Jong man dood langs pad gekry

Ruan Viljoen (Foto: Facebook)

Ruan Viljoen (Foto: Facebook)

Ruan Viljoen (18) se liggaam is Sondag ʼn paar honderd meter van sy motor gevind langs die N14-snelweg in Centurion.

Sergei Greyvenstein, Ruan se pa, het Dinsdag aan Maroela Media gesê Ruan is in ʼn tref-en-trap-ongeluk oorlede. “Ruan se motor het onklaar geraak en hy het langs die pad stilgehou. Sy selfoon se battery was ongelukkig pap en hy kon nie enige hulp ontbied nie. Hy het sy goed opgepak en begin stap – vermoedelik in Jeanlaan se rigting, waarskynlik om my te probeer bel.”

Volgens Sergei het ʼn silwer motor Ruan getref en weggery. Hy versoek enigiemand wat verdere inligting oor die ongeluk het om met die polisie in verbinding te tree.

Ruan het verlede jaar aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria gematrikuleer.

Hy laat sy ma Anita, pa Sergei en ʼn negejarige sussie agter.

“Gaan jou mis my seun. Jy is en was my alles. God het jou vir my geleen sodat ek kan verstaan hoe om onvoorwaardelik lief te hê. You made me so proud everyday,” het Sergei op Facebook oor sy seun gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici van ER24 was op pad terug na hul tak toe hulle ʼn voertuig op die middelpaadjie van die snelweg opgemerk het. “ʼn Jong man se liggaam is ʼn ent verder aangetref. Hy het veelvuldige beserings opgedoen. Niks kon ongelukkig verder vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Kapt. Agnes Huma, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Boodskappe van medelye stroom in op sosiale media ná Ruan se afsterwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Mari ·

My innige meegevoel met sy familie. Ek wil net he julle moet weet my hart voel julle pyn. Mag die Here julle styf vas hou in hierdie moeilike tyd. Hy is n Engel by ons liewe Jesus en sal altyd sy vlerke oor julle gesprei hou.

Michelle nieuwoudt ·

Baie hartseer! Dink aan die familie. Hoop hulle kry die bestuurder

Alida ·

Dis só hartseer. Dit is waar…..dat ñ kind jou leer hoe om onverantwoordelik lief te hê. Hy was ñ engel.

Ena ·

O Here die pyn om daardie woorde te hoor….Jou ki d is dood. Ju siel sterf. Om asem te haal is seer. Jy wil nie aangaan nie,kannie. Ek wens julle trane wat drip, versuip die moordenaar se gewete. Mag julle Engelse julle regop hou, en die Here troops en aanvaarding bring.

Penellope Jones ·

Rus In Vrede Ruan.
Alle sterkte aan sy geliefdes.

Zelda ·

Nee nee nee….die mooiste seun met sy lewe voor hom uitgestrek. Dis so ongelooflik tragies!!! My innige simpatie aan sy geliefdes.

Vivian ·

Ai my hart is so seer vir sy familie. Mag jul vertroosting en krag vind in Jesus. Sterkte.

Elize ·

My innige en opregte meegevoel met die ontsaglike verlies. Mag die ouers en familie so bewus wees van God se vertroosting. Mag Sy genade genoeg wees in hierdie tyd van rousmart. Ek ken jul pyn…

Aneleh ·

Ek voel baaaaie jammer vir die familie maar kan iemand net ve my verduidelik… hulle het die kind langs die pad gekry klaar dood… waar en hoe kry hulle die inligting van die grys moter en die res….???

Adele ·

Volgens familie is stukke van n silver voertuig langs sy liggaan gekry

Hannelie ·

Ek hoop JY wat hom doodgery het lees hierdie berigte. Jy is ‘n lafaard wat nie verantwoordelikheid wil vat vir jou dade…jy dalk skuldig aan iets? Jy het ‘n gesin ontne van hul kind. Hoop joi gewete ry jou.

Dallaq ·

Innige simpatie met julle verlies, op so ‘n verskriklike manier….hoe…hoe op dees aarde ry jy iemand raak, om dan net weg te jaag sonder om hulp te ontbied? geen gewete, geen gevoel….die wiel draai…

Susan Floyd ·

Ongelooflike hartseer verhaal
Innigste simpatie met ouers. Soortgelyke ongeluk met my seun in Okt 2014. SAPS was te treurig om skuldige spoedvraat te laay boet vir verlies van my kind. SAPS Lyttleton het gesorg dat hy vrygespreek word van selfs roekelose bestuur. Ouers, ek bid en vertrou dat geregtigheid sal geskied by julle. Sterkte vir die hartseertyd wat voorle

Francis ·

Sterkte vir Ruan se ouers en sussie .mag Jesus jul seer verlig !!

Johann ·

Probleem is Antoinette die mense wie sulke dinge doen het geen gewete

Mariaan ·

Wat n mooie jong man…agge nee dis hartverkeurend…kan nie eers dink hoe moet ouers hieroor voel nie…die lewe is eintlik sommer n slegte plek! Hoe moet mens dit nou ooit verwerk…agge nee man…ek verstaan nie hierdie goed nie…dit verwoes n ma en n pa….WHY???

Marisha ·

Sy werk hier op aarde is voltooi.
Wens elke dag meer dat jou oë kon foto’s neem, sodoende kyk jy nie net teen die sleg vas nie.
Baie sterkte aan almal wat geraak is deur die ongeluk!

mossie ·

Soooo…. Wanneer n dogtertjie op haar motorfiets PERONGELUK in n ONGELUK sterf dan word daar n manslag klag ondersoek…… MAAR AS iemand in n tref en trap sterf dan word dit n GEREGTELIKE DOODS ondersoek!!!! Hoe de hel werk dit nou??? Jammer aan die ouers en sussie vir jul verlies. Mag die een wat dit gedoen het eendag rot in die hel!!

Elize C ·

‘n Manslag-saak word geopen wanneer daar ‘n ander persoon betrokke was wie onmiddellik geidentifiseer kan word, al was dit ooglopend ‘n ongeluk. Iemand se dood is veroorsaak, en dit moet volgens wet ondersoek word en die oorlewende persoon wat betrokke was, onskuldig bewys word. Bv wanneer ‘n ouer in tru-rat sy eie kind agter die voertuig doodry, word so saak gewoonlik baie vinnig afgehandel, maar die ouer word normaalweg steeds volgens wet eers aangekla van manslag. Wanneer iemand net dood iewers aangetref word, met geen 2de persoon of ooggetuies in sig nie, is daar op daardie oomblik nie iemand wat van manslag aangekla kan word nie, en word ‘n geregtelike ondersoek gedoen. Die feite sal in ag geneem word, soos bv die silwer voertuig bakwerk-dele wat op die toneel was, en ‘n nadoodse ondersoek sal bepaal of die dood wel ingetree het agv beserings soos wat veroorsaak kon word deur ‘n tref-en-trap, en dan sal daar gepoog word om die eienaar van/en die voertuig op te spoor, indien suksesvol, sal die klag dan aangepas word na manslag. Dis ‘n hartverskeurende boodskap om aan ‘n ouer oor te dra, baie sterkte aan die pragtige jongman se familie en vriende.

Amanda Landman ·

Wat n pragtige kind. Massiewe tragedie. Was dit dalk opsetlik? Of dronkbestuur. Mag die adder aan die pen ry. Ons kinders is nerens veilig nie. Elke ouer se grootste vrees hierdie ?

Willem Bierman ·

Dis tragies……so jonk sy lewe het nog uitgestrek voor hom gelê. Ek hoop d skuldige word gekry.
Al my simpatie aan sy familie en vriende.

Buitestander ·

Mag die drienige God julle ryklik vertroos met Sy Heilige Gees en mag julle vrede in julle harte vind.
Ons sien nou in ‘n spieël en ‘n raaisel maar eendag van aangesig tot aangesig.
Die wraak kom ons nie toe nie.
Bid en vra julle sal versterk word.

Annie ·

Sterkte aan die familie vir julle groot seer. Mag God julle dra deur hierdie tyd. Aan die skuldige mag jou gewete jou op vreet tot in lengte van dae

Alta ·

Die persoon wat dit gedoen het, ek hoop jy het n hart, want die man daar bo kyk vir jou en jou dag sal kom.

liz ·

Ek het nie woorde nie. Sterkte aan die familie hoop hulle kry die persoon wat die pragtige jong mens se lewe gevat het

J ·

Geen woorde…dis vér verby antwoorde … genade dat geen mens die toekoms se seer van weet. Belofte wat ons wel kan op straat maak GEEN GELOWIGE SAL BO SY VERMOË BEPROEF WORD. Sterkte vir al die geliefdes wees daar vir mekaar.

Sonja ·

Iewers het iemand by die huis gekom met ‘n gestampte Silver Merc. Paneelkloppers moet so ‘n Silwer Merc een of ander tyd reg maak. Rapporteer dit asb! Jy skuldige, het ‘n dierbare kind se lewe ontneem, en sy ouers en sussie in rou gedompel. Ek hoop jou gewete pla jou. Gaan gee jouself oor as jy nog enige iets ordentlik in jou het!

Sonja ·

Asb almal versprei dit op jul FB sodat die skuldige gevang kan word. Vra dat as die persoon die kar na ‘n panneelklopper neem, dit te rapporteer…Kom ons help hierdie kind se ouers om “closure” te kry.

Catherine ·

Niks wat nou gese word kan die trane laat stol, die seer verlig of die lee plek vul nie. Mag HY vir julle krag gee en omvou met troos en beskerming. Ruan was ‘n sonstraal in BAIE kinders se lewens. Ons gaan hom mis……..baie mis

Susan ·

Wat n’ verskriklike hartseer tyd vir Ruan se geliefdes. Mag elkeen wat hier kommentaar lewer en elders soos bv Facebook, dit op so manier te doen om nie verdere seer te veroorsaak nie. Kom ons bid saam vir Ruan se ouers en familie in hulle ontsettende pyn. Al word die skuldige gevind, sal Ruan se plekkie altyd leeg wees, en net hulle wat al n’ kind aan die dood moes afstaan, ken die ongenaakbare pyn daarvan, en weet jy moet saggies oor hulle harte loop, want jy is breekbaar broos in jou afskeid wat voel asof dit nooit verby sal gaan nie.

madels ·

Hierdie klink vir my soos koelbloedige moord! Die kind sou nie in die pad gestap het nie, maar aan die kant van die pad. Dit klink vir my of iemand opsetlik die jong seun doodgery het. Dit is so verskriklik! Ek kan nie glo en wil nie glo dat so enigiemand so n verskriklike ding kan doen nie. In ons land is daar soveel haat en wraak. n Onskuldige jong man se lewe is net so van hom en sy familie af weggevat. Hoe verskrik!!!! My hart breek in stukke vir hierdie familie. Dit moet erg, erg erg wees. My hart huil saam met die familie :-(

Lorraine ·

My hart is stukkend vir die ouers. Sterkte vir jul gesin.

Elize ·

Ek weet hoe dit voel. My broer is ook in 1963 op dieselfde plek deur ‘n dronk polisie man deur ‘n tref en trap ongeluk getref en weggejaag. Gelukkig was daar ooggetuienis vanaf ‘n ander hoek en kon hom uitken op ‘n uitkenningsparade. Ongelukkig was daar ook politieke inmenging en hy is vrygespreek, maar glo my die Here slaap nie, die einste polisie man se seun het verlam geraak etlike dae na die ongelukkig. Hoop die polisie man, indien hy nog lewe, met sy gewete kan saam lewe, en dink hoe hy, deur sy leues, ander mense se lewens na al die jare nog verbitterd agter laat. My broer sou vandag 70 jaar gewees het.

SARIE VAN HEERDEN ·

Paneelkloppers kan nou hulp bied aan die ouers van die pragtige jong man. Of kan “back yard mechanis” soiets repareer? iemand moet tog IETS weet van ‘n silwerkleurige motor wat
herstel moet word. Of dit nou ‘n Merc, BMW, of watse kar dit ookal is. Kom na vore dat die skuldige aangekeer kan word.

Saartjie Bitterbek ·

Kom ek gaan ‘n weddenskap aan: Hy is MET OPSET deur iemand doodgery. Iemand wat ‘n Blanke man wou doodmaak toe hy gesien het hy het ‘n kans om dit te doen…..

(Moet asb nie my kommentaar verwyder nie…..??)

Sannie ·

Ek persoonlik ken nie hierdie familie nie maar my hart bloei vir hulle. Daardie jong man het nie eers ‘n vol lewe gelei nie, hy kon nie gaan verder studeer of trou en kinders he nie, sy lewe was so kort geknip.. Ek bid dat God die familie berusting sal gee. Ek wens wat hierdie familie oorgekom het nie eers op my ergste vyand toe nie. Dis bitter hartseer! Ek hoop hul vind die skuldige spoediglik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.