Jong ma van Durban het glo baba verwurg

Argieffoto

WAARSKUWING: Besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn 24-jarige vrou is in hegtenis geneem ná ʼn pasgebore baba dood aangetref is in ʼn vullisblik in Cato Manor in Durban.

Die polisie is Saterdag na die woonstelblok in Candellaweg ontbied. Lede van die gemeenskap het op die liggaam van ʼn pasgebore baba afgekom. Die seuntjie was in ʼn blou hemp toegedraai en is in ʼn munisipale asblik geplaas.

Verdere ondersoek het hulle na ʼn spesifieke woonstel gelei. “Hier het beamptes die grusame ontdekking gemaak van die naelstring in ʼn emmer. Die baba is gewurg en weggegooi,” het die KwaZulu-Natalse polisie in ʼn verklaring gesê.

Die 24-jarige vrou is in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Maandag in die Durban-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
jinny jualinda

Of jy n baba vermoor nadat hy/sy die eerste lig aanskou het, en of jy n aborsie ondergaan, dit is presies dieselfde; Moord. Voorkoming is beter as genesig, gebruik geboorte beperking, dit is orals gratis beskikbaar.

EO

Nog ‘n onskuldige lewetjie wat geneem is. Hoe kan ‘n mamma so iets doen? Maak nie saak wat die omstandighede is nie. Hoop sy kry ‘n massiewe straf!!

Chantel

@jinny jualinda, nee moenie veralgemeen nie. Wat hier gebeur het is baie tragies. Maar jy kan nie aborsie onder hierdie selfde berig kam nie. Hoe weet jy watter omstandighede sommige meisies / vroues swanger geword het. REGTIG herdink asb jou antwoord hierop.

Janc

Die feit dat dit wettig is om vir ‘n aborsie te gaan, het sekere kanale oopgemaak vir vroue om te doen soos hierdie berig nou aandui. Ek verstaan daar is situasies soos bv vergragting (waar ‘n vrou absoluut geen beheer gehad het vir die swangerskap nie) wat ‘n uitsondering is, maar om onverantwoordelik te wees is ‘n ander storie. Daar is baie verskillende voorbehoedmiddels op die mark vandag.