Jong egpaar sterf saam: Steeds talle vrae een jaar later

Jacques en Sunita van Dyk. Foto: Facebook

Dit is vandag presies een jaar gelede dat Jacques (30) en Sunita (32) van Dyk se liggame in hul plaashuis buite Wellington aangetref is, maar daar is steeds geen antwoorde oor wat presies gebeur het nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het Donderdag aan Maroela Media gesê die ondersoek sal binnekort afgehandel wees. “Die verslag oor die brand is nie afdoende nie en daarom kan die oorsaak van die brand nie bepaal word nie. Die saakdossier sal na die senior aanklaer gestuur word vir ʼn besluit.”

Jacques en Sunita se liggame is op 10 Mei 2017 teen 03:15 in hul huis aangetref nadat die polisie daarheen ontbied is en die vlamme wat hul huis verswelg het, geblus is. Die brandverslag van die versekeringsmaatskappy het aangedui die brand kon in die kaggel van die voorhuis begin het. Dit kon egter nie bewys word nie en volgens die familie is dit duidelik dat daar nie ʼn kaggel aangesteek was nie.

Jacques het as voorman gewerk op ʼn plaas in Voor-Groenberg buite Wellington. Sunita was ʼn onderwyseres aan die Laerskool Paarl Gimnasium. Die egpaar sou kort ná hul dood hul vyfde huweliksherdenking gevier het.

Die toksikologieverslag in verband met die egpaar se dood het bevestig daar is geen dwelms, medikasie of ander chemiese stowwe in hul bloed gevind nie.

Reghard en Jacques van Dyk. Foto: Facebook

Reghard van Dyk (33), Jacques se broer, het Donderdag aan Maroela Media gesê dit is ʼn moeilike dag. “Ons vertrou egter dat die polisie sal volhard met die ondersoek en dat ons wel uiteindelik antwoorde sal hê oor wat gebeur het.”

Die polisie het vroeër gesê Jacques en Sunita is aan rookinaseming dood. Hul liggame is in die badkamer aangetref. Die egpaar se hond, Skollie, is ook dood in die badkamer aangetref. Die polisie het vroeër gesê die nadoodse ondersoek het getoon Sunita het nekbeserings gehad. Dis in dié stadium egter nie duidelik wat tot dié beserings gelei het nie.

Intussen is daar steeds talle onbeantwoorde vrae, soos hoekom die egpaar nie daarin kon slaag om die huis te verlaat nie. Die vrae duik ook op te midde van bewerings dat Sunita ʼn buite-egtelike verhouding gehad het.

Reghard het vroeër gesê hulle wag nog op antwoorde. “Ons wil net weet wat daardie aand gebeur het. Maak nie saak wie betrokke was of wat gebeur het nie. As ons weet wat gebeur het, kan ons totsiens sê. Ons kan net wag. Ons is hartseer, want dit is wreed hoe hulle dood is.”

Lees alle vorige berigte oor Jacques en Sunita van Dyk op Maroela Media.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

kas ·

As daar nie ‘n vuur in die kaggel aangesteek was nie blyk dit dat brandstigting nie uitgesluit kan word nie.Hoe waar is die gerugte dat Sunita ‘n buiteegtelike verhouding gehad het.Wat se beserings het haar man opgedoen.Wie het die polisie in kennis gestel van die brand.Dit gaan moeilik wees om antwoorde te vind wat berusting by die familie sal bring.Mag julle egter die antwoorde vind waarop julle wag en mag God julle haqrtseer lig maak en julle vertroos.

Liezl ·

Kas, dis Sunita wat glo nekbeserings opgedoen het. Daar is ander partye betrokke, maar die mense swyg ook. Ek het my gevolgtrekking, maar nou ja, wie is ons om te sê. Dis net vreemd dat die saak nog nie afgehandel is nie. Mense moet ondersoek word. Hier is nie net 1 mens nie maar 2 wat dood is. As iemand brand gestig het, moet daardie persoon mos vasgetrek word. Hier is definitief nog mense betrokke. Ek sal sê wat ek altyd sê, kom uit daarmee. As jy hierdie berig lees, gee antwoorde. Gee jouself oor, wie dink jy is jy. Ek sal eerder hier op aarde my knieë buig en erken en regmaak, as wat ek eendag moet gaan verduidelik aan ons Vader.

Wellingtonner ·

Ek glo vas dat dit nie n normale brand was nie, anders glo ek sou hulle iemand gebel het vir hulp. Die aaklige omstandighede van hul huwelik laat my ook wonder… Dalk kon sy nie vir hulp bel nie, en dalk wou hy nie hulp daar hê nie – sy het dalk sy sprokie verwoes en hy was teen die grond. Dalk het sy haarself probeer leed aandoen en hy het besluit hy en die hond gaan saam.

Koos ·

Hy’t haar seker verwurg en toe seker gemaak almal sterf tesaam.

Wonder ook ·

Maar sy is dood aan rookinaseming, het dus gelewe nog… so nie verwurg !?

TDW ·

Plaasaanval? Dit klink meer na die waarheid as enige van die ander scenarios.

ai ai ·

Ek wonder of daar nie dalk wel n plaasaanval was nie dat hul in badkamer gevlug het hoekom was die hond saam met hulle ?

Marinda ·

Ook aan plaasaanval gedink. Die heel eerste keer toe ek hiervan gelees het ai, ai, dalk is die hond saam met hulle in die badkamer toegesluit? Wonder ook maar net.

Inge ·

Nee, geen plaasaanval hierdie. vorige berigte het gesê dat Sunita in die bad gelê het. dus ontspanne. niemand gaan aanhou bad as daar n plaasaanval gebeur nie. my bet is steeds op die skoolhoof en sy vrou…

KASA ·

Geen vuur in die kaggel.Die man het geen beserings opgedoen nie.Het hy sy vrou verwurg en vir dood gelaat en toe die huis aan die brang gesteek en toe so selfmoord gepleeg Hoekom was die hond in die badkamer.Nog geen van die vrae wat al oor hierdie berig gevra is is beantwoord nie.Hoekom gaan die dossier na ‘n jaar eers na die aanklaer toe vir ‘n besluit.Die toksikologieverslag en nadoodse ondersoek was al verlede jaar beskikbaar.Rookinaseming was die oorsaak van dood.Wie het die polisie daardie tyd van die oggend in kennis gestel van die gebeure.Was daardie persoon of persone ondervra.

kas ·

Een ding is seker,dit was nie ‘n plaasaanval nie want die man het niks oorgekom nie.Hy het nie ‘n aanval op sy vrou beplan nie want hy is ook dood.Is my stelling dat hy verantwoordelik was hulle dood vergesog.Ek wil verder gaan en dink hy het die polisie gebel na hy die huis aan die brand gesteek het en geweet het hulle sal nie lewend gevind word nie.Dit is hoekom daai tyd van die oggend as almal slaap.

Hannelie ·

Ek dink so aan hulle families wat agterbly met onbeantwoorde vrae? Dit vreet aan mens. Maar ek weet nie…..hul moet bietjie fokus op die skoolhoof en sy vrou. As ek die vorige berigte lees, beskerm hul mekaar.

kas ·

Inge,jy maak melding van die skoolhoof en sy vrou.Hoe pas hulle in jou legkaart.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.