Jong Durban-man sterf in gru-ongeluk op N2

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn 18-jarige man is Woensdagaand dood nadat hy beheer oor sy motor verloor en teen die versperring op die Umgenirivier-deurpad op die N2 gebots het.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die BMW het in die middel van die pad gestaan met paramedici se aankoms op die toneel. Ooggetuies het egter gesê die motor het die afrit vanaf die N2 geneem om op die M19 te kan ry, en toe teen die versperring langs die pad gebots. Die motor het buite beheer in die rondte getol en die betonpilare van die oorhangende brug getref.

Foto: ANA

Foto: ANA

“Meganiese toerusting moes gebruik word om die man los te sny. By nadere ondersoek is agtergekom hy het noodlottige kopbeserings opgedoen. Daar was niks wat paramedici kon doen om hom te help nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen gesê.

Die afrit was tot vroeg Donderdagoggend gesluit terwyl beamptes die toneel opgeruim het. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

kobus pieterse ·

Dit is tragies,so jonk nog,innige simpatie met familie

Landie ·

Daar is deesdae verskriklik baie ongelukke in Durban-omgewing. Wat gaan daar aan???

T0M ·

Snotkoppe wat dink hulle is resiesbestuurders en ander (onskuldige) mense se lewens op openbare/publieke paaie in gevaarlik stel met hulle selfsugtige onverantwoordelikheid.

Ek sien sulke gevalle daagliks.

ZAN ·

Ek stem saam met jou TOM maar ook nie, daar is ervare bestuurders ook op die pad wat dink hulle own dit, ongelukkig moet almal onder dieselfde kamp geskeur word.

MM ·

Ek stem 100% saam met jou Landie. Dan se hulle KZN is die strengste met pad reels, Weet nie wat aangaan nie, maar lyk my nie KZN is in beheer van hul pad gebruikers nie. Elke berig wat jy lees is dit KZN

Christine ·

Min bestuurders van voertuie kan die krag onder die enjinkap beheer. Vervaardigers moet kalmeer.

Peet Schabort ·

K53 wat nie veel beteken wanneer dit kom by werklike en praktiese bestuursvermoë.
Daar is boekies soos “A Bigger Pig at the Wheel (The advanced road-hog’s guide) van Michael Bland waarin jy touwys gemaak word om soos ‘n padvark te bestuur, m.a.w. dis nou presies wat jy NIE moet doen. “Die Padkode van Suid-Afrika” wat EEN PENNIE gekos het het107 nuttige wenke. Dis ‘n boekie met ‘n voorwoord deur R. Stuttaford wat die minister van Binnelandse Sake was gedurende 1936-1939. Wanneer jy hierdie boekie van bykans tagtig jaar gelede lees sal jy uitvind dat daar eintlik niks verander het. Inteendeel is daar nuttige wenke vir fietsryers, drywers van voertuie deur diere getrek en ruiters en persone wat toesig oor diere hou !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.