Jong boere uitgerus vir uitdagings van landbou

jong-boere-graan-landbou-plaas-pixabay

Foto: Pixabay.com

ʼn Groep van sowat 150 jong boere van regoor die land het Woensdag in Midrand by TLU SA se Jongboerkonferensie bymekaargekom om te gesels oor die volhoubaarheid van die landboubedryf vir die volgende generasie.

Volgens Elzet Rautenbach, voorsitter van die Jongboerkomitee, was die fokus van die konferensie om die jonger geslag boere te laat nadink oor hoe hulle hul plase wil bedryf en bestuur sodat dit vir hulle kinders en selfs kleinkinders behoue kan bly. Daar is ook gekyk na hoe boere in die moeilike ekonomiese en politieke omstandighede steeds kan aanhou boer. “Ons is vandag hier om inligting en netwerkgeleenthede vir jong boere te verskaf,” het Rautenbach gesê.

George Barnard van Morgan Trading het aan die jonger generasie verduidelik hoe graanverbouing in uiterste omstandighede gedoen kan word, terwyl dr. Hannes Dreyer van die VBRSA die geleenthede in die plaaslike veebedryf uitgelig het. Dr. Hennie Davel van Kroonveld Boerdery het die uitdagings en geleenthede in die landbou en ekonomie van Suid-Afrika bespreek. Louis Meintjes, president van TLU SA, het met die jong boere gesels oor die sukses van hul toekoms.

Wenners van die 2015-been van die TLU SA se Jongboerkompetisie, Jaco en Pieter van der Westhuizen, het terugvoer oor hul besoek aan Frankryk gegee, wat deel van die kompetisie se pryse was. Die broers van Nigel aan die Oos-Rand in Gauteng het ander jong boere aangemoedig om deel te neem. “ʼn Mens leer so baie uit die hele beoordelingsproses en kry soveel konstruktiewe terugvoer,” het Jaco gesê. Die broers het al voorheen ingeskryf en reken die terugvoer wat hulle daaruit gekry het en op hul plaas gebruik het, het hulle gehelp om in 2015 die kompetisie te wen.

tlu-jongboerkonferensie-2017

Die TLU SA se jongboerkonferensie wat vandag in Midrand aangebied is. Foto: Lynette du Plessis/TLU Jongboere Facebook.

Rautenbach het ook al self aan die jongboerkompetisie deelgeneem en sy getuig ook hoe waardevol dit is. “Uit die kompetisie kon ek sien waar is die foute in my boerdery, asook wat ek kan doen om meer winsgewend te wees en watter dinge op die regte en selfs ʼn beter manier gedoen kan word.” Sy verduidelik dit is nie ʼn kompetisie wat boere teen mekaar wil opstel nie, maar eerder ʼn geleentheid skep vir die jonger geslag om by die ou hande in die bedryf te leer. “Dit gaan nie net oor wen nie, maar eerder wat jy uit die hele ervaring kan leer. Die span beoordelaars gaan die regte vrae vra, wat jou gaan laat dink oor hoe jy sekere dinge in jou boerdery behoort aan te pak.”

Sy het gesê die TLU SA glo jong boere moet ingelig en bemagtig word om die uitdagings van landbou te verstaan en trotseer. Rautenbach glo vanjaar se konferensie sal jong boere toerus met hoop. “Ons is die volgende generasie kommersiële boere en leiers in die landboubedryf. Ons moet nou opgelei word, die ondersteuningsnetwerke bou en vaardighede leer om ons eie en landbou se sukses in die toekoms te verseker. Ek glo ʼn konferensie soos hierdie sal boere motiveer te midde van die donker wolk van onsekerheid wat oor die land se ekonomie en politiek hang.”

  • Lesers wat graag meer wil weet oor die TLU SA se Jongboerkompetisie kan Runel Matthews by 012 804 8031 bel om meer inligting oor die kompetisie te kry. Besoek oor TLU SA se webblad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

willie ·

ongelooflike positiewe beriggewing in hierdie tyd waarin ons boere en veral jong boere moet boer en geinspereer moet word! my wens sou wees dat die swart parlement LV’s kon verstaan waaroor alles gaan! sterkte boere, doen so voort!

Katryn ·

Dankie tog!!! Daar sal altyd boere wees! Met ‘ n toevoeging van 150 outjies! Groei mooi manne! Trots op julle! Baie dankie.

koos ·

Jong boere met wit verkleur wat n toekoms in boerdery beplan. Dis die toppunt van met oogklappe aan deur die lewe beweeg. Mark my words: nog net 3 jaar en al SA se wit boere is weggejaag en hulle plase sonder vergoeding onteien.

Christa ·

As ek ‘n Boer is en hulle wil my plaas vat sal hulle my plaas KAAL kry. Ek sal elke struktuur daarop afbreek en “recycle”, elke lewendige dier daarop verkoop en elke boorgat met dinamiet opblaas!! Hulle kan SELF soek vir water, boor daarvoor en pompe koop om op te sit. Dan sal hulle sien water loop nie net uit krane nie. Daar werk hulle HARD vir hulle water, dit kos ‘n sak vol geld en as dit nie ‘n besproeiingsplaas is nie, bid hulle hulle kniee deur vir reen!!!!

Frik ·

Ek haal my hoed af vir jul jong manne en vroue, pas julle self baie mooi op. Die land gaan julle almal bitter nodig he vorentoe.

AL ·

Mooi so! Ons het jul positiwiteit baie nodig. Pak die uitdagings met durf aan!

Alida ·

Nooi Julius Malema volgende keer saam dan kan hy sien en verstaan hoe dinge gedoen word. Dalkies word hy groot want hy wil net grond he maar besef nie mens kan nie grond eet nie.

HEVW ·

Mens kan net met groot lof hieroor praat. Ek sien julle in die toekoms nog staande bly want so n positiewe gesind kan nie maklik gekelder word nie. Ek sal net bitter graag so n konferensie mbt plaasparaatheid wil sien wat deur kundiges aangebied word.

wilma ·

Stella, ek dink amper jy is reg. Jy is uitgerus as jy goed gerus het of as jy uitgerus is met bv. toerusting om jou werk na behore te kan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.