Jong ma, 2 kinders brand dood

Argieffoto ter illustrasie. 

’n Jong ma en haar twee kinders het Donderdagaand in hul skuiling buite die Strand in die Wes-Kaap doodgebrand.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, het aan Maroela Media gesê die voorval het in die Nomzamo- informele nedersetting plaasgevind.

Volgens Carelse is nooddienste laataand na ’n brand in Nombulastraat ontbied. Daar was by hul aankoms op die toneel geen teken van die inwoners van die skuiling nie.

Die brand is teen 00:10 geblus waarna die liggame van ’n 22-jarige vrou en haar twee kinders in die puin aangetref is. Die kinders was onderskeidelik twee en ses jaar oud.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium onbekend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.