Jong ma deur ‘polisiebeamptes’ ontvoer

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Jong ma wat deur twee mans, wat hul glo as polisiebeamptes voorgedoen het, ontvoer is, is ongedeerd gevind.

Die 30-jarige vrou is Dinsdag by haar huis in Atteridgeville, wes van Pretoria, ontvoer. Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die ontvoerders met die slagoffer se broer kontak gemaak en ’n losprys geëis.

Die vrou se motor is later die dag deur ’n motoropsporingsmaatskappy gevind. ’n Multidissiplinêre span van die polisie, onder wie beamptes van die nasionale misdaadintelligensie-eenheid en die taktiese reaksie-eenheid, het onmiddellik ’n grootskaalse soektog na die slagoffer van stapel gestuur.

“Die slagoffer is kort na middernag in ’n plakkershut in Kgabalatsane in Noordwes gevind waar sy deur een van die ontvoerders aangehou is.”

Die vrou is gered en met haar familie herenig, terwyl ’n 27-jarige man in hegtenis geneem is. Die polisie is steeds op soek na sy vermeende makker.

Genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die multidissiplinêre span geloof wat onverpoos gewerk het om die vrou te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek het ‘n kollega wat ontvoer en vir 3 dae aangehou is sodat die skelms elke dag die maksimum bedrag uit sy bank rekening kon trek ,dit was meer as ‘n jaar terug en hy het nog niks van die polisie ondersoek gehoor nie ,is daar dan ‘n verskil tussen huidig en voorheen benaadeeldes as dit by geregtigheid kom?

Di ·

Natuurlik, lees maar net die nuus elke dag dan besef mens dis so duidelik soos daglig

Naomi ·

Geen verskil nie…..dink jy regtig hul ondersoek en jy gaan ook niks hoor nie..

Pieter ·

Die s.a.p is net so sleg en skelm soos die anc regering vir wie hulle werk. Die anc moet die polisie betaal uit hulle eie rekening uit. Hoekom moet die belasting betaler die klomp sleg en skelms betaal vir wat.

Swerwer ·

Gemors………………………..Hoed jy moet wakker skrik !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.