Jong ma tronk toe na sy baba vermoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Jong ma wat erken het dat sy haar sewe maande oue baba vermoor het, is Woensdag in die Pietermaritzburg-hooggeregshof tot ‘n effektiewe ses jaar tronkstraf gevonnis.

Nompumelelo Nyati (18) het aan die hof gesê dat haar disfunksionele familie haar mishandel het nadat sy haar regeringstoelaag van R300 vir drie maande nie ontvang het nie.

Sy het erken dat sy haar baba doodgemaak het kort nadat die kind se pa se familie geweier het om na die kind om te sien.

Regter Thoba Poyo Dlwati sê Nyati se gedrag kan nie geduld word nie aangesien kinders liefde moet kry en versorg moet word.

Dlwati het egter bevind daar is omstandighede vir Nyati om ‘n ligter vonnis te kry. Nyati is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar opgeskort is.

Die omstandighede wat in ag geneem is, is die feit dat Nyathi skuldig gepleit het, berou getoon het, haar ouderdom en omdat sy nie ‘n goeie verhouding met haar familie het nie.

Dlwati sê die moord is nie met voorbedagte rade gepleeg nie en dat Nyathi ‘n goeie kandidaat vir rehabilitasie is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Zoro ·

Hierdie kan ‘n les wees vir Oscar. Sy saak kon lankal afgehandel gewees het as hy van die begin af eerlik was.

BohimianGirl ·

Ek wens mense wil net ophou die Oscar saak met alles verbind!! Dis belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.