Jong dokter sterf op pad werk toe

Argieffoto

ʼn Jong dokter van KwaZulu-Natal is Woensdag op pad werk toe in ʼn motorongeluk dood.

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het die dood van dr. Ndyeboyesizwe Nondonga betreur.

Nondonga het by die Eshowe-hospitaal gewerk en is Woensdag dood toe sy voertuig met ʼn vragmotor gebots het op die uTukela-brug tussen Mandeni en KwaDukuza op die N2-hoofweg.

Nondonga het vier jaar gelede aan die universiteit van KwaZulu-Natal afgestudeer en is as een van Eshowe se beste dokters in die verloskunde- en ginekologie-eenheid beskou.

Dr. Sibongiseni Dhlomo, LUR vir gesondheid in KwaZulu-Natal, het gesê amptenare van die departement sal die hospitaal ná die groot verlies van ʼn “seun wat belowend was en so baie gedoen het in een van hul afgeleë hospitale”

“Dit is nie dikwels dat jy jong dokters teëkom wat bereid is om in afgeleë hospitale soos dié in Eshowe te werk nie. Ons betreur werklik dié verlies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WEDT ·

Ons was n paar weke gelede in kzn. Di mense ry iets verskriklik op di N2. Ry teen aankomende verkeer. Gn respek vir enigiemand op daardie pad ni.

Oom Kalahari ·

Alle medelye en sterkte aan die families, vriende, kollegas en pasiente vir jul verlies.

Vanessa Moore ·

Mense ry deesdae oral soos malgoed. Dis asof die duiwel hulle jaag. Baie sterkte aan sy familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.