Jong brandbestryder sterf ná ongeluk

Heinrich Oosthuizen. Foto: Facebook

Heinrich Oosthuizen (25), ʼn jong brandbestryder wat vroeër vandeesmaand saam met kollegas in ʼn ongeluk betrokke was, het aan sy beserings beswyk.

Die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het in ʼn verklaring gesê Oosthuizen, ʼn reservis-brandweerman van die munisipaliteit se brandbestrydingsdienste, was die aand van 5 Maart saam met kollegas in ʼn ongeluk betrokke.

Volgens die munisipaliteit was Oosthuizen, Rodney Andrews, Lake Ndlovo en Gary Bailey op pad terug na die brandweerstasie nadat hulle vroeër na ʼn toneel ontbied is. Die bestuurder van die brandweerwa het omstreeks 23:00 naby Klapmuts beheer verloor nadat ʼn band gebars het.

Heinrich Oosthuizen. Foto: Facebook

Andrews, Ndlovo en Bailey het ligte beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling voor hulle dieselfde aand nog ontslaan is.

Oosthuizen het egter ernstige beserings opgedoen en in die Mediclinic Paarl aan sy beserings beswyk.

“Hy sal onthou word vir sy entoesiasme en passie vir sy werk en sy liefde vir sy kollegas. Ons harte en gebede gaan uit aan sy familie, vriende en geliefdes in die moeilike tyd,” het die munisipaliteit gesê.

Oosthuizen het sedert 2016 as reservis gedien. Huldeblyke stroom intussen in op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Deloris ·

So hartseer, mag sy familie vriende en kollegas gedra word in hierdie hartseer tyd. Ons dra julle op in ons gebede en dat julle omvou sal word met die krag en liefde van Jesus, wat sy engel kom haal het.

Alichia ·

RIV my Neef jy was n wonderlike mens ons is stukkend en gaan jou ongelooflik mis…Lief vir jou veraltyd xxx

Hannelie ·

Ai dis so hartseer, hy was nog so jonk, sy lewe het nog voorgelê. My innigste simpatie aan sy gesin en familie.

Gys ·

Soos met alle Resirviste sal daar seker geen hulp kom van die munisipaliteit nie , om met begrafnis relings te help nie. Rus in vrede . Jy is n ware held.

Alichia ·

Hi Gys, ek is sy Niggie… dank die Vader ons kry darm n bietjie ondersteuning.

Hekena Mostert ·

Hy was n wonderlike, voorbeeldige en trotse jongman. Eh het Heinrich persoonlik geken. Hy en my kleinseuns was bure en saam groot geword. Wat n bitter hartseer ondervinding vir almal wat so lief was vir hom. Sterkte aan sy ouers Hennie, Lizette en sy broertjie Louis. RIP Heinrich, jy het soos n held gesterf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.