Jong man beroof op pad na kleinhoewe

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man is deur vier mans beroof toe hy ʼn rygeleentheid van Rustenburg na sy huis op ’n kleinhoewe buite die dorp aanvaar het.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê die voorval het Saterdag omstreeks 18:30 plaasgevind.

“Die slagoffer beweer hy is ʼn rygeleentheid van Rustenburg se sakesentrum na sy blyplek op ’n kleinhoewe in die Donkerhoek-omgewing aangebied,” het Moleko gesê.

“Terwyl hulle op pad na die kleinhoewe was, het een van die verdagtes ʼn vuurwapen op die slagoffer gerig en hom gedwing om sonder sy besittings uit die voertuig te klim.”

Die man het die motor verlaat en sy sak met ʼn onbekende hoeveelheid kontant, klere, ʼn bestuurderslisensie en ʼn identiteitsdokument agtergelaat.

Die Rustenburg-polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

In vandag se dae met al die elemente daar buite aanvaar jy nie so n geleentheid nie jongman.

JoeV ·

As die persoon nie weldoeners geken het nie was dit erg dom van hom om in saam te ry? Mens ken nou ook nie ‘n ander se nood nie maar stap liewer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.