Jong Kapenaar se ‘moordenaar’ vas

Ameerodien Noordien (Foto: Gift of the Givers)

Die Wes-Kaapse polisie sê hulle het ʼn verdagte in hegtenis geneem wat na bewering verantwoordelik is vir die moord op Ameerodien Noordien ses dae gelede in Hanoverpark in die Kaapse Skiereiland.

Kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige vermeende moordenaar het voor die druk geswig van beamptes wat warm op sy spoor was en hom aan die polisie oorhandig. Hy sal na verwagting Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn.

“Ons ondersoek nog die omstandighede van die saak,” sê Traut, “en die moontlikheid bestaan dat die verdagte van nog gewelddadige misdade aangekla kan word.”

Noordien, ʼn vrywilliger van die liefdadigheidsorganisasie Gift of the Givers, is dood toe hy in die middel van twee bendes in Hanoverpark se kruisvuur beland het.

“Hoeveel onskuldige lewens sal dit nog verg?” wou Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, ná sy dood weet. “Hoeveel jong kinders moet nog gewelddadig en tragies sterf? Hoeveel ouers en broers en susters sal nog moet treur voor ons as ʼn nasie beslissend optree om bendebedrywighede, dwelmmisbruik en geweld hok te slaan?”

Die 20-jarige Noordien wou aan ʼn lewe van armoede ontsnap, het Sooliman gesê, sonder dwelmgebruik, bendebetrokkenheid, geweld; net eerlikheid, integriteit, harde werk en ʼn regmatige inkomste om vir sy familie te sorg.

Noordien het vroeër vanjaar kontak gemaak met Ali Sablay, projekbestuurder van Gift of the Givers in Kaapstad. “Ons het vrywilligers nodig, maar ons stel hulle aan as tydelike personeel wat betaling ontvang, aangesien talle van hulle uit armoede kom,” het Sooliman verduidelik.

“Die verskuiwing, verpakking en verspreiding van 300 houers gebottelde water en om voerbale in al die Kaapse provinsies af te lewer, het ʼn geleentheid geword vir jong mense soos Ameerodien om ʼn inkomste te verdien, die samelewing te dien, ondervinding op te doen en vaardighede aan te leer.”

Dié jong lewe is ʼn week gelede oënskynlik sinloos kortgeknip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

HPV ·

Dit is tragies, maar teen 57 moorde per dag gaan nog baie mense hul lewe in die anc regime se helhool verloor.
Simpatie en sterkte aan Noordien se familie.

Nita ·

There were a total of 17,284 reported murder and non-negligent manslaughter cases in the U.S.in 2017. Soveel moorde min of meer soos in SA in een jaar. Met n bevolking omtrent vyf keer groter as ons sin. Skande!!!

Anita ·

Ek is bly dat die man gevind is, die pyn wat hy die moeder aan gedoen het is erg, maar niks sal die seun terug bring nie en hy het vir sy moeder gesorg, Ek hoop dat iemand hierdie taak met liefde kan oorneem. Ook dank aan The gift of the Givers vir hulle bydrae aan die soekaksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.