Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical, het gesê die BMW het in die middel van die pad gestaan met paramedici se aankoms op die toneel. Ooggetuies het egter gesê die motor het die afrit vanaf die N2 geneem om op die M19 te kan ry, en toe teen die versperring langs die pad gebots. Die motor het buite beheer in die rondte getol en die betonpilare van die oorhangende brug getref.
“Meganiese toerusting moes gebruik word om die man los te sny. By nadere ondersoek is agtergekom hy het noodlottige kopbeserings opgedoen. Daar was niks wat paramedici kon doen om hom te help nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Van Reenen gesê.Die afrit was tot vroeg Donderdagoggend gesluit terwyl beamptes die toneel opgeruim het. Die polisie ondersoek die ongeluk.
Dit is tragies,so jonk nog,innige simpatie met familie
Daar is deesdae verskriklik baie ongelukke in Durban-omgewing. Wat gaan daar aan???
Snotkoppe wat dink hulle is resiesbestuurders en ander (onskuldige) mense se lewens op openbare/publieke paaie in gevaarlik stel met hulle selfsugtige onverantwoordelikheid.
Ek sien sulke gevalle daagliks.
Ek stem saam met jou TOM maar ook nie, daar is ervare bestuurders ook op die pad wat dink hulle own dit, ongelukkig moet almal onder dieselfde kamp geskeur word.
…”kam geskeer” word!
Ek stem 100% saam met jou Landie. Dan se hulle KZN is die strengste met pad reels, Weet nie wat aangaan nie, maar lyk my nie KZN is in beheer van hul pad gebruikers nie. Elke berig wat jy lees is dit KZN
Min bestuurders van voertuie kan die krag onder die enjinkap beheer. Vervaardigers moet kalmeer.
K53 wat nie veel beteken wanneer dit kom by werklike en praktiese bestuursvermoë.
Daar is boekies soos “A Bigger Pig at the Wheel (The advanced road-hog’s guide) van Michael Bland waarin jy touwys gemaak word om soos ‘n padvark te bestuur, m.a.w. dis nou presies wat jy NIE moet doen. “Die Padkode van Suid-Afrika” wat EEN PENNIE gekos het het107 nuttige wenke. Dis ‘n boekie met ‘n voorwoord deur R. Stuttaford wat die minister van Binnelandse Sake was gedurende 1936-1939. Wanneer jy hierdie boekie van bykans tagtig jaar gelede lees sal jy uitvind dat daar eintlik niks verander het. Inteendeel is daar nuttige wenke vir fietsryers, drywers van voertuie deur diere getrek en ruiters en persone wat toesig oor diere hou !