Jong man aangekla ná ma verdwyn, lyk gevind word

(Foto: SA Polisie)

ʼn 28-jarige man sal Maandag in die Knysna-landdroshof verskyn op aanklag dat hy sy 59-jarige ma vermoor het.

Die vermoorde vrou is verlede Maandag as vermis aangemeld nadat sy glo die Vrydagaand voor dit die laaste keer lewend gesien is.

Volgens kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, is die vrou se liggaam Dinsdag deur ʼn lid van die gemeenskap in die bosse tussen Alamein- en Stroebelstraat in Hornlee gevind.

Die vrou se seun is Vrydagaand deur lede van die gemeenskap aangekeer en aan die polisie oorhandig.

ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die presiese oorsaak van die vrou se dood te bepaal. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die gesamentlike pogings en samewerking tussen die polisie en gemeenskap geloof wat daartoe gelei het dat die beweerde oortreder vasgestrek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swerwer ·

Hoe op aarde vermoor jy iemand, die ergste nog sy Ma. Doodstraf asseblief, dit is wat onmiddelik weer ingestel moet word om hierdie moordenaars te laat boet vir hul dade.

Marcello ·

Onthou….Knysna is maar ‘n moordenaars-paradys. As jy gaan kyk na statestieke is Knysna van die hoogste in die land.

Di ·

SKUIM van die aarde! Tot en met die doodstraf nie terug gebring word nie, gaan dinge net erger raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.