Jong man deur honde verskeur

Ruan van Staden (Foto: Ruan van Staden/Facebook)

ʼn Begrafnisdiens sal Donderdag plaasvind vir Ruan van Staden (20) wat dood is toe hy deur twee honde aangeval is.

“Hy was op 4 April omstreeks 11:00 alleen by die huis in Ermelo, Mpumalanga, toe die honde hom aangeval het,” het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media gesê. “Die twee honde, Bullmastiffs, behoort aan Ruan se pa, maar hy was nie tuis tydens die voorval nie.”

ʼn Buurvrou het ondersoek ingestel toe sy geluide gehoor het en ʼn waarskuwingskoot in die lug gevuur om die honde af te skrik, maar dit het nie gehelp nie. “Lede van ʼn plaaslike sekuriteitsmaatskappy, ACSU, is ontbied. Hulle het die honde van kant gemaak, maar dit was te laat om Ruan se lewe te red,” het Hlathi bygevoeg. “Hy het aan sy beserings beswyk.”

Dit is nog nie duidelik waarom die honde Ruan aangeval het nie.

Die diens word op 11 April om 10:00 in die Pinkster Protestante Kerk in Genl. Hertzogstraat in Ermelo gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Msp ·

Bittere slegte nuus. Ek dink in die moeilike tyd aan die ouers, familie en vriende.

Helena. ·

Dis darem baie tragies..hoe voel n ouer om sy jong seun so af te staan aan die dood. Honde is ook nie altyd n mens se beste vriend nie. My innige meegevoel.

Sê Maar Net ·

Honde val nie sommer iemand aan wat hulle ken nie. Daar moes defnetief ń rede gewees het.
My hart gaan uit na die jongman se ouers.

Abe ·

Se Maar Net,
Die rede wat jy na soek is dat jy verkeerd is: honde val mense aan wat hulle ken

Anoniem ·

Dit gaan oor die tipe hond, sekere honde soorte is net eenvoudig te gevaarlik om as troeteldiere aangehou te word.

Nee ·

Nee, ek is baie lief vir diere en het nog nooit enige skade aan diere gedoen nie, maar was wreed aangeval deur my vriend se pitbull wat ek elke dag gesien het.

Vicky Alberts ·

#se maar net……Honde val nie sommer mense aan wat hulle nie ken nie? Waar kom jy aan die stelling? Honde klein en groot het al menigte mense aangeval wat hulle juis ken! Honde is geneig om aggresief te raak as hulle geirriteerdwarm,honger,dors en siek voel. Dan “hap” hulle. Hulle kan nie soos n mense verwoord dat hulle ‘kwaad’ raak nie. Honde is onvoorspelbaar,van die kleinste tot die grootste.

Abe ·

Anoniem,
Ons weet almal watter tipe honde dit is. Daarom is dit krimineel vir enigiemand om so n hond aan te hou.

sweis ·

Pitbulls is verseker agresief, ek weet van n paar mense wat tot die verbasing van hulle eienaars aangeval en geskend is deur die saggeaarde goed gemaskerde hondjies.

Abe ·

Se Maar Net,
My opinie is dat die eienaar van die honde aanspreeklik is vir die dood van die jong man. Ek het baie simpatie met hom hy het n vreeslike dood gesterf.

Ai tog ·

Lees asb die berig dit was Bullmastiffs wat hom aangeval het, niks in die berig noem iets van n pitbull nie. Genade die arme Pitbulls is ook konstant in die moeilikheid al is hulle nie eers betrokke is nie.

Esta venter ·

Stem saam iets moes gebeur het dat die honde sommer net aageval het.

Sylvia ·

Honde val beslis mense aan wat hul ken. Selfs honde wat indie huis groot geword het, sal vir nuwe babas in die gesin gaan. Wees altyd waaksaam waar honde is. Al is dit jou eie. Hoe lui die spreekwoord? Makste honde byt die seerste.

BULLMASTIFF ·

julle lees almal soos julle alies . dit is BULLMASTIFFS .. nou gaan julle aan oor PITBULLS . te vreemd dat daar altyd ‘n honderas is wat die skuld moet kry, eers was dit Dobermans, toe is dit Rottweilers, toe is dit Pitbulls . julle lees nie eers die berig klaar nie en gee klaar PITBULLS die skuld …

JP ·

My innige meegevoel met R se familie, dit wys weereens die soort diere is lewens gevaarlik

Lizelda ·

Sweis… as die veldkatte kleintjies kry gaan dit OOK Pitbulls se skuld wees. Ons praat nie nou van Piitbuls nie maar Bullmastiffs, so los die pitbulls net n bietjie uit asb…

Nettie ·

Ai, hier gaan sommige kommentators al weer aan oor PITTBULLS, terwyl dit BULLMASTIFFS was wat die arme jong man aangeval en doodgebyt het.

Enige een wat dink dat jou “liefie-woef” jou NIE sal aanval as jy hom seermaak, hy kwaad raak, geterg word, honger, dors, warm of koud is nie, DINK NOG ‘N KEER. Vir ‘n hond – groot, klein, Alsatian, Pittbull, Rottweiler, Malteser, straatbrak … watookal – is jy nie ‘n MENS nie, maar net nóg ‘n lid van die “pack”. En as jy moeilikheid gaan soek, die hond slaan of terg, skop na dit, dit met iets gooi, die hond geïrriteerd of opgewerk is oor iets anders, dan GAAN DAARDIE HOND BYT en hy/sy GAAN BYT om seer of dood te maak. Primêre instink. Dis wat dit is.

Die meeste honde sal níé hul eienaars of lede van die gesin byt tot naby die dood nie, maar as hulle ge-“trigger” is deur iets en in “pack” verband (m.a.w. meer as een) optree, byt hulle dikwels tot die dood toe. Dit het freaking will NIKS uit te maak met die soort hond nie – selfs jou straatbrakkie of Pekingese kan vrek seer byt; dis net – met groter honderasse, is die beserings dikwels fataal. Wat wel ‘n verskil KAN maak, is hoeveel daardie hond gedissiplineer is, al dan nie.

Abe ·

Jy kan net sowel n tier in jou agterplaas aanhou, as bull mastiff honde.

Michelle ·

Dit was nie Bullmastiffs nie dit was Boerboelle sover ek weet.

HPV ·

Nog ‘n mens wat nie so moes sterf. Meegevoel met familie.
Die regte besluit is deur die sekuriteitsmaatskappy geneem om die honde te skiet, geen verdere gevaar vir onskuldige mense.

RHG ·

Ek is ‘n katmens en ken nie regtig honde nie. Ek was nog nooit bang vir ‘n hond nie.
Ek wonder net of honde anders optree as hulle alleen of meer as een is? Val hulle makliker aan as twee op die werf is?

Nettie ·

@RHG – beslis. Honde is “pack animals”. Wat die een doen, doen die ander. Daarom is dit belangrik om – as mens en eienaar van die honde – die “alpha dog” te wees en jou honde moet dit besef. Ek het ‘n “good mix” van honde: Rottweiler, Alsatian-Labrador Cross, Alsatian en groot Fox Terriër. Almal teefhonde. Almal gesteriliseer. En ALMAL verskriklik kwaai. Maar EEN woord van my en daai honde is soos lammetjies. Maar glo my, hoewel ek dit nie wys nie, is ek altyd bedag daarop dat daai Rottweiler dit eendag in haar yslike kop kan kry om my te hap.

Piet ·

Is die berig korrek? Volgens ander bronne het n vriend probeer help. Hy en n ander persoon het toe die honde geskiet.

Boerboelle ·

Mense wat die honde geken het beweer dis boerboelle. News 24 se berig het fotos en beweer ook dis boerboelle.

Wanda ·

Hulle het ook gesê dit het in Durban plaas gevind.So wie glo mens?

Boerboelle ·

Nee my mense en jou mense is duidelik nie dieselfde mense nie Wanda. Glo maar my mense..

Skye ·

Dit is baie tragiese nuus. RIV, Ruan. Maar aan die anderkant maak party mense se kometaar ook nie sin nie. Moenie altyd die skuld op die ras sit nie. “Bully breeds” is nie die enigste gevaarlike honde nie. Kom nou. Dit gaan alles oor hoe mens die hond groot maak. Kom ons flous nie onsself nie. In vroeër jare was die German Shepherd, Doberman en Rottweiler blameer.

Helene ·

Skye jy kon dit nie beter verwoord het nie. Dit gaan vir my hoe eienaars hulle honde dissiplineer en grootmaak. En dan het die mense ook nie regtig die kennis vir ‘n spesifieke ras nie. Toe ek my eerste bullterrier koop, het die teler vir my gesê “gaan lees meer oor die bullterrier, voor jy ‘n besluit wil maak. Ek het al vier gehad, mal oor die ras. Wonderlike honde. Alles hoe jy die hond “lees”.

Abe ·

Skye,
Daar is gevallestudies gedoen in Amerika en meer as 40 honderasse wat geristreer is op die skou-stoet boeke as rasse, is geidentifiseer as potensieel lewensgevaarlike honde om aan te hou.

Alida ·

Dit is baie baie tragies. Ek hoop nie almal le nou weer n eier en ontlok n stryery oor honde maniere nie. Dit is holrug gery. Simpatie met die kind se ouers dit is baie hartseer.

Tania ·

Hoor deesdae van baie sulke stories! Baie sterkte aan familie!!

Delani ·

Ek glo as jy twee of meer sulke sterk Ras honde het, is die kans groter, want hulle bly in n “pack” en kan dan maklik aanvaar, maar ENIGE hond Kan byt. Innige simpatie met familie

Madeleine ·

Baie jammer om te hoor mag die seun in vrede rus en my hart gaan uit na sy ouers.

In die stukkie hier bo se dit, dis bullmastiffs? Maar ek sien dat mense nogsteeds die “pitbull” op bring…

Mense moet begin ingedagte hou dat sekere honde rasse slegs 1 persoon aanvaar as baas en slegs een persoon aanvaar.
Ek het n pittbull en n alsation albei ewe kwaai en daarom sal ek nooit my honde laat los loop wanneer ek weet iemand kom kuier (al ken my honde die persoon) my honde het ek nou vir amper 7 jaar al, nog nooit na my gegryp of geknor en hulle albei kry ewe hoeveelheid liefde en aandag.

Die beste advies is maar om seker te maak jou yard is veilig as jy weet iemand gaan kom kuier of in jou tuin werk, mens weet nooit wat in n hond se kop aangaan, hulle het ook moodswings so maak seker jy ken jou hond!

Namibia ·

As jy ‘n hond se onderkaak vasgryp met jou duim onder sy tong en ander vingers onder sy ken, kan hy nie byt nie. As hy byt of eet, beweeg net sy onderkaak

Andreas ·

Namibia, jy kan gerus die bull terrier vasgryp soos jy beduie. Ek sal nie daai een waag nie. Soos in my kommentaar onderaan die ander artikel het ek hom met die regterhand agter die nek en die linkerhand onder die bek aan die keel gegryp, terselfdertyd het ek hom heel van die grond af gelig. Magteloos was hy.

Andreas ·

Nou is ek een van die liggelowiges wat nie die kans sal wag nie, ek hou eerder my hand so ver moontlik van daai haaikake af weg.

Tante ·

my kat het my al 3 keer in sy 18 jarige lewe gebyt as ek haar gevryf het,ek vermoed sy het geirriteer geraak ek vertou haar nou nog gladnie ek vryf haar net kort rukkie en dis klaar,as sy net gebyt het kon ek verstaan maar sy het gebyt en ruk en pluk jou of sy jou wil doodbyt enige dier kan byt behalwe vissies sonder tande??

marco polo ·

Toemaar Tante, as jy kat reeds 18 is, gaan hy jou nie meer lank byt nie, dan kan jy n nuwe katjie kry.

Nettie ·

@Namibia …. ek dink ek sal maar soos Andreas maak …………………. dit eerder NIE waag om my hande of vingers in ‘n woef se bek te druk nie. Dis te kosbaar vir my …………..

Boet Fasie ·

Die probleem met enige dier vernaamlik honde, is wanneer die hond voel hy kan die perseel en inwoners domineer om sy stempel af te druk, enige dier moet met liefde maar tog streng behandel word sodat hy weet wie die baas is.

Ironie ·

My inige meegevoel.
Diere het maniere….. Hulle sal doen wat hul instink is…. opvoeding omstandighede uitgesluit. Ek laat 110 maal ‘n Dobermann Pincher vry in my werf as enige iets anders.

Rina Coetzee ·

Ons innige simpatie aan die ouers van hierdie jongman. Wat n wrede dood om te sterf. Dis maar beter so dat Oubaas se manne die honde van kant gemaak het …. .

Ekke ·

So so tragies! Arme familie! Lees ook verwante berigte….meestal pittbuls en Amerikaanse veghonde! Nee dankie, sal maar by my Labrador hou.

Abe ·

Ekke,
Daar is etlike gedokumenteerde gevalle waar labradors mense dood gebyt het.

Lititia ·

Ongelukkig is hier baie meer agter die storie as wat mense weet. Partykeer moet n mens maar net meer sorgvuldig honde uitplaas, verkoop aan mense . Nie almal kan met groot ras honde werk. Ek sal graag met Maroela media buite die forum n gesprek wil voer.

Karolis ·

Hoop die buurvrou lees hier, jy skiet ‘n waarskuwingskoot in die grond of na die grond se rigting of teen ‘n boom maar nie in die lug in nie. Kan baie gevaarlik en met nagevolge wees.

Ansoniem ·

Karolis.. Waarskuwing skoot? Sy moes die honde skiet.. Enige mens se lewe is meer werd as n dier.. Vandag se mense sal n hond se lewe meer prys gee as mens n mens se lewe

Karolis ·

Ansoniem, ek het net kommentaar gelewer met die klem op die berig se bewering dat die persoon ‘n waarskuwingskoot in die lug geskiet het, wat volgens my ‘n baie gevaarlike besluit was. Jy skiet nie blindelings in die lug op nie.
Die res van jou kommentaar was nie van toepassing nie alhoewel ek met jou saamstem.

Abel ·

Shoe dit is verskriklik….. baie simpatie met die ouers en geliefdes, rus in vrede seun..

Dis seker moontlik dat die honde dalk baklei het en hy probeer het hom hulle uitmekaar te kry!! maar nietemin ons sal seker nooit weet wat hier gebeur het nie. Baie hartseer storie!

Lettie ·

Di soort diere. Jy het gelees dis bulmastives(boerbulle) los di pittbulls bietjie uit.

Mariette ·

Ek wil net graag namens die familie dankie se vir die mense wat opregte medelye betoon. vir die ander wat iets te se het wat dink hul weet iets. Gun die familie tyd om te besin oor die tragiese gebeure. My neef en sy gesin gaan genoeg hartseer deur om nog julle vieslike opinies te moet aanhoor. Elkeen het die reg op ‘n opinie, ek weet maar regtig.. As jul as sogenaamde “Christene” iets goeds wil doen, bid dan eerder vir die familie. Ek dink dis tyd dat mense ophou om hul monde uit te spoel oor goed wat hul nie aangaan nie en eerder simpatie en empatie betoon aan ‘n familie wat bitter hartseer deurgaan.

Abe ·

Mariette,
Nou is ons opinies vieslik: wie is oorspronklik verantwoordelik daarvoor dat die honde die geleentheid gehad het om die man aan te val?

Joe ·

Tragiese gebeure. Honde tree op soos hul groot gemaak is. As jy jou honde agresief groot maak vir beskerming, moet jy weet daai honde gaan agresief wees.

MW ·

Agressiefste 2 honde by my huis is ‘n Chihuahua en ‘n Yorkie. Geen probleme met honde nie, behalwe my vriende se jong Labrador wyfie, wil nie met my vriende maak nie. Sy neem ‘n agressiewe houding aan tot net voordat jy ry, dan verander die hele prentjie. Moet keer of sy ry saam

Honde Ras ·

Dit is tragies. RIV. Die honde ras is verkeerd. Dit is 2 Boerboele gaan kyk op sy fotos. Bullmastiffs en Boerboele is verskillende rasse

linda limbo ·

ek’t so hier en daar die kommentaar gelees,
en almal kan bespiegel en praat en opinie gee……………..
die antwoord ken niemand!!!
ek self wonder wat met die honde aangaan deesdae nog nooit is so baie mense deur soveel verskillende rasse aangeval!

ek’t eendag sit en kyk hoe my boerboel my peganise aanval, een ooblik was alles perfek en toe bars alle hel los

REDE??

onbekend………..

RIV ou grote, jammer vir jou leiding mag Jesus jou styf styf vashou aan die PA van die prag seun, sterkte, jy gaan nooit hierdie kan verwerk ek bid vir jou!

Nettie ·

‘Skuus mense, ek moes nou vir linda limbo lag – sy het my “in limbo” gehad – peganise? Wat soort van ‘n hond is dit daardie????

Jy bedoel seker PEKINGESE ……………

T de Wet ·

Daar is nie probleem honde nie net probleem eienaars en dwase wat nie weet hoe om n
hond te hanteer nie

linda limbo ·

blykbaar weet jy ook nie waarvan jy praat nie,
daar is absoluut niks fout met my en daar was geen rede hoekom my
boerboel die weerlose peganise moes byt
daar was geen woede, agressie van enige aard of kos betrokke
(honde raak soos mense heletemal mal (kens) van hulle kop af!
EARTH AND EVERYTHING ON IT IS OUT OF BALANCE
hoekom dink jy nie voor jy praat!

Andreas ·

Waarskuwingskoot? Dit klink so bekend, so asof honde nou ook al inbrekers is.

honourable member ·

Niemand sal ooit regtig weet wat daar gebeur het nie. Dis baie tragies en niemand verdien om op so manier te sterf nie. Baie sterkte aan die ouers. Dis aie hartseer wat hier gebeur het.

Maak dit saak ·

Sover Ek weet is n Jong man 2 weke gelede deur dieselle Honde verskeur.het simpatie met die ouers maar hkm is daardie Honde Nie 2 weke gelede van Kant gemaak Nie.die man wat verskeur is het ook Amper Sy lewe verloor.

Vra maar net ·

Graag sal ek vra waar jy aan die nuwe inligting kom?

Drieks ·

Ja. Daar is man deur hierdie twee honde aangeval in laaste maand…

Lerato ·

Temperament is sterk oorerflik. As jy twee honde van dieselfde ras kruis en altwee is kwaai, kan jy verwag dat hulle kleintjies ook kwaai gaan wees.

Verder moet mens in ag neem dat rasse se temperament verskil. Daarom word Golden retrievers as gidshonde gebruik. Jy kan ook ‘n Golden retriever kry Wie se temperament nie reg is om gidshond te wees nie.

Die lyftaal van ‘n hond! Kyk veral as sy oë groen word. Dis die eerste teken. Verwyder dadelik dit wat hom irritreer.

Nettie ·

@Lerato – honde se oë wat groen word???????????

Nee, kyk, ek het darem al baie honde besit, maar nog nooit het enige van my honde se oë groen geword as hulle kwaad geraak het nie. Hulle PUPILLE vergroot wel en kry dan so ‘n blinkerige skynsel daarin, maar GROEN word???? Nee, ek dink nie so nie.

Kyk eerder na hoe die hond sy ore trek en of dit tande ontbloot of dalk hare het wat rys en ‘n stert wat regop staan. Dís nou vir jou gevaartekens.

Elsa ·

My innige simpatie aan hierdie gesin. Dis verskriklik tragies om jou kind so te verloor. Mag julle genade, vertroosting en krag van Bo ontvang in hierdie moeilike en hartseer tyd wat voorlê.

VanAfrika ·

Dit is die ergste erg wat met jou kind kan gebeur. Dit was familie honde en die ouers het gedink dis beskerming vir hulle en hul kinders. Ek dink nie die ouers sou so agterlosig gewees het deur kwaai honde om hul kinders los te laat nie. Die vrees in sy laaste oomblikke moes verskriklik gewees het. Hê simpatie vir hierdie familie. Dis n tragedie wat nie moes gebeur het nie.
My innigste simpatie aan die ouers. Ek bid dat onse Liewe Heer vir julle mettertyd sal berusting bring.

Verstaan nie ·

Die program “A 1000 ways to die” kom in my kop op, daar is soveel maniere waarop ‘n mens jou lewe kan verloor, soveel gevaar om ons. Hoe sal ons weet hoekom en waarom iemand so tragies sy lewe moes verloor. Dit kan enige een oorkom, wees sag met die kritiek en opinies, moenie sê dit sal nooit met my gebeur nie. My innige simpatie met die jongman se geliefdes.

Andrea ·

Wat ‘n verskriklike dood moes dit nie wees nie. So bitter baie jammer vir jou, pragtige jongman. Mag die Here die familie ondersteun en vertroos in hierdie moeilike tyd. Baie simpatie en sterkte.

Maak dit saak ·

Vra maar net.want dis my seun.en daars niks aan daai Honde toe gedoen nie!!!!

Naomi ·

Verduidelik net gou vir my hoekom sê sommige idiote hierop dat ñ mens se lewe meer werd is as ñ dier s’n? Wat maak ñ mens meer “worthy”?? Niks. Dis daai belaglike idee dat die lewe van een meer kosbaar is as ñ ander wat die wêreld so aaklige plek maak. Kry jul koppe reg. Dit gesê, baie jammer om te hoor van die tragedie. Ek hoop die familie en die man vind vrede. Dis ñ tragiese ongeluk. Sulke dinge is altyd ñ risiko wanneer dit by enige dier kom. Onthou honde is afstammelinge van wolve en hul instink en “predatory drive” verdwyn nie net omdat hul deur mense mak gemaak is nie. Behandel jou diere met respek en wees bewus van hul vermoeëns om soms skade aan te rig.

Nettie ·

@Naomi, van al die mense hierbo (myself ingesluit), maak jou kommentaar die meeste “sense”. Wat maak ‘n mens belangriker as enige dier? Ons almal is Godgeskape wesens. Dis juis omdat mense hul respek vir diere verloor het en diere as “minder-gelykes” beskou, dat aanvalle deur honde en ander wilde diere gebeur.

Aan die familie, gesin en vriende van dié jongman, STERKTE! Niemand kan jul bitter hartseer en verlies verstaan nie. Mag jul rus en vrede kry oor die gebeurtenis.

Louw ·

My dogter was op 2jarige ouderdom deur ons eie fox terrier aangeval toe sy aan hom gevat het. Ek het hom laat uitsit, maar wat die rede was sal ek nie weet nie. Dalk het sy die hond se stert getrek, maar tog was hy ons hond. So dinge gebeur dit maak nie saak watter tipe hond dit is nie. ‘n Hond is nie altyd ‘n speelding nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.