Jong man by musiekfees vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man is Sondagaand by ʼn gewilde radiostasie in KwaZulu-Natal se musiekfees in Durban vermoor.

Na wat verneem word, is die 19-jarige man, vermoedelik van Newlands-Oos net buite die stad, omstreeks 19:20 vermoor ná afloop van EastCoast Radio se Durban Day-musiekfees by die People’s Park by die Moses Mabhida-stadion.

African News Agency berig ooggetuies het glo ʼn geskreeu gehoor. Toe hulle gaan ondersoek instel het, het hulle die man op die grond aangetref. ʼn Omstander het tevergeefs probeer om die jong man by te bring. Beamptes het vinnig die toneel afgesper terwyl die nooddienswerkers behandeling toegepas het. Die seun se ouers was kort daarna op die toneel.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig en gesê die Durban-Sentraal-polisie ondersoek ʼn saak van moord. “Die man is in die bors en linkerarm gesteek. Die rede vir die aanval is onbekend,” het Naicker gesê.

EastCoast Radio het in ʼn persverklaring gesê hulle is verpletter deur die nuus.

Boni Mchunu, die stasiebestuurder, het Maandagoggend op bewerings gereageer dat veiligheid by die fees nie na wense was nie en gesê die stasie is “obsessief oor veiligheid”.

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

AmY ·

En dan wil hulle Huisgenoot Skouspel in Soweto hou? Nee dankie.

Seookmanet ·

Dit is wat gebeur as jy op ‘n Sondag wil musiekfees hou!!!!!!!

Bruno Stef ·

Ek kan dit bevestig dat die stadion binne loopafstand van die groter Soweto is en dit kan verwag word dat alle oppertuniste in getalle gaan toeslaan.Probleme gaan met die parkering en inbrake asook Hi-jackings ontstaan . So die publiek wat wil gaan moet maar goed voorsorg tref en katvoet loop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.