Jong boer trek aanvaller vas wat tydens braai toeslaan

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 32-jarige boer van Komatipoort in Mpumalanga het ʼn man wat hom en sy gesin Vrydagaand op sy plaas tydens ʼn vleisbraaiery probeer aanval het, ná ʼn stoeiery platgetrek.

Die boer, wat uit vrees vir sy gesin se veiligheid verkies om anoniem te bly, het Sondag aan Maroela Media gesê hy en vriende was omstreeks 20:00 besig om vleis te braai toe sy honde meteens “snaaks” geblaf het.

“Ek het aanvanklik gedink daar is ʼn slang. Ons woon teen ʼn berg en hier is baie slange. Ek het in die huis gehardloop om my haelgeweer te gaan haal,” het die man gesê.

“My vrou skreeu toe dat sy mense se skaduwees sien en skielik storm daar ʼn baie lang man op ons af. Ek self is 1,91 meter lank en die man nóg langer as ek.”

Volgens die boer het die aanvaller met sy hande omhoog op hom afgepyl en hy het gedink die man het ʼn wapen in sy hand. Hy het toe ʼn waarskuwingskoot afgevuur, maar die man het op hom afgestorm en glo geskreeu: “I’m going to kill and rob you!”.

Die boer het nog ʼn waarskuwingskoot afgevuur, waarna die aanvaller op die boer se vrou afgestorm het. Die jong boer, wat gestoei en vyf jaar lank selfverdedigingklasse op skool bygewoon het, het daarna die verdagte ʼn goeie opstopper toegedien, waarna die twee op die grond begin stoei het.

“Ek het vir my vrou geskreeu om hulp te ontbied. My pa-hulle woon op die plaas langs ons sʼn. Die huise is gelukkig net sowat 40 meter uitmekaar. Ek kan nie regtig onthou wat verder gebeur het nie, want die adrenalien het ingeskop. Ek weet net die man was baie sterk en aggressief.”

Die boer verduidelik alles het so vinnig gebeur – toe hy weer sien, was daar ander boere van die gemeenskap op die toneel en is die man deur veiligheidswagte van Securicon in hegtenis geneem.

Die boere van die gemeenskap het die gebied gefynkam vir die ander verdagtes, maar kon niemand opspoor nie.

Die aanvaller, moontlik van Mosambiek, is na die plaaslike polisiestasie geneem.

Die boer was vol lof vir die boere van die gemeenskap, Securicon en die polisie wat blitsig op die toneel was. Niemand is ernstig tydens die aanval beseer nie.

“Was dit nie vir die selfverdedigingklasse destyds op skool nie, kon dinge baie anders uitgedraai het,” het die man gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Louise ·

Bly jy en jou vrou leef. Maar jy moes eintlik daai suurstof dief skiet. Behoorlik. Dat hy nie gou weer kan of wil ‘n boer beseer. Weet nie of hy ooit tronk sal sien nie? Sterkte vir julle!

Niel ·

ek stem saam – maar met die politiek deesdae weet mens ook nie meer hoe veilig is jy. Dan prop hulle jou sommer ook in die tronk. hier wys dit duidelik die probleem van buitelanders wat nie respek het vir ander mense nie…. so dit wys net weer die grensposte en grenspatrollie/toegangbeheer en al daai dinge beter beheer moet word. veral al die onwettige buitelanders wat in die land “plak”.

Andre Traut ·

Ek is baie bly julle is veilig, en stem saam met Louise, jy moes sy draad net daar geknip het.

HPV ·

Mooi man! Jy het egter alle rede gehad om die aanvaller dood te skiet.

Karen van Zyl ·

En wie sou dan in die tronk gesit het? Maar, so trots op jou “boer”. Mooi so.

Appel ·

Ons moet almal selfverdedigings en beveiligingskursusse doen.

Napoleon ·

Ons.moet eerder leer skiet en nie wapens in die kluis hou, waarby ons nie uitkom wanneer ons aangeval word nie, en dan word dit in elk geval geroof en later vir ander misdade gebruik.

Verdedigjouself ·

Ja Napoleon en Appel, julle is albei reg. Ons almal moet onsself afvra: kan jy jouself verdedig as daar ‘n groep gewapende, aggresiewe, rassistiese rowers en moordenaars NOU op die oomblik op jou en jou mense toesak?

Haan ·

Hierdie is die drie mees sinvolle agtereenvolgende kommentare wat ek nóg op MM gelees het.

Margaret ·

Veels geluk! Ek dink net dit kon julle jul lewens gekos het om nie te skiet nie. Daarby gesê dit is nie maklik om n sneller te trek as jy op iemand mik nie… Ons is nie sulke dinge gewoond nie.

kobus ·

Ek is baie bly jy en jou famile is veilig.as so iets gebeur moet jy skiet.want hy gaan uit wees in 1 dag en dan kan hy terug kom.as jou lewe of jou familie se lewe in gevaar is skiet jy.dis my mening.sterkte met jou en jou familie

PJC ·

Selfverdediging alleen werk nie meer nie. ń Skietding in die hand is baie beter alhoewel selfs dit nie altyd 100% werk nie omdat aanvallers soms met aanvalsgewere gewapen is. Opleiding en die nodige veiligheidsmaatreëls soos veiligheidsomheinings, diefwering,alarms en sekuriteitsligte wat deur beweging geaktiveer is ń absolute noodsaaklikheid.

Vida ·

Dankbaar jullle en jul vriende is veilig. Komati se boere gemeenskap is tops

Oom Kalahari ·

Ons is regtig bly dat alles so goed kon verloop sonder enige noodgeval na buite kante. Om op te tree in geval soos hierdie gaan nog steeds teen jou wees tensy jy aangeval word, gedreig met wapen en daar geen ander keuse bestaan as om in noodweer op te tree nie. Die krimineel is geregtig om jou perseel te betree, maar die doelwit moet die reaksie regverdig. Vir hierdie gesin, dankie Vader vir jul optede en beskerming dat jul nog die storie kon vertel. Sterkte en wees maar waaksaam. Hul is geneig om terug te keer.

Martin H ·

Totally disagree with you Oom Kalahari. 1)The man was attacked. 2) The attack was emminent and had already started. 3) The attack was unlawfull. 4) The man had to defend a third party, law states clearly it must be a natural person. In this case his wife. The farmer had full right to use lethal force in this circumstances.

Please explain ·

Martin H ek verstaan wat jy se maar in GEEN vorige gevalle is die BETREDERS aangekla vir onwettige betreding van privaat eiendom nie (soos oom Kalahari meld dat die krimineel toegelaat word om mense se persele onwettig te betree). Ek wil graag weet of ONWETTIGE betreding van PRIVAAT eiendom nie meer ‘n oortreding is nie?

Frikkie Geld en huis ·

As hy vir my skree “i’m going to kill & rob you”, skiet ek hom net daar vrek.

Daan ·

Fantasties!! … Jong man om op trots te wees. Wys jou nou net as Boerseun ‘n persoon was wat nie self verdedegings tegnieke geken het nie, dan was hy en familie statistiek gewees.

Reguit ·

Die aanvaller lewe en in Azanië is sy lewe mos meer werd as ‘n boer s’n. Oormore is hy weer op vrye voet en dan kom hy terug om te moor saam met nóg ‘n groter groep as voorheen.

Daan ·

Ja ‘n man wat nie genoeg krag het om so groot vuil wreede geweldenaar te stoei nie, sal oorompel word, dan het so ‘n man nie ‘n keuse as om (soos gese was in die verlede) met “maximum force” so ‘n wese wat met wrede gedrag te voorskyn kom in sy spore te stop

Vryheid ·

Die groot tragedie is dat die aanvaller binnekort weer vry gaan rondloop.

JAN ·

bly die jong boer en gesin en vriende is veilig. weet nie was die vriende van die kinders se vriende …. sien n ander geval waar die vrou haar vriend beskerm en tydens n stoeiery slaan sy die ander persoon dood . nou is hulle in die tronk . lyk my jy moet jou self beskerm . ai ons regstelsel….

Johan du Toit ·

wanneer gaan daar beter kontrole op ons grense wees om die elemente te keer. Dis nie ons eie mense wat vir hierdie plaasmoorde verantwoordelik is nie, maar buitelanders. Hier lê ek ook die skuld voor van die boere se deure wat buitelanders gebruik op hul plase en dan word hulle nie weer terug na hul land gestuur nie. Word net in die naaste dorp afgelaai. Jammer maar dis die werklikheid. Ek sien dit hier by ons gereeld gebeur.

Theresa ·

Jongman, jy is ‘n dapper held! Hoe beangs moes jy en jou gesin nie gevoel het omdat mens weet wat deesdae gedoen word!! Wonderlik.
Hoop die oortreder en onthou hy het jou gedreig – dit kan nie net gelos word nie – hy het ‘n moorddreigement geuiter, word gou gevang en moet verantwoording neem vir sy misdaad.

Conrad ·

Berig sê “hy en vriende”. Hulle dan weg gehardloop tydens aanval?

Oom Kalahari ·

@Martin H, it is your prerogative to disagree with my statement, but you believe me, the moment you pull that trigger your nightmare start facing you and you have to deal with a lenghty legal consequences to prove your innocence. The criminal is very much protected and yes we all wish to protect our families and properties but the State see it in another light. This young man was under attack and has defended himself and family and lucky for him due to his strength and previous sporting abilities he could overpower the intruder. If shots were fired, then he was in jail today with no chance of bail and an unprotected family at home that suffers without a husband and father. They don’t want to consider the fear that you and family are living in and the split second you have to take in protecting yourself and family. It seems the more they can get quilty and declare as unfit to have a firearm the more they can have open door strategies for attacks.

VanAfrika ·

As julle Carte Blanche gekyk het gisteraand, jy mag nie n inbreker skiet tensy jou lewe in gevaar is nie. As hy in jou huis voor jou staan onbewapen, mag jy nie daardie geweer of pistool op hom rig of hom skiet nie. Daar was verduidlik dat as die polisie op die toneel kom en iemand is geskiet, word die persoon wat daardie wapen gebruik het, in hegtenis geneem want iemand is dood. So, dink maar twee keer voor jy n wapen wil rig om dood te skiet. Maak eers seker dat jou en jou gesin se lewe in gevaar is voor jy daardie sneller trek. Dis wat die wet sê. En daar is ook gesê moenie n ‘scene’ probeer verander of ‘stage’ as jy dit wil laat lyk dat die person jou wou doodmaak. Blykbaar tel die polisie vinnig op as n toneel verander was en dan het jy jare se moeilikheid.

Carl ·

Ek sou nie my lewe en my toekomstige regsprobleme al dan nie op C-B se program en navorsing plaas nie. Ongelukkig is hul agenda gekant teen wettige vuurwapen besit dus saam met meeste ander media huise sal hulle Gun Free SA se boodskap voorstaan.
En dan om aan ‘n misdaad toneel te karring maak jou ‘n krimineel – hoekom sou jy dit doen as jy onskuldig is? Dis dom.
Dis onwaar dat die persoon wat wettig in noodweer opgetree het inhegtenis geneem word, die media en braaivleis vuur geselsies wakker die storie aan soos al die ander “fake news” van vandag. Kry die feite by ‘n betroubare kriminele prokureur. Dit is ook beter om ‘n paar ure in hegtenis te wees as om vasgebind toe te kyk hoe jou gesin gemartel en moor word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.