Jong egpaar sterf saam

Jacques en Sunita van Dyk. Foto: facebook

Jacques en Sunita van Dyk, ʼn jong egpaar van Wellington, is vanoggend in ʼn huisbrand dood.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Woensdagoggend op die liggame van die egpaar, wat albei in hul vroeë 30’s is, afgekom. “Die polisie is omstreeks 03:15 na die huis ontbied. Ondersoekers het die toneel gefynkam om die oorsaak van die brand te probeer vasstel.”

Van Wyk het gesê die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie en word ondersoek. Van Dyk het as ʼn voorman gewerk op ʼn plaas in Voor-Groenberg buite Wellington.

Die egpaar sou later die maand hul vyfde huweliksherdenking vier. Huldeblyke aan die egpaar stroom intussen in op sosiale media.

Die sanger Herman Kleinhans van die musiekgroep Twee, het op Facebook hulde gebring aan die egpaar. “Stil, broers en susters, daar gaan twee van ons mense verby. Jacques van Dyk, ek sal jou altyd ag as een van die beste mense wie ek die voorreg gehad het om te ken. Altyd opreg, altyd beleefd. Ek kan nie glo dat jy en Sunita ons verlaat het nie en dis moeilik om te verstaan waarom. Dankie vir al die onvergeetlike tye,” het hy geskryf.

Die sangeres Leah het op Twitter ʼn foto van die egpaar gedeel en bygevoeg: “Die lewe is soms net te wreed.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

al ·

Dis tragies. Wat ñ gruwelike dood om aan te sterf. Maroela hou ons asseblief op hoogte wat die oorsaak van die brand is.

Hartseer ·

Jammer vir die familie en vriende. Ons het my tannie in Desember ook so verloor

Stef ·

Ek hoop daar word brandstigting ondersoek, as ek so kyk hoe die gemeenskappe en werkers teen die boere en voormanne doen, is dit al manier hoe daai huis aan die brand gelaan het.

Lynette Rall ·

Izaan de Koker – IS HY WERKLIK “PARANOID”?? In die lig van statistieke bv. DRIE PLAASAANVALLE in DRIE VERSKILLENDE PROVINSIES op EEN DAG hierdie week – is hy WERKLIK paranoïes?? Of is dit eintlik n baie realistiese voorspelling?

Jana ·

Izaan, ek dink nie hy is so paranoid nie…nuwe berig se ook dat hul vermoedelik vermoor was voor die huis brand begin het

Maureen ·

Ek wil net aan Piet Botha se sterkte met die operasie,ek weet how dit voel om met penne en skroewe te loop ek het 14jaar terug 2 rug operasies gehad nadat ek 19 jaar terug 1 van my werwels op 3 plekke gekraak het toe ek 2 vloere in ‘n hysbak skag geval het. Die 6 weke le mag lank voel maar dit gaan gou verby,doen net wat die drs se dit sal beter word.

Frederik ·

Soos die nuus in Wellington loop, wil dit voorkom asof die egpaar vermoor is voordat hul huis aan die brand gesteek is.

Izaan de Koker ·

Frederik jy meen seker soos die skinderstories hier in Wellington loop

A ·

Waarheen en met watter geld? As jy die plan het, laat weet my ook asb.

Luiperd ·

Ja en vir my… Ons het al met die proses begin, ons kwalifiseer vir werk en alles, maar al die toetse en fooie maak jou bankrot EN dan is dit steeds nie gewaarborg nie!

Ek ken 3 verskillende gesinne wat almal deur al die prosesse ens. gegaan het, en hulle sit nogsteeds hier.

Nee wat, di’s net ‘n geldmakery! Kyk bv. Aus. wat nou hulle kriteria aangepas het, nou moet mens NOG geldjie uithaal…

Werner ·

Izaan de Koker- ek is nie n paranoiese mens nie, maar n realis- want, sien,ek woon in SA-dit was my eerste gedagte ook! Regtig, ons is elkeen geregtig op ons mening.

Lynette ·

Werner – toemaar, jy is NIE paranoïes nie – DRIE PLAASAANVALLE in DRIE VERSKILLENDE PROVINSIES op EEN ENKELE DAG hierdie week – soos jy sê, jy is net realisties om te vermoed dit was weer n plaasaanval. Izaan bly seker in n toringkie in die stad iewers en het geen benul wat op plase aangaan nie.

Peet ·

Tragies.. Gelukkig geen kinders nagelaat.. Rus in die arms van ons Hemelse Vader.

Gwen van Wyk ·

So jammer dat twee jongmense hul lewens so verloor het. Wat kan mens vir die ouers se? Niks wat sal help nie, net dat ons Hemelse Vader hulle sal help. Sterkte ook aan hul kollegas en vriende van Klein Gim wat nou al vir die tweede keer ‘n kosbare leerkrag verloor het in ‘n baie kort tydjie.

Afrikaanse Knaap ·

Ek het nog nooit van so iets gehoor nie. Hierdie is waarlik ‘n tragiese skokkende gebeurtenis.

Wilna ·

Kon hul regtig geen manier vind om uit te kom nie? Ons lewe in tronke vir ons veilighrid, dan gebeur dit.

MY MENING ·

Nie as hulle reeds dood was nie .. ENIGIETS Kon hier gebeur het, hulle kon eers vermoor gewees het en toe die huis op hulle aan die brand gesteek gewees het .. almal spekuleer op hierdie stadium maar ENIGIETS Is moontlik .. as die feite uitkom sal ons weet, intussen is dit maar net spekulasie en almal wonder hoe so ‘n pragtige paartjie so wreed aan hulle einde gekom het …

Neil ·

Ek is baie nou betrokke by hierdie hartseer voorval en wil julle inlig dat die plaaswerkers die brand eerste opgemerk het, alarm gemaak en die brandweer en polisie gekontak het. Voor die nooddienste kon opdaag het hulle tevergeefs probeer om vir Jaques en Sunita uit die huis te kry. Al die werkers is rou van hartseer. Dit gaan my verstand te bowe hoe party totaal on-ingligte mense sulke absolute, onware en aanmatigende kommentaar kan lewer!

Tanya ·

Neil, soos jy seker agterkom, spekuleer almal maar. Nie almal van ons ken die “inside info” nie maar as daar van die begin af die korrekte inligting verskaf word, dan hoef niemand te spekuleer nie. Dankie vir jou brokkie inligting. Dit bly ‘n baie hartseer saak. Mag die Here die ouers en familie vertroos.

Thea Gerber ·

Nonnie. Lees die volgende woorde weer stadig deur en dan sê jy weer dat Neil niemand veroordeel het nie. “Dit gaan my verstand te bowe hoe party totaal oningeligte mense sulke absolute onware en aanmatigende kommentaar kan lewer’ Neil se kommentaar is nie minder bitsig nie. Almal bespiegel maar, maar almal het absolute simpatie met hierdie pragtige twee mense se familie, dit is tragies dat sulke jong mense so wreed moes sterf.

Hannelie ·

Dankie Thea, party mense lees so vinnig en maak verkeerde afleidings. Baie dankie Neil dat ons ook ‘n bietjie meer weet nou. Al wat ek wil sê is baie sterkte aan hul families wat hierdie twee pragtige jongmense se dood moet verwerk. Mag jul vertroosting kry.

Liezl ·

Ag tog liewe mense. Hou op om ander mense aan te val. Dis ‘n saam gesels, saam wonder en lug jou opinie. Ons is duisende mense, met elkeen ‘n unieke brein, elkeen dink verskillend. Niemand is dieselfde nie. Kommentaar is partykeer ‘commin’ en ‘naar’, maar ons lig ander mense in van ons gevoelens. Ons kom vry van woede wat binne ons is, van onsteltenis. Onthou net, deesdae se mense het nie tyd om na jou te luister nie, mense is besig. Nou sit ons hier by ons rekenaar en knyp ‘n tydjie af by die werk om te gaan kyk wat aangaan. Sterkte aan die familie van hierdie 2 pragtige jongmense. Dis sooooo hartseer!!!!

Henry McDonald ·

Nou word ander afsonderlike en nie-verbandhoudende voorvalle summier met hierdie tragedie in verband gebring en nou het dit hier ook plaasgevind…….absoluut onverstaanbaar. Elke gebeurtenis/voorval/misdaad het sou eie besondere kenmerke/agtergrond – geen feitelike bewyse bestaan op hierdie stadium om sulke bewerings betreffende hierdie voorval te maak nie.

Ontspan Henry McDonald ·

Ongelukkig kan mens dit nie heeltemal SKEI van ander sake wat elke dag om ons plaasvind nie, dit sou heeltemal onverskillig wees om NIE dit met ander sake te vergelyk nie. Sien dit is hoe ‘n polisie ondersoek werk . dit begin met UITSLUITING van sekere scenarios .. so ons is maar net leke, nie so slim soos jy nie Henry, so mens probeer maar eers alles OORWEEG en OPWEEG< dan word dit een vir een uitgesluit totdat hulle op die werklike oorsaak afkom. Iemand se dood word nie sommer net aanvaar as 'n gegewe nie .dit is TWEE LEWENS wat geneem is en ALLE moontlike oorsake moet ondersoek word, dit is heeltemal NORMAAL .. ek dink as jy nie daaroor wonder nie is JY die een met die fout . niemand het BEWERINGS gemaak nie .. weet jy wat beteken SPEKULEER .. mense WONDER maar oor die goed aangesien NIEMAND feite het nie .. so ONTSPAN HENRY .. !!

Malie du Toit ·

Twee pragtige jong mense het hul lewe verloor. Hoe is net te bespiegel, maar kyk net hoe en waaroor word kommentaar gelewer . . . simpatie aan albei kante se familie. Soos Gwen van Wyk sê: net ons Hemelse Vader sal / kan help.

Ilse ·

Maroela, word kommentaar nie na 48 uur gesluit nie? Dan kan daar sommer ‘n stop gesit word aan al hierdie bespiegelinge en kommentaar van mense oor goed waarvan hulle niks weet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.