Jong klomp sien hoe vliegtuig val

Die vlieënier is in die ongeluk dood. (Foto: Verskaf)

ʼn Groep matrikulante het Dinsdag glo gesien hoe ʼn sterk wind die vlerk van ʼn vliegtuig afbreek kort voordat dit in die Bronkhorstspruit-natuurreservaat neergestort het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn volwasse man, die vlieënier en enigste insittende van dié klein vliegtuig, is in die ongeluk dood.

Hermann Boshoff (57), ʼn inwoner van Villieria in die Pretoriase Moot, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy seun, Marcel (19), het saam met ʼn groep vriende by die gesin se vakansiehuis langs die Bronkhorstspruit-dam in Sunset Bay gekuier toe die ongeluk voor hulle afgespeel het.

“Die wind het gistermiddag lelik gewaai. My seun en sy vriende was op die boonste vlak van die drieverdiepinghuis en het gesien hoe ʼn sterk wind die vlerk van die vliegtuig omvou en breek. Kort daarna het die vliegtuig neergestort.”

Boshoff sê die voorval het sy seun, wat vanjaar aan Hoërskool Dirk Postma in Waverley, Pretoria, matriek geskryf het, erg ontstel.

“Hy het my gister omstreeks 16:00 gebel en vertel dat hulle die hele ding gesien het. Hy was skoon verbouereerd. Ek weet egter nie presies hoe laat die voorval plaasgevind het nie.”

Maroela Media het ʼn navraag in dié verband aan die burgerlugvaartowerheid (BLO) gerig en wag tans op terugvoer. Dit is dus nie duidelik of ʼn amptelike ondersoek al van stapel gestuur is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tipper ·

Nou ja nou weet ons hoe dit gebeur het,was nie n menslikke fout nie.

Cherokee ·

Tipper, om vlerk af te breek kan wel vlieëniers fout wees. Dit kan gebeur wanneer, soos in ‘n noodtoestand, te skerp te draai en stang te hewig terug te trek (styg) dieselfde tyd, en sodoende te veel g’s (swaartekrag) op die romp te laai. Soveel swaartekrag kan ook die vlieënier bedwelm.
As een g vergelyk word met een keer die vliegtuig se gewig, kan sowat +5g’s of -3g’s byvoorbeeld, hewig skade aanrig.

Wanneer jy in ‘n hysbak ry wat vinnig na benede daal, en jy voel asof jy effe van die vloer af lig, of dit styg vinnig en jy voel effens swaarder, dan ervaar jy plus en/of minus g’ s.

Cherokee ·

Daar is geen manier hoegenaamd om ‘n vliegtuig waarvan’ n vlerk afgebreek het, te hanteer nie.

Mundus ·

Twee Israeli F15 vlieëniers sal met jou stry. Soek die JyBuis vir ‘n video met “F-15 Lands with One Wing” – die aksie is by 3:40.

Cherokee ·

Het die video gesien. Laaank terug. Dankie dat jy dit noem. Dit was uiters uitsonderlik.

Hendrik ·

‘n F15 is eintlik n flying wing, sy vlerk oppervlakte is baie groot ivm die totale grootte van die vliegtuig. Dus minder krities as bv klein vastevlerk vliegtuig.

Hendrik ·

Ja, jy kan hom nie hanteer nie. Maar die wind kan nie n vlerk afbreek nie. Die vliegtuig weet nie daar is wind nie. Hy moes baie hoë G’s getrek het vir n vlerk om af te breek, of daar was n inherente probleem met die main spar van die vlerk. Dis soos n balk wat die hele lengte van die vlerk loop. Hy moes sekerlik meer as 8 G’s getrek het vir dit om te gebeur.

JAN ·

Sterk winde breek nie vlerke van vliegtuie af nie. Dit is juis die vloei van lug (wind) oor ‘n vlerk wat vliegtuie laat vlieg. Waarskynlik ‘n tegniese oorsaak of die vliegtuig se perke is oorskry. (“over-g”)

madels ·

Elke keer as ek hoor van n vliegtuig wat val dan wonder ek of daar nie gepeuter word met die vliegtuie nie want wie, ek het nog nooit van so erl vliegtuie gehoor wat val nie. Hier is soveel duistere dinge wat in hierdie land gebeur dat ek nie sal verbaas wees as dit wel deur na gepeuter aan die vliegtuie is wat hulle val nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.