Jong kinders sterf toe muur omval

Die toneel in Kennedyweg. Foto: Rescue Care

Twee jong meisies is dood nadat ʼn muur op hulle omgeval het terwyl hulle in die oprit van ʼn perseel in Clare Hills in Durban gespeel het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-nooddienste, het gesê paramedici is omstreeks 16:00 na die toneel in Kennedyweg ontbied. “Paramedici het absolute chaos op die toneel aangetref. ʼn Muur het op die drie meisies wat in die oprit gespeel het, omgeval en hulle vasgepen,” het Jamieson gesê.

Volgens hom het twee van die kinders ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die derde kind het matige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Die meisies wat oorlede is, was onderskeidelik vyf en sewe jaar oud. Die beseerde kind is vyf jaar oud.

Dit is in dié stadium nie duidelik wat veroorsaak het dat die muur ineengestort het nie. Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bok ·

Wys jou net die bou standaarde het baie agteruit ge gaan. Minderwaardige materiehaal word gebruik.

Mrs H ·

Die job was vir black empowerment punte uitgedeel… Dan val alles om! Nee, ek is nie n rassis nie, ek glo net in die regte vaardighede voor ons “kwotas” soek. DAN het jy MERIETE in alles!!!
So bitter jammer vir die jong bloeiseltjies se ouers en famillie. Baie sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.