Jong Gautenger derde keer onder mes ná slangbyt

Karel-Jan Binedell (regs) op ’n bootvaart saam met sy broer, Engelbert jr., enkele ure voor ’n pofadder die gesin se vakansie in die noorde van Botswana kortgeknip het. Foto: Facebook

Die jong man van Johannesburg wat met vakansie in die noordwestelike uithoek van Botswana deur ʼn pofadder gepik is, word Woensdagmiddag vir die derde keer geopereer.

Karel-Jan (KJ) Binedell (19) was ʼn week gelede op besoek aan ʼn lodge in Kasane aan die Choberivier op die grens met Namibië saam met sy ouers, Engelbert en Janet, en ouboet Engelbert jr., toe ʼn pofadder hom aan die enkel gepik het terwyl hy en sy gesin vroegaand na hul kamer gestap het.

Ná ʼn groot gesukkel om iemand te kry om die plaaslike lughawe oop te maak en ʼn nag van ondraaglike pyn waartydens ʼn plaaslike dokter hom net drie pleks van die nodige agt ampules teengif kon gee, het hulle vyfuur die volgende oggend met KJ oor Gaborone na die Lanseria-lughawe in Gauteng gevlieg.

Die oudleerder van die Hoërskool Randburg word intussen in die Netcare Olivedale-hospitaal behandel. Teen die tyd dat hy opgeneem is, was sy been pikswart tot onder die knie en het dit plek-plek oopgebars.

Tydens die eerste prosedure is al die spiere van sy knie tot enkel deur middel van lang vertikale snye losgesny, asook nege snye in en om die voet gemaak om die gif uit te kry, het Maroela Media vroeër berig.

Terselfdertyd sal hy ʼn veloorplanting kry.

Saterdag is die binneste kuitwond heeltemal toegemaak, maar driekwart van die sny aan die binnekant van sy voet, die buitenste sny en die sny aan die kant van sy voet is oopgelaat. ʼn Masjien is aan die binnewond gekoppel wat die bloed deurtrek.

Janet het Woensdag gesê KJ is baie moeg en het vir die eerste keer sedert Maandagnag geslaap. Hy sal na verwagting vanmiddag 14:00 vir die derde keer geopereer word wanneer dokters die wond aan sy been sal toemaak nadat die gif die afgelope week toegelaat is om uit te trek. Terselfdertyd sal hy ʼn veloorplanting kry.

Die gesin weet nie hoe lank KJ in die hospitaal sal moet bly nie, maar hoop hy sal begin Februarie met sy studie in pastorale sielkunde aan Maties kan begin. “Ons hoop vir die beste en bid net daar kom nie infeksie nie,” het Janet vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

koekie ·

Ek bid dat die wonde gou gesond sal word sodat hy met sy studies kan begin. Hemde mooi maar onbelangrik. Gesondheid belangriker. Bid vir jou jongman.

Karolis ·

Skerp Kallie,
Humor is ‘n beproefde, puik geneesmiddel.

Nogals waar ·

Ek het ook gewonder oor die mooi hemde, wens ek het een gehad.

Riaan ·

Sterkte jongman. Pofadder gif rig groot skade aan. Herstel kan baie lank vat.

lion ·

Mense en mensr kan se wat hul wil…. eish

word net gesond dis al wat tel!!!!

Liendempers ·

Ek wil net vir “Koos” wat kommentaar gelewer het op die eerste berig sê: Ek het gesnap wat wat jy bedoel het met gelukkig is die slang nie doodgemaak nie. Die mense lees nie aldag die berigte om te verstaan nie? ek reken hulle het die hele bygeloof paragraaf misgelees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.