ʼn Kind, vermoedelik sewe jaar oud, is in ʼn kritieke toestand ná ʼn taxi hom in Witpoortjie in Roodepoort raakgery het.
Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 15:40 in Oranjestraat plaasgevind.
“Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle gesien die kind het baie ernstige beserings opgedoen ná die taxi hom getref het. Hy is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas,” het Siddall gesê.
Die omstandighede rakende die voorval is nog nie bekend nie, maar die polisie ondersoek die voorval.
Die Taxi was seker haastig soos altyd.
Ja Muffin en aan die einde van die dag kom die taxidrywer weer skotvry daarvan af.
Ek het dit gesien gebeur en glo my die taxi het baie vinnig very.