Jong dominee en verloofde by Klapperkop aangeval

Nikolaas Pienaar en Hanlie Kruger

Nikolaas Pienaar en Hanlie Kruger

Ds. Nikolaas Pienaar (29) van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Wes en sy verloofde, Hanlie Kruger (23), is by Fort Klapperkop in Pretoria aangeval.

Pienaar het Kruger Vrydag omstreeks 17:30 by Carlitzia, Tuks se dameskoshuis vir mediese studente, gaan oplaai. “Ek wou haar vat om die sonsondergang oor die stad te gaan kyk,” het Pienaar Maandag aan Maroela Media gesê.

“Dit was nog lig toe ons daar aangekom het,” het hy verduidelik. “Ons het by die eerste uitkykpunt stilgehou, uitgeklim en ons piekniekmandjie begin uitpak. Ek het voetstappe naby ons gehoor en toe ek omkyk, was drie mans na ons oppad.”

Volgens Pienaar het een van die mans reguit op hom afgehardloop. “Hy het my dadelik met ʼn mes aangeval, ek moes veg vir my lewe,” het hy gesê. “Een van die aanvallers het Hanlie gegryp en haar horlosie afgeruk. Die ander man wou by my motor inkom.”

Volgens Pienaar het fietsryers gelukkig verbygery en die aanvallers skrik op die lyf gejaag en hulle het weggehardloop. “Alles het seker binne twee minute gebeur,” het hy bygevoeg.

Hanlie is nie tydens die voorval beseer nie. Die jong paartjie het ná die voorval na die Zuid-Afrikaanse-hospitaal gejaag voor Pienaar na Mediclinic Kloof oorgeplaas is vir ʼn operasie. Hy het diep snywonde aan die linkerkant van sy lyf opgedoen. Sy hande is ook beseer toe hy die aanvallers wou keer.

Die voorval is by die polisie aangemeld en word deur die Sunnyside-polisiestasie ondersoek. Die polisie was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Boesman ·

Almal weet mos daai plek is gevaarlik, hoekom ooit nog soontoe gaan? Hulle kan Klapperkop netsowel maar plat stoot.

Eileen ·

Julle kan God dank – dinge kon baie baie erger uitgedraai het. Sterkte

Elize ·

N mens kan ook nerens meer vir n uitstappie gaan nie,hier in die mooi Kaap,kan jy nie meer Sondae as n mens rondry,op n plekkie stilhou om iets uit jou mandjie te eet nie,want so peul hulle oral uit,en so is n mens se lewe net in gevaar.Dit is tragies,in hierdie mooi land van ons,dat dit nou so gaan.
Kry die jopngmense van vandag bitter jammer.
Sterkte aan die dominee wat aangeval is.Sodom en Gemorra,dit is wat Suid Afrika nou is.

Willie ·

Is daardie plek nie omhein en word daar nie toegangsbeheer “toegepas” nie? Die plek was maar altyd ‘n misdadigersnes. Dra maar ‘n wapen teenaan die lyf ingeval ‘n romantiese piekniek weer sal opduik.

Hendrik ·

Jammer oor die ongelukkige geval. Kom gerus en kom sien baie mooi sonsondergange vanaf ons koppies in Kleinfontein. Dit is regtig baie veilig en baie mooi.

Tertius @ Waterkloof Gholf Landgoed ·

Dit is die 3de aanval in 2 weke. Vorig paartjie ook daar aangeval teen skemer + fietsryers. Sunnyside Polisie doen niks nie. Hulle kom nie eers uit nie. dieselfde groep mans van 3. Inwoners om die park moet nou privaat sekuriteit huur om patrollies te doen.

Andries ·

Hoeveel mense is nie al daar aangeval nie maar hoor is min. Jy bly in Pretoria my maat .

Elizabeth ·

Dis eintlik absolute NONSENS dat ons, die belastingbetalers nie die reg het om piekniek te hou waar ons wil nie. Mne skan ook nêrens net uit jou kar klim om die natuur te bewonder en/of foto’s te neem nie. Ek het nie raad nie, maar sekerlik is dit onaanvaarbaar dat mens net die skouers moet optrek en sê mens moet wegbly van sulke plekke want dis dan gevaarlik. Dit maak my regtig siek. Ons is mense wat sulke buitelug dinge so geniet maar mens KAN dit net nie doen nie! Wens ek kan ‘n klomp manne sponsor om eendag daar in te gaan en skoon te maak. Mens moet sommer kan ‘n strik vir hul stel en maak asof jy wil piekniek hou en as hulle naderkom, moet so hele boeremag wat weggekruip het, uit jou kar peul en hulle goed vasvat!

Lauwrens ·

Dit is baie jammer dat daar plekke is wat taboe is om te besoek omdat die kriminele dit “besit”! Dit laat die gewone mens terugtrek na sy eie huis of emigreer na ‘n vreemde land, wat so onregverdig is! Die kriminele gespuis het dit nou al reggekry om die kosbare plekke in Suid Afrika vir hulself toe te eien deur soos barbare toe te slaan op almal wat net in vrede sy eie land wil geniet. “Boesman” se kommentaar is so tipies van ons almal, ek gaan ook nie na enige plek soos daardie nie, want ons almal weet dat jy aangeval gaan word deur barbare! Dit is die huidige regering se primêre plig om sy burgers veilig te hou in hul eie land, nie om ook van hul te steel nie, niemand is veilig nie, nie eers in jou eie huis nie! Wat kan ons eendag vir ons kinders nalaat…..? ‘n Onveilige land met ‘n korrupte regering? Hoe verduidelik jy dit aan jou kinders en kleinkinders dat daar sekere openbare plekke is, in sy eie land, waar dit nie veilig is vir hom/haar nie??

Henk ·

Dit is waar,pak jou mandjie en kom kyk op Kleinfontein,20km uit Pta.na wild en die mooiste sonsondergange,ek gaan binnekort daar woon,sterkte!

william ·

my kommentaar word nie geplaas nie want maroela is deel van naspers. jy moet politiek korrek wees .ek kyk nie weer na maroela nie. vlieg hel toe

Sune van Heerden ·

Dagsê William

Ek verwys jou graag na Maroela Media se riglyn vir kommentaar wat bo-aan die kommentaarblok sigbaar is: “Maroela Media hou van ‘n lekker warm debat en wil aan alle kuiermense die geleentheid gee om hul mening te lug. Ons sal egter geen rassisme, seksisme, homofobie, vieslike persoonlike opmerkings, ander vorms van haatspraak of kru, kras en vuil taal duld nie. Maroela Media behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder.”
Ons volstaan met dié riglyn.

Groetnis
Suné van Heerden
nms Maroela Media

Rudi Rebstein ·

Ek voel dat enige redelike mens die geleentheid het om te gaan waar hy goedink! Dit is net so n skreiende skande dat mense aangeval word deur sogenaamde edele barbare wat eindelik die doodstraf verdien!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.