Jong man deur honde verskeur

Ruan Redgard. Foto: Via Facebook

Ruan Redgard, ʼn 27-jarige inwoner van Port Elizabeth in die Oos-Kaap, is Maandagaand dood toe hy deur twee honde, vermoedelik pitbulls, verskeur is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê Redgard het omstreeks 22:00 in Magnoliastraat, in Algoapark, na sy huis toe gestap toe hy deur die twee honde aangeval is.

“Die man het om hulp geskreeu en omliggende bure het uitgekom en hom probeer help,” het Janse van Rensburg gesê.

Die inwoners het vir lank verbete probeer om die honde van Redgard af te kry en in die proses is een van die helpers ook gebyt. Dié man moes na ʼn plaaslike hospitaal geneem word vir mediese behandeling.

“Toe die omstanders uiteindelik daarin kon slaag om die honde te verwilder, het die slagoffer kort daarna aan sy beserings beswyk.”

Na wat berig word, het die voorval sowat 40 minute geduur en is een van Redgar se hoofslagare raak gebyt.

Die polisie het met die hulp van die gemeenskap die honde se eienaars se huis in Whyteleaf-rylaan, wat parallel met Magnoliastraat loop en waarvan die erwe aangrensend is, opgespoor. Die honde is daar van kant gemaak.

Volgens Janse van Rensburg is dit nog onduidelik hoe die honde uit die erf gekom het.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. As die ondersoek afgehandel is, sal die dossier na die staatsaanklaer gestuur word, wat sal besluit of iemand strafregtelik vervolg moet word,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

73 Kommentare

Sarie ·

Hkom bevestig hul ni eers di honde ras ni. Nou word daar daar gesê vermoedelik pitbulls. Mense wat ni pitbulls het of ken ni moet ophou uitmaak asof hul monsters is.

Frank ·

Hoekom in 99% waar honde mense verskeur is dit dan pitbulls???

Toypom ·

Err, want vermoedelik sal worshonde dit nie doen.

Pitbulls IS monsters.

Valerie ·

Sarie, ek wed jou jy het een van die veglustige pitbulls wat seker heeldag baba’s lek. Die goed moet verban word. Probeer dit tog verstaan. ‘n Mens se lewe, die pragtige jong man s’n byvoorbeeld, kan nie vergelyk word met die van ‘n onbeskaafde, veglustige ondier nie.

Vraagteken ·

Toypom, het jy al ooit by ‘n parkrun geloop? Dis altyd die klein honde wat moeilikheid maak. Die bullterriers en boerboele is almal baie rustig.

Valerie, is jy seker jy gaan die inhoud van die storie 100% vertrou? Waar in jou lewe gaan ‘n geveg vir 40 min aan? Baie min mense weet dat die pitbull terrier in die 1930’s gebruik was om ou mense en baba’s in VSA op te pas. Dis nie die ras van die hond nie – dis die eienaar.

Lizelda ·

Dankie Sarie se ek ook. Maak eers seker vd ras EN die omstandighede voor julle monsters praat dat die honde monsters was en “waarom kon iemand nie n mes gryp en die hond doodsteek nie?”

Elizna ·

Genade..asof boere vermoor nie al erg genoeg is nie..

Ons mense is heelduidelik nerens veilig nie

Andrea ·

Ongelukkig hou mense rasse aan wat hul dalk nie beheer nie twv die hoop dat die honde hul kan beskerm in hierdie misdaadhelhool.

Kannaland ·

Ek hoop die eienaars van die honde sal erg gestraf word. Waarom was die honde los?

anton ·

Hierdie is verskriklik tragies!!!
Maar ek is baie oortuig hier gaan weer mense wees wat die honde se part vat bo die man/mens sin.
Daar is mos altyd mense wat meer waarde heg aan n dier se lewe as aan n mens sin.

Hasiedrukker ·

Ha raar is sulke mense. Al waarom ek nie heeltemal teen die verbanning van veghonde is nie is omdat hulle n groot afskrikmiddel vir misdadigers is wat belanglik is in hierdie gevaarzone waarin ons leef, maar dan moet mense verantwoordelik wees en sorg dat die honde nie uitkom nie.

Buitdstander ·

Hoekom was die honde op straat sonder ‘n leiband??? Gee die eienaar genoeg aandag aan sy troetel diere. Neem hy hulle gereeld vir ‘n wandeling??? Óf hou hy hulle net aan as vegters om hom sogenasmde te besterm???
Mense jy het ‘n Verantwoordelikhied vir jou trorteldiere wat beslis nie hier teenvoordig was nie!!!
Hy moet belet word om enigsin weer honde aan tehou wat hy het geen verantwoordelikheid nie.

SNEL ·

Maak mens woedend, n onskuldige persoon sterf omdat mense nie hul honde behoorlik agter slot en grendel kan hou nie. Ek klink seker nou wreed, maar kon iemand nie net n mes gaan haal het en die honde met n mes aangeval het om die man te bevry nie. Hoop regtig die eienaars van die honde word vervolg en nie net n boete nie. Mens is lus on te se wat as n kind met n fiets daar gery het, maar wat, die ergste het reeds hier gebeur, iemand onskuldigs het hul lewe reeds verloor. My hart gaan uit na sy familie toe, baie sterkte vir julle deur hierdie moeilike tyd.

Nettie ·

Uiters tragies dat hierdie arme jong man, wat onskuldig in die straat afgestap het, aangeval is deur hierdie twee honde en a.g.v. die aanval gesterf het. Sterkte aan sy familie en gesin.

Weer eens: hoekom die honde van kant maak, as dit die MENS (hul eienaar) se fout/nalatigheid was dat hulle uitgekom het, selfs al wás dit per ongeluk? Weer eens: hoekom altyd te velde trek teen die spesifieke honderas (‘pitbulls’) as énige ander soort honderas (soos Rottweilers, Alsatians, Boerboele), ook mense aanval en doodbyt?

‘n Ongeluk gebeur bitter vinnig en ek is seker hierdie eienaar loop met verskriklike skuldgevoelens rond rakende hierdie saak. Soos “Hasiedrukker” hier bo noem, mense kry hierdie tipe honde omdat die misdaadsituasie in die land so erg is soos wat dit is en dan is honde soos hierdie die ideale afskrikmiddel (en niemand gee ‘n snars om indien ‘n vermeende inbreker die slagoffer raak van so ‘n hond nie).

ENIGE hond kan ‘n dodelike byt toedien – dit is ons as verantwoordelike mense en troeteldiereienaars se verantwoordelikheid om toe te sien dat elke hond wat ons aanhou, goed versorg is, goed koskry, gereeld aandag kry – EN (waar dit nodig is) veilig is vir mens en dier (uit die straat uit en agter ordentlike heinings en hekke).

Blommie ·

die eienaars van daai honde moet aangekla word klaar. as mens sulke tiepe gevaarlike honde aanhou, maak seker hulle is toegesluit.
Maar daar is altyd n verskoning oor hoekom hulle uitgekom het!
Daar is mense in ons straat ook met n wit en swart pitbull wat ook alewig in die straat loop, alewig op Buurtklag sit maak toe julle hone. Maar nee, net tot iets gebeur dan weet niemand van niks nie. TWAK MAN

V ·

Sjoe… 40 minute is darem ‘n baie lang tyd vir iemand om deur honde gebyt te word. ‘n Mens wil nou nie gevolgtrekkings maak nie… Het die omstaanders gestaan en lekker kry terwyl die jong man verskeur word?

Magda ·

Bid liewer dat jy NOOIT in jou lewe hoef te aanskou hoe iemand deur honde verskeur word!! Dit is BAIE traumaties!! Dit is nie so maklik soos wat jy dink nie hoor!

V ·

Dis waar Magda. Ek wonder maar net… Sien, as ‘n hond jou eenkeer aan die arm byt, kan jy nie jou hande optel nie. So as jy werklik aangeval word en na 5 minute, met 2 groot veghonde op jou, nog nie op jou knieë is nie, en dan dood gebyt word nie, moet jy of werklik sterk wees, of iets ander as wat deur die omstaanders vertel word, is aan die gebeur. En vir die bystaanders om nie die honde se aandag aftelei nie gaan my verstand te bowe. Ek hoop iemand doen ‘n ordentlike ondersoek na die voorval.

Reti ·

Magda, ja , daar het een keer iemand sommer in ons werf ingestap (met waarskuwings) en ons boerboele het hom behoorlik gebyt. Hulle het net gladnie geluister na my nie en ek kon niks aan hulle doen nie. ‘n Hond op aanval raak lyk my doof.

Zettie ·

Dis so so hartseer!!! So ‘n mooi jong man wie se lewe so wreedaardig beëindig is. Ongeag van die tipe ras – ‘n mens kan nie eens meer met jou eie honde gaan stap nie omdat soveel honde-eienaars se honde buite hul erwe rondloop!!! En daan weet die eienaars kastig nie hoe die honde uitgekom het nie. Rus in Vrede jong man.

Alex ·

Dit moes vreeslik wees – vir 40 minute! En niemand het daaraan gedink om ‘n mes te gaan haal en die honde dood te steek nie?

Vra ek ook ·

Of om die buurtwag te bel nie of n veearts wat moontlik die honde kon dart of IETS!?

Ekke ·

Dis tragies, maar diere is ook deur God geskape en moet gerespekteer word

Leser ·

Mens is deur God toegelaat om oor die diere te heers, alhoewel die diere deur Hom geskape is. Genade man! Die arme man wat verskeur is het dit nie verdien nie. Alhoewel ‘n Pittbul ‘n liewe hond kan wees, bly dit maar net ‘n dier. Diere is onvoorspelbaar en kan gevaarlik en selfs dodelik wees, soos in die geval. Dit is ‘n tragiese storie en kon verhoed gewees het as die MENSE (eienaars van die honde) ordentlik oor die diere GEHEERS het, en hulle in die erf gehou het!

Hasiedrukker ·

Ha raar is sulke mense. Al waarom ek nie heeltemal teen die verbanning van veghonde is nie is omdat hulle n groot afskrikmiddel vir misdadigers is wat belanglik is in hierdie gevaarzone waarin ons leef, maar dan moet mense verantwoordelik wees en sorg dat die honde nie uitkom nie.

Wessie ·

Ek hoop die honde se eienaars kry die swaarste straf moontlik!

Sterkte ·

Aai,sterkte aan jul familie in die hartseer tyd. Hoop regtig dat geregtigheid sal geskied. Daardie honde moes in erf gewees het!!!!

Raymund Junius ·

Tragies en eienaars het altyd talle veskonings hoe honde buite hul eiendom gekom het. Wetgewing om ten minste R1 miljoen versekering uit neem om naasbestaandes te vergoed indien skuldig bevind word aan nalatigheid moet ingestel word.

Pollie ·

Dit wat hier gebeur het is verskriklik tragies…
Ek is bly om te sien mense blameer die eienaars en nie die “vermoedelike Pitbulls” nie, want ja, elke hond wat byt word deesdae ‘n Pittbull genoem…. En die mense wat praat van “Veghonde” – daar is nie so ‘n ras nie. Ek is ‘n trotse Pitbull eienaar. Hulle is my babas, maar ‘n mens moet verantwoordelik genoeg wees om enige medium of groot ras hond met verantwoordelikheid te leer en hanteer.

Hennie ·

Waarom wil ‘n mens Pitbull honde aanhou?
Enige misdadiger wat tot by tien kan tel weet dat een vergiftigde stukkie vleis genoeg is om die verskrikking @ Pitbull uit die weg te ruim.
Twostep is genoeg en daarna is daar geen probleem om inbraak, roof, moord, verkragting of wat ookal te pleeg.
Verban Pitbull honde wat alle mense lewens bedreig!!!

Vraagteken ·

Praat jy nou net van Pitbulls, of van enige ‘terrier’?

FYI, pitbulls is deel van die terrier familie.

PJC ·

Sulke kwaai honde moet behoorlik agter slot en grendel gehou word. Die eienaar is op die minste aan manslag skuldig. Ek kan ook nie verstaan dat die omstanders nie onmiddellik kon help nie.

Loulou ·

Dis hoe jy as ouer jou kind groot maak of in die geval hond groot maak. Niks fout met die spesie maar die mens se hantering van die hond. Hou op om n stigma te Koppel aan die diet. Poedels byt ook

Tokkolos ·

Waar de hel is my kommetaar?????????? Sê weer beboet elke honde eienaar wat sy honde nie kan oppas nie Groot of klein hy hoort in jou erf. So jammer Ruan dit moes n vreeslike dood gewees het RIV en mag geregtigheid geskied

Pieter ·

Dis verskriklik erg wat met die man gebeur het. Maar nou moet ek vra of die berig korrek is. Onmoontlik dat die aanval 40 minute aangehou het. Miskien drukkersduiwel.

Cobus ·

Het self n Pitbull rein en kan onomwonde se dat dit die mees dierbaarste hond is en almal in ons buurt praat van sy uitnemende geaardheid. Saggeaard, slim en lief vir mense….hom selfs al geleen aan sy meisievriend en sy babas lyk soos die pa en het dieselfde geaardheid. Slaap langs my bed op sy eie bed ……lief vir kinders en so kan ek aangaan….maak jou dier met liefde en deernis groot

Cbristo ·

Hoekom is pittbulls (asook soortgelyke ander tipe honde) nog enigsins nodig in die wêreld? Net een mens se dood deur so hond is genoeg rede om die teling van so ras te moet verbied. En ja, as poedels en worshonde mense se slagare kon afbyt dan kon hulle ook daarby in gereken word. Maar nooit het ek al so berig oor een van die kleiner rasse gelees nie.

Nissa ·

Dis verskriklik hartseer, baie sterkte en liefde aan sy geliefdes.
Ek stem saam dat die tipe honde verban moet word. Ja alle honde byt, my man kry amper elke week ‘n kind met ‘n honde byt in sy teater. Maar nooit agv Pitties nie, nee as hulle byt, byt hulle dood.
Se maar wat julle wil, die feite praat vir hulle self. Tien jaar studie in Amerika wys dat 62% van fatale gevalle deur Pittbulls veroorsaak word: https://www.dogsbite.org/pdf/10-year-dog-bite-fatality-chart-dogsbiteorg.pdf
Jy is of arrogant of naief om te dink hulle is gesinshonde.

Wilma ·

Mense asb. Indien jul nogi eienaars van Pittbulls was ni bly stil. Ekt al 5 gehad dit bly my gunsteling. Mense hou hierdi honde vir verkeerde redes aan. Indien jy enige kwaai hond het hou jou hekke gesluit 24/7. Net mense met baie liefde kan pittbulls aanhou. Vervolg die nalatige eienaars

Daan ·

Mense wat die goed aanhou kom vir my voor as ‘n gewetenlose mense, of dalk mense wat aan ‘n minderwaardigheid ly. Die mal diere moet verban word, dan moet hulle die mense wat die diere aanhou somme tronkstraf gee omdat hulle die goed aanhou.

**anoniem** ·

@Daan!
Nie alle pitties is dieselfde nie. ken mense met pitbulls wat vir jare niks aan enige iemand gedoen het nie. Dit gaan oor die manier waarop die eienaars die honde grootmaak. As ‘n dier liefde en aandag kry, sal hy nie ‘n vlieg skade aandoen nie.

Onnie ·

Ek verkies om nie ‘n hond aan te hou wat instaat is om n mens of selfs ander bond dood te byt nie. Dis soek vir moeilikheid.

sue ·

Ek het 2 pitbull x bulterier honde. Kwaai is hulle ja. Hulle is agter slot veilig en geen bedreiging nie. Jy as Pitt eienaar is verantwoordelik vir jou hond se temperament… Boerboel rotweiler worsies alle honde kan kwaai wees. Dis hoe jy jou hond leer. RIV jongman

rollie ·

Dit gaan nie oor hoe kwaai die hond is nie of sy temperament of hoe goed dit opgelei is nie. Dit gaan oor die potensiele skade wat die ding kan aanrig en ons weet mos nou Pitbulls is bo-aan die lys as dit kom om mens en ander diere dood te byt, wanneer dit byt. Ongelukke gebeur en eendag kom daardie hond uit en vreet iemand op. Dan gaan almal jammer wees. Nee, nee die risiko is net te groot om hierdie monsters in woongebiede aan te hou.

sarel ·

daar is lande waar pittbulls verban word.
dit is n vreeslike tragedie. volgens die ou testament so die eienaars van hierdie honde nou met klippe dood gegooi moes word.die eienaars moet nou die prys betaal vir die onskuldige lewe van die jong man

Wat??? ·

Dis onaanvaarbaar! Hoekom was daai honde wat doodbyt in die straat? Wat n verskriklike, wrede dood!

Ai!! ·

Wat soek ons mense nog 22:00 in die nag, alleen in die strate.

Peter ·

En daar is dit, die tiepiese Saffa houding, kom ons blameer die victim. Mooi so “Ai!!”

Hoodini se baas ·

Ek is die eienaar van twee aanneemhonde. Huille is medium grootte. Die een hond is ‘n hoodini. Ons het die muur om huis verhoog tot oor die twee meter, daar is skerp speke opgesit om te keer dat hy oor spring. He het ‘n manier gevind. Hy kom oor. As ons hom in die huis toe maak, breek hy ‘n venster om uit te kom. Dit is nie altyd moontlik om honde in die erf te hou nie.

Lizelda ·

Hierdie storie is net gedeeltelik vertel. Kan Maroela Media meer lig oor die tipe hond en die omstandighede rakende die tragedie ondersoek. “Vermoedelik” Pitbull, beteken nie dit IS n pitbull nie. Daar is meer agter die storie as wat vertel word. Sterkte vd familie vd jong man.

Amelita ·

Enige groot hond kan gevaarlik wees, ek my self het Rotweillers. Hulle is deel van ons gesin. Goeie waghonde want ek soms alleen. Ja as iemand homself ongenooid en ongevraagd in my erf bevind sal my honde hom verskeur. Hulle sal ook nie kos aanvaar van enige iemand anders. Dit gaan nie oor die ras van die hond. Kwaai honde moet in hul erf agter staal omheining, hoog en slot gehou word.

rollie ·

As jou hond bloot iemand in jou erf doodbyt, het jy probleme tensy jou lewe onmiddellik bedreig word en die hond jou lewe gered het (dit is moeilik om te bewys). So kortliks – dis nie oukei dat jou hond sommer net ‘n inbreker binne jou erf doodbyt nie.

Rissiepit ·

Ek is jammer maar ek kan nie dink dat niemand in die straat binne daardie 40 minute kon hoor dat hy aangeval word nie. Ook in die berig staan dit: “VERMOEDELIK PITBULLS”. Mense maak so gou afleidings omdat hulle nie die ras ken of verstaan nie. Die rede hoekom almal hierdie miskonsepsie van die ras het is omdat die pitbull en die rotweiler al hond is wat die media bereik wanneer hulle iemand gebyt het. As dit dalk ‘n german shepherd is of ‘n golden retriever was wat iemand gebyt het word dit nooit gepubliseer nie. Dit is die eienaars se verantwoordelikheid om die hond agter tralies te hou en te beheer. As jy nie verantwoordelikheid vir die hond kan neem nie moet jy hom nie hê nie. Hou op om die diere te veroordeel as jy nie die ras ken nie!!! Dit hang als af van hoe hulle groot gemaak word./

Waarheid ·

Toypom Toypom……ai ai……

Dis die MENSE wat diere lelik maak!!!! Hou op om altyd Pitties die skuld te gee, regtig kom by hoor!!!! Duidelik weet jy nie hoe mense regtig is nie nê :-(

Francois le Cochon ·

Pitbulls het sekere ingebore instinkte. Jy kan maak maak wat jy wil met jou Pit bull, hierdie instinkte is in hul DNA. Hierdie honde moet van die aardbol verwyder word, nie net vir die mensdom se veiligheid nie, maar ook vir die ras self. Hierdie honde word ook (mis)gebruik vir hondegevegde, ‘n aaklige tydverdryf vir sielsiekes.

Linda ·

As n eienaar van n pitbull wil ek net se dit is een va n die mees mis verstaande honde soort ooit.Ek was omtrent 9/10 jaar oud toe n briendin van my se staffie my in die gesig gebyt het ñ hond wat my goed geken het,ek was al aan geval deur n baster jack russel en my eie labrador het al vir my gegaan .Alle honde is gevaarlik nie net een soort nie.Kom kyk bietjie my baba hy is die mees liefde volste goed gemanierde pitbull ooit.Voor jy ñ hond oordeel kyk die agter grond doen jou navorsing.Mense maak die honde n vieslike ding wat hulle glad nie is nie.

Charlene ·

Vraagteken, ek is met jou. Pitbulls is vir my een van die mooiste en gehoorsaamste ras honde. Dis beslis die eienaars to blame, dit IS hoe jy hulle groot maak. Die klein stoep brakkies is die grootste moeilikheidmakers. Ons het Bullterriers en vriende van ons het Pitties, such gentle giants

nadia ·

My pitty is 40kg en die liefde homself. moet nie die honde sleg maak nie dis die mense wat hulle temperament verander en dan raak hulle monsters. My hond slap tot ini huis ek sal hom vir geen ander hond ruil nie. hulle breek reg rondom ons in en los ons erf. ek het 2 kinders en kom ek jou se ek het al gesien dat ‘n klein hond meer geniepsig is as ‘n groot hond. my man se elke dag as ek moet dood gaan sal my pitty hom dood treur hy is rerig nie n monster nie. so hou asb op pitty sleg maak as jy nie 1 het nie!

kas ·

So rukkie terug is ‘n hondjie deur ‘n polisievoertuig raak gery wat in die pad geslaap het.Die polisiebeamptes is uitgekryt vir alles wat sleg is.Hoekom was die hondjie nie is sy erf nie.Nou word dieselfde vraag gevra” Hoekom was die honde nie in die eienaar se erf nie”Die sogenaamde wildkenner word deur ‘n leeu aangeval wat deur hom groot gemaak is,toe word die leeu geskiet.Wanneer is dit dit die dier se skuld en wanneer is dit die mens se skuld.

kas ·

Jammer ek ken nie pittbulle nie maar verskil dit nie van hond tot hond soos mense nie.Party saggeaard en party skoorsoekerig en aggressief.Indien dit net een hond was sou hy of sy ook die man aangeval het of het hulle mekaar maar aangehits.As ‘n teef op hitte is,is ‘n reun maar knorrig .Was dit dalk hie die geval.

PIKKEWYN ·

Aan Ruan se familie en geliefdes, baie sterkte met julle verlies op hierdie wrede manier.
Ek het nie Pitties nie en sal seker ook nooit een besit nie (om die eenvoudige rede dat my gesondheid dit nie toelaat nie en ek weet ek sal nie ‘n hond kan hanteer wat so sterk is nie) maar ek gaan hulle ook nie oordeel nie – van my vriende het wel van hulle en hulle is so gelukkig met hulle honde.Soos daar al reeds genoem is in boonste kommentaar stem ek heeltemal saam dat die “eienaars” die oorsaak van die probleem is en nie die hond self nie – dit is hoe jy die hond groot maak, dit maak die wereld se verskil.
Maar ek wil ook weet, soos baie hier bo wonder ek dat daar wraggies nie een persoon was wat probeer het om ‘n einde aan die aanval te maak nie en net gestaan en kyk het?

Francois Le Cochon ·

Gister, in Durban, is ‘n 67 vrou in ‘n huis deur 2 liefdevolle Pitbulls verskeur en dood gemaak., Jou liefdevolle Pitbull mag dalk ook jou kinders se maatjies eendag verskeur. Wil jy werklik daardie kans vat?

kas ·

Francois dit is my probleem met die honderas.Daar was al hoeveel isidente waar mense en kinders deur hierdie honde aangeval is en dit is baie keer met noodlottige gevolge.Hoe gaan jy ooit weet of jy jou hond reg groot gemaak het

Kol.Lafras ·

Lees net deur die kommentaar op MM, en dan vra mense nog hoe kan Afrikaners nié saamstaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.