Jong egpaar kritiek ná botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Egpaar is in ʼn kritieke toestand nadat hulle motor teen ʼn vragmotor gebots het op die N12 naby die Vereeniging-afrit.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die egpaar, albei in hul 20’s, se motor in die middel van die pad gestaan. ʼn Vragmotor het sowat 50 meter verder langs die pad gestaan.

Meiring sê die man het bestuur en was na die botsing in die motor vasgekeer. Hy is met meganiese toerusting uit die wrak bevry en is saam met sy vrou op die toneel behandel. “Hulle het kritieke beserings opgedoen en is na die Mediclinic Potchefstroom vervoer vir dringende mediese sorg.”

Meiring sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.