Jong man dam skoonpa met mes by

Rusa-lede is omstreeks 22:15 na die huis in Mapleweg in Trenance Park ontbied [Foto: Verskaf]

ʼn Man is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo sy 47-jarige skoonpa in ’n huis in Amaotana, noord van Durban, in KwaZulu-Natal doodgesteek het.

Dilo Subramoney Pillay is na bewering 12 keer met ʼn mes in die rug, gesig en bors gesteek.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), is Rusa-lede omstreeks 22:15 na die huis in Mapleweg in Trenance Park deur ʼn inwoner van dié woonbuurt ontbied. By hul aankoms by die huis het hulle Pillay in ʼn plas bloed in die gang aangetref. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Balram sê volgens inligting het Pillay en sy vrou die aand ʼn woordwisseling gehad, waarna die skoonseun – iewers in sy 20’s – ingegryp het en Pillay herhaaldelik met ʼn mes gesteek het.

“Die skoonseun het daarna gevlug, maar later weer teruggekom toe nooddienste nog op die toneel was. Sy klere was deurdrenk met bloed,” sê Balram.

Die skoonseun is in hegtenis geneem en is tans in aanhouding by die Verulam-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Swerwer ·

Ag genade tog, wanneer gaan hierdie landsburgers ophou om mekaar uit te moor. Hul behoort hierdie nuwe Nasionale sport “Moord” te verban in ons land.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.