Jong jagter sterf

Johann Lambrechts. Foto: Verskaf.

Johann Lambrechts. Foto: Verskaf.

Johann Lambrechts (21), die professionele jagter van Northam in Limpopo wat in Rustenburg in die hospitaal opgeneem is met malaria, is dood.

Volgens ʼn familievriend is Lambrechts Woensdag omstreeks 5:30 dood. “Die dokters het gesê daar was bloed in sy longe en sy liggaam het net ingegee. Dit is regtig verskriklik, die familie het almal se gebede nou meer as ooit nodig, almal was so positief want dit het teen die naweek baie beter met hom gegaan.”

Lambrechts was nog in isolasie behandel. Sy pa, Johann Lambrechts sr., het Sondag aan Maroela Media gesê dit gaan beter met sy seun danksy “genade van bo”. Hy was Sondag nog in die hoësorgeenheid van die Life Peglerae-hospitaal in Rustenburg.

Lambrechts se werkgewer het hom vroeër die maand bewusteloos in sy woning aangetref nadat hy van verkoue gekla het. Sy werkgewer het met hom na die hospitaal in Thabazimbi gejaag, vanwaar hy na die Life Peglerae-hospitaal oorgeplaas is.

Maroela Media het vroeër berig Riekie Fuls (60) is op 12 Februarie in die Life Peglerae- hospitaal dood aan malaria. Fuls se man, Johan (70), word steeds in dié hospitaal behandel nadat hy ook malaria opgedoen het. Cheryl Pieterse (58) en Jolynn Hocanin (33), albei van Doornpoort in Pretoria, is ook onlangs aan malaria dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Christine ·

Ai dis baie hartseer, so jammer om te hoor, ek bid dat die Here julle almal sal vertroos in hierdie hartseer tyd.

Ls ·

My hart breek vir sy familie. Ek bid dat Jesus hul styf sal vashou.

Francis ·

Baie sterkte vir julle….daaroet dalk meer ernstig na hierdie gebiede gekyk word…malaria is nie grappe nie….hoeveel sterftes nou al omtrent dit…..moet mense begin medikasie neem om liewer dit te voorkom…..wat staan ons te doen in hierdie areas??

Adele ·

Malaria simptome is baie eenders as verkoue /griep.
As jy siekerig voel, laat jou toets vir malaria by voorbaat, veral as jy die laaste 2-3 weke in ‘n malaria area was.
Moet ook geen aspirine drink voor jy die bloedtoetse gehad het nie; dit verskuil die patogeen en dan sukkel bloedtoetse om dit op te tel.
Daar is apteke wat “diy” malariatoetse beskikbaar het. Hoe akkuraat hulle is, weet ek ongelukkig nie.

Francis ·

Baie sterkte vir julle….daar moet dalk meer ernstig na hierdie gebiede gekyk word…malaria is nie grappe nie….hoeveel sterftes nou al omtrent dit…..moet mense begin medikasie neem om liewer dit te voorkom…..wat staan ons te doen in hierdie areas??

Johann ·

Ons bid God’s vertroosting en ondersteuning julle toe, dit is baie hartseer om iemand so jonk af te staan. God sal vir u ‘n pleister op sit om die seer van binne te genees, onthou Hy self droog die trane van u oë af

dirwou ·

By die skool en gemeenskap in Wolmaransstad heers n stille hartseer vir ons onderwysers wat n tweede Jong kind aan die dood afstaan. Ons gebede is by julle ons rou saam met julle. Saam sal ons sterk wees.

Malie du Toit ·

So hartseer, drukkie van ‘n verstaan mamma wat ook al ‘n engelkie in die hemel het.

Cornelia 1 ·

Mag die Here julle in hierdie tyd van beproewing dra.
Hartseer saam met julle.

Katryn ·

Hulle kan maar se wat hulle wil!!! Die feite staan kop bo water uit!! Vandat Afrika terug gegee is aan hulle, is al ons harde werk: onderander, gifspuiterry gone to pods!!

celia tjaden ·

Stem saam dit is sooo duidelik! En ons boet met ons lewens dag vir dag! Hierdie jongman was net 21! My hart is gebreek. Innige gebede vir sy naasbestaandes.

Vra net ·

Wil nie onnodig kla nie maar kan hul nie dalk dood met oorlede vervang nie?

Sommer net verskriklik hartseer ·

Dit is somemr net verskriklik hartseer. Aan sy ouers en vriende, dink aan julle.

Bessie ·

Is jul dokters in SA vertroud met die behandeling van malaria??? Vra maar net.

Werner ·

My bekommernis OOK. Was hierdie pasiente wat gesterf het in staatshospitale? Dis 2017.

Slagyster ·

Vra net, of jy dood is en of jy oorlede is, maak geen verskil nie. Die is nie die plek vir so redenasie nie asb.

Varkie ·

Ag kalmeer slagyster, die persoon is oorlede en die lewe gaan aan vir die res van ons, as ons nie hier kan praat oor dit nou, waar moet ons?

Sonja ·

My innige simpatie aan al sy familie en vriende. Mag die Here julle dra in hierdie hartseer tyd… Net n vraag… Het breinvlies en malaria nie dieselfde simptome nie? Weet van n geval waar iemand nou opgeneem is vir malaria en 2 dae later vind hulle uit dit is beinvlies ontsteking….

Muriel Prinsloo ·

Baie sterkte Lampies en Estelle…. mag julle vertroosting vind!!

Neilia ·

Nee Werner life peglarae is nie n staats hospitaal nie maar n privaat hospitaal

bella ·

Dit maak my vreesbevange. Lyk my die nuwe tipe malaria is ongeneeslik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.