip deur….Hoekom nou vra waar is die honde en al die sekuriteitsmaatreëls? ~ Ons is in oorlog…niemand is ooit meer veilig nie….ons is weerloos en uitgelewer aan terroriste wat net kan maak wat hulle wil en die regering kyk verby dit…want hy wil verby kyk
Hoekom moet ons soos tronkvoëls in ons eie huise toegesluit wees en in die tronke word die regte misdadigers met alles en -en-nog-wat beskerm…..dag-en-nag……Ja hulle is veiliger daar moet ek sê en ek hoop regtig hierdie gepraat en praat word iets aan gedoen in die toekoms want een moord is erger as die vorige en moet gladnie eens plaasgevind het nie . Ek hoop Gerrie Nel kan die pappot nou begin roer en baie sterkte vir almal wat deur al hierdie hartseer en beproewings gaan want dit is hartverskeurend.

Johan Smith ·

Die regering sit agter die moorde. Hul glo nie aan God nie. Net geloof aan God onse Vader sal dit stopsit.

Theresa ·

Hoe durf mense dink boere maak nie genoeg voorsiening vir hul veiligheid nie! Wie wat dit kwytraak boer self?? Mense wat honde vergiftig, selfs vensters uit hul rame uithaal om by iemand uit te kom wat slaap of net iewers in sy eie blyplek besig is, is moordenaars. Alarms en beams is ‘n luukse op ‘n plaas, want dit word opgesit en gesteel. Beleef eers boerdery en al die senutergende trauma wat daarmee saamgaan, voordat ‘n woord se kritiek gespreek word, asb.

Wat is die stappe om te volg om die regering te daag tot beskerming?

Rina Kotze ·

Ek is so dankbaar CT het dit oorleef!
Maar nog steeds sal hy trauma oorhou van die aanval.
Sterkte CT en dankie aan almal wat hom ondersteun het. Mag jy spoedig herstel.

ek hoop net dié wat so die boere uitmoor, begin nou al vir hulleself en hul families kos produseer. Want met geen boere oor nie, gaan julle nie kos hê om te eet nie, al staan jy met hoeveel geld in jou hand.

GE ·

Ek sien die huidige regime se propaganda het goed inslag gevind by van die lesers: Verskuif die onus en verantwoordelikheid gerieflik na die ander party. Nou word boere uitgehaal omdat hulle kwansuis nie paraat genoeg is nie. Het julle enige idee wat op ‘n plaas aangaan? Koeie word reeds vroegoggend (4:00) in die oggend gemelk, ens. ens. Plantyd werk boere regdeur die nag. Moet asb. nioe kommentaar lewer as jy nie ‘n idee het wat regtig op ‘n plaas aangaan nie. Sommige afgelee plase het nie eers elektrisiteit nie, wat nog te se gewapende reaksie. Die meeste plase het nie eers behoorlike selfoon opvangs nie! Moenie aannames maak en iemand wat amper met sy lewe geboet het verder te nakom deur hom te verguis terwyl al die feite nie tot jou beskikking is nie. Watter tipe persoon doen so iets?

Kom by man ·

Kom by man, nie nou tyd vir sagte doekdraai woordjies nie… As jy in jou slaap betrap word het jy nie voorsiening gemaak nie. Punt……..! Tyd dat ons amal wakkerskrik en nie spyt is na die tyd nie…. Van ons praat om in huis betrap te word, waar daar ‘n alarmstelsel, beams en honde jou kon waarskuu. Soos ook gevra is, as die boere(mense) in aand in huis aangeval is en hul “het” al die goed gehad, moet hulle asb so gaaf wees om ons inkennis te stel hoe die goed ingekom het sonder dat hul gewaarsku is. Tyd vir op hoede wees en as mens op sommige se tone moet trap sodat ander se lewens gespaar kan word, dan is dit maar so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.