Jong ma glo in kraamsaal verkrag

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige meisie in ʼn hospitaal in die Oos-Kaap verkrag het.

Kapt. Dineo Koena, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer is glo Maandag omstreeks 9:15 in ʼn hospitaal in Mthatha verkrag.

“Die verdagte het hom glo as ʼn dokter voorgedoen en na die saal waar die slagoffer behandel is gegaan onder die voorwendsel dat hy haar moet ondersoek. Die slagoffer het Sondag geboorte geskenk.”

Volgens Koena het die verdagte glo die slagoffer opdrag gegee om haar klere uit te trek sodat hy haar kan ondersoek. Sy is toe glo verkrag.

Die polisie is na die toneel ontbied en die verdagte is omstreeks 12:30 in die hospitaal in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Mrs.B ·

Goeie genade, ek het nie woorde nie. Nie eers veilig in ‘n hospitaal nie. Sterkte aan die jong mamma. Asof sy nie genoeg het om mee te deel met ‘n baba op 17.

Smirre ·

Verkragting van vroue en veral swakkeres soos ouer vrouens en jong dogtertjies is ‘n diepliggende verpesting in die samelewing. Dit lyk of dit net erger word want groter persentasie van verkragters kom weg daarmee.

Pieter ·

Jy kan dit nooit doen nie, want so baie vrouens lieg oor dit net om die man te prober seer maak.

M ·

Nee doodstraf is teveel genade!! Kastreer dit wat hom gepla het sodat hy daad gepleeg het en vir die res van sy lewe sonder dit moet klaar kom!!! Hoekom moet slagoffer vir res van haar lewe met daardie daad saamleef!? Geen berading sal dit ooit uit haar verwyder!!!

Elize ·

En daar was geen verpleegpersoneel of enige ander dokters in die omgewing nie?

tamboti ·

Nee Elize, hul is baie besig om so min as moontlik te doen vir so lank as moontlik tussen etes en tee. Hul eet sommer die pasiente se kos- het al gesien, en slaap in die linne kamers.

thelsa ·

Sanna ek is nie seker watter berig jy gelees het nie. Lees dalk weer die berig en besin oor jou kommentaar

Santjie ·

Ria? waar kom jy aan “ongebore baba”? – die berig se tog baba is Sondag gebore en die ma is die Maandag verkrag? – met die res stem ek heelhartig saam met jou. Die “dokter” is skynbaar ook baie arrogant as hy na die verkragting nog steeds in die hospitaal rond gehang het en toe gearresteer is.

HESTER NEL ·

Moontlik het die verpleegpersoneel iewers gesit en slaap, daarom niemand in die omgewing gewees nie. Wat is besig om te gebeur in ons Land?
Al wat ons nog kan vashou aan is aan Jesus se omgee en liefde.

MJ ·

Een opskrif lees ‘Motoris verkrag.. vra polisie om ID te wys as jy gestop word’, nog ‘n opskrif.. ‘6-jarige in gesins-restaurant verkrag’.. En nou die een.. ‘jong ma glo in kraamsaal verkrag’.. Hoe siek is die mense in ons land! Dis al wat ons heeldag sien en hoor.. verkragtings…

AG ·

Soveel mense vra hoe het ons land so siek geword? Een verkragting na die ander een! My eerlike opinie – Dit begin by die sogenaamde onskuldige pornografie wat ons mans so graag kyk (moet net nie dat my vrou-lief uit vind nie, want sy gaan flip!!) en vrylik beskikbaar is op die internet. Dit begin by die ma wat vir haar laerskool seuntjie ‘n selfoon gee, met “free WiFi”. Dit begin by die nuuskierigheid, dan net nog een keer, of wag, ek het nie geweet jy kan dit of dat….dan word dit ‘n gewoonte, en dan is dit mos nie meer snaaks nie! Dan moet daar gesoek word na meer “ extreme” goed om na te kyk….dan begin jy fantaseer en nie baie lank daarna, ontwikkel jy ‘n opsessie……Gooi my maar met klippe, maar is dit nie dalk ‘n logiese verduideliking nie! Dis mos so onskuldig….of is dit? Ek voel so jammer vir die kind, want om op 17 ‘n mamma te word is al klaar ‘n groot uitdaging vir ‘n dom fout! Nou nog deur ‘n siek monster te verkrag te word, en haar liggaam nog herstel van na die geboorte….. my hart bloei vir die kind!

KP ·

SIEK, SIEK,SIEK dit is van om op te gooi. Wat gaan van hierdie eens pragtige land word??????????

aanhitsing ·

Die vark het dit dus beplan – soos wat jy ‘n moord beplan?
Hy sal dit weer doen – waarom borgtog gee? Borgtog is aanhitsing tot geweld. – Hulle gee hom dus nog ‘n kans om nog te gaan verkrag.

Jacques ·

Die probleem is dat sommige mense die mentaliteit het van hy vat wat hy wil he , of dit reg is of nie . Dit is opreg Afrika optrede . Sterkte aan die meisie .

Trots Afrikaans ·

Dankie Rama en kie vir julle “Suid Afrikaanse” manier om probleme op te los. Ons kan sien dit werk ……..

Vertel maar vir Trump daar is nie plaas moorde of verkragtings in RSA nie.

Anoniem ·

Siek veeby mense nie eers veilig in n hospiraal meer nie !!!

Elsa ·

Dit is regtig om van naar te word en ek kan net vra wat gaan met die mensdom aan? Ons pragtige land is nog net so pragtig, maar die mense wat daarin woon, is besig om sielsiek te word.

Spark Plug ·

Daar is nie verpleeg personeel op diens gewees nie, hulle kom eers later in na die hospitaal. Enige persoon kan dokter-dokter speel want jy kan in en uit stap soos jy wil

Sterretjie ·

Ek dink vrouens moet toegelaat word om pepper-spray saam met hul te he in plekke soos hospitale. Wat as jy alleen in n saal le en daar kom n man en verkrag jou. Hy se hy is jou naas bestaande. Hul laat hom in. Jy kan hom goed spuit. Hul moet dit kan toelaat.

Boer ·

Nou stel jou nou voor as die nuwe nasionale gesondheidssorg skema op ons af gedwing gaan word…..

Elsa ·

Hierdie verkrag ting is erger as n kind wat n kind het op 17. Albei n groot NEE

Dina ·

Hoe siek en afvallig het sonde die mensdom tog nie gemaak nie. Mag die Here genade oor ons hê.

Baie bekommerd ·

Dit verwys weereens terug na die swak leierskap van die land. Alles in hierdie land gebeur agv die sosio-ekonomiese probleme en gaan net erger raak as die land nie onder beheer gebring word nie.

Genoeg ·

Nee Sterretjie, weet nie of jy al ooit Pepperspray gebruik het nie, maar ek sal dit nooit weer gebruik nie, want die boosdoener is net vir ‘n wyle aan die stik terwyl jy vir lank nog na asem snak en met traan oë staan. Gebruik Zeb Oondreiniger. Dit is baie meer effektief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.