Jong man dood ná onderonsie by Pta-nagklub

Shane Boruchowitz. Foto: Facebook

Shane Boruchowitz. Foto: Facebook

ʼn Jong man van Johannesburg is Donderdag in die vroeë oggendure dood nadat hy na bewering met ʼn mes gesteek is by ʼn bekende nagklub in Pretoria.

Shane Boruchowitz (23) is glo dood nadat hy probeer het om ʼn bakleiery wat tussen sy vriende en ander klubgangers ontstaan het, stop te sit.

Gene Kotton, ʼn privaatspeurder wat deur die familie genader is om die saak te ondersoek, het aan Maroela Media gesê Shane is Woensdagaand saam met sy broer, Brendan (19) en ʼn groep vriende na ʼn nagklub in Menlyn Square in die ooste van Pretoria. Toe die groep omstreeks 01:00 die oggend die klub verlaat het, het ʼn bakleiery tussen twee ander klubgangers en Shane se vriende uitgebreek.

Volgens Kotton het Shane probeer om tussenbeide te tree om die bakleiery stop te sit. Die uitsmyters het egter op die groep toegesak en gedurende die onderonsie het een van die uitsmyters Shane glo twee keer van agter af met ʼn mes gesteek.

“Hy het geval, maar die uitsmyters het steeds aangehou baklei,” het Kotton gesê. “Brendan het na die parkeerarea gehardloop en onder ‘n motor weggekruip. Hy het sy pa gebel en gesê hy moet gou kom, want die mense probeer hulle doodmaak.”

Brendan het glo ook ʼn ambulans gebel wat 45 minute later opgedaag het. Shane is op die toneel dood verklaar. “Toe Shane se pa by die toneel aankom, was sy seun reeds dood,” het Kotton gesê.

ʼn Nadoodse ondersoek wat Donderdag gedoen is, het glo gewys dat Shane aan kopbeserings beswyk het. “Ek weet nie of dit gebeur het toe hy geval het en sy kop gekap het en of hulle hom met iets teen sy kop geslaan het nie, maar dit was die oorsaak van sy dood,” het Kotton gesê.

Hy het gesê die polisie was op die toneel, maar niemand is daar vir die moord in hegtenis geneem nie.

Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ‘n saak van moord word ondersoek. Hy het gesê hy kan nie in hierdie stadium meer inligting bekendmaak nie, aangesien die ondersoek steeds aan die gang is. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie, maar die polisie volg tans leidrade op,” het hy gesê.

Shane sal Vrydagoggend begrawe word.

Minder as ʼn maand gelede is Allen Eksteen, ʼn 38-jarige pa en veiligheidsbeampte van Krugersdorp in Gauteng, in ʼn soortgelyke voorval dood na ʼn onderonsie met ʼn uitsmyter by ʼn gewilde nagklub op die dorp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

sproetjies ·

Nou wonder ek net hoekom dra die uitsmyters messe. Om wat mee te maak? ???

Sue ·

Mag daar ñ einde aan Suid Afrika kom, misdaad is ver teveel. Sterkte aan die ouers, mag hul vertroosting vind in die bitter tyd. My gebede is met julle

Santie ·

My gebede aan sy ouers en familie, mag hul vertroosting vind in die bitter tyd. SA word verswelg deur moorde en misdaad, mag SA tot n einde kom.

anet ·

Ek wonder of die uitsmyters dalk op ‘n “High was”. Dit is nou die tweede persoon wat sterf by ‘n klub. Ek dink die polisie moet bloed trek van die uitsmyters in die toekoms, veral as daar ‘n bakleiery ontstaan en ‘n persoon sterf op die perseel

Gerhardt ·

Of beter, mense moet eenvoudig nie na sulke plekke toe gaan nie.

Piet Pompies ·

In SA is dit algemeen dat as iets nie na jou sin is, skop, breek, slaan, skiet, vermoor, jy al wat voorkom en die regering stel die voorbeeld.

Leoni ·

Daar is baie gevalle waar mense so aangerand en vermoor word by die tipe van plekke. Niemand oordeel nie maar dit is verseker beter om daar weg te bly want dit is die klas mense wat daar uithang wat sulke dade pleeg.

HEVW ·

Dit wil voorkom nagklubs is lankal nie meer n plek vir ordentlike mense nie. In gedagte as daar voorsiening vir wangedrag gemaak word. So bly weg. Nog beter verbied die gemorsplekke in die land.

Malinda ·

So wat se die gebeure, bly weg van sulke plekke waar onheil uitbroei

Karen ·

Uitsmyter met n wapen…………kla hom aan van moord en maak die klub permanent toe aangesien die eienaars heel duidelik nie n ordentlike klub kan bestuur nie!

ladybug ·

Ek weet steeds nie wat mense (jonges) deesdae by klubs maak nie, dis gevaarlik en nie soos in die dae toe ons Bellas toe kon gaan in Hillbrow nie …

Bly by jou huis en kuier daar!!!

Maddox ·

Laat jy my nou terug dink aan Bella’s- was die beste club ooit, en nooit probleme gehad nie. Sjoe, maar skielik voel ek oud…..

Marlene ·

Baie jammer aan die ouers. Ek kan net indink hoe hartseer hul moet wees. Ek wil egter vir sproetjies en anet daarop wys dat uitsmyters gewoonlik nie wapens dra nie, maar gewoonlik onskuldig is en beserings opdoen agv mense wat ni weet hoe om hul te gedra nie. My seun was jare terug self ‘n uitsmyter, en is ook al met ‘n mes gesteek, en is met ‘n wapen gedreig omdat hy ‘n fight van barbare uitmekaar moes maak. Daarom neem ek nie uitsmyters kwalik wat wapens begin dra om hulself te beskerm nie. Dalk moet doe seun se vriende ook van die skuld dra, en ook die ander groep wat saam baklei het! Mense begin hulself al meer soos barbare gedra, maar ons is almal vinnig om na die ander rasse tw verwys as barbare. Kyk egter in die nuus, hoeveel barbaarse gedrag onder blankes is! Geen wonder Sue voel daar moet ‘n einde aan Suid-Afrika kom. Die wêreld is boos. Mense val mekaar aan, en dan nie net fisies nie. Kyk maar net deur hierdie opmerkings, en sien hoe mense mekaar aanval en sleg sê.

Chris ·

Nou wil jy ook sommer met verskillende rasse en rasisme deurmekaar raak. Niemand het iets hier na ander rasse verwys nie.

anet ·

Marlene, gaan lees asseblief my kommentaar. Ek het glad na wapens verwys nie

Lynette viljoen ·

Een van my vriende was ook by Ty’s in pta geslaan vir niks.. Die bouncer het hom geslaan tot hy gele het

Anton Pietersen ·

N’ uitsmyter se werk is om die vrede te bewaar! En bakleierye te stop, en nie om mense aan te rand en met messe te steek nie! Hulle moet mense deur soek vir gevaarlike wapens voor die mense mag ingaan! Maar instede dra hulle self gevaarlike wapens!! En S.A moet nie tot n’ einde kom nie! Dit is die mens self wat S.A n’ slegte plek maak, inplaas van om saam te staan, en S.A n’ beter plek te maak om in te bly!!

Michiel ·

Baie erg en hartseer vir die ouers, maar mense BLY weg van hierdie plekke. Klink na hole vir my waar allerhande gemors plaasvind.

CT ·

Ek het destyds vir 5 jaar in PTA gebly en gou agtergekom dat terwyl die Kaapse gangs mekaar doodmaak is wit op wit moord hooggety in PTA – altyd by die clubs.
Voel niks vir ‘n ander persoon se lewe nie en hul spog die volgende dag by die werk oor hoe hul iemand teen die kop geskop het….

Cum Laude ·

Feite is maar baie verdraai. Hierdie is net een van ten minste drie kante van die storie!

Danielle ·

Ek twyfel die bouncer sal iemand wat die bakleiery probeer stop net vir niks in die bors steek…Dit is inelkgeval net moeilikheid makers en kommin ouens wat mekaar wil slaan in ‘n club…hulle moet eerder na die klomp seuns kyk wat baklei het….en dit is gladnie ‘n sekere tipe klas mense wat daar uithang nie…dit is doodgewone studente wat ‘n studente lewe het…uit ervaring is dit die studente wat so barbaars is

J ·

Uitsmyters is die grootste moeilikheid makers. Hierdie insident het buite die club plaas gevind. Hoekom moet die krag apies daar inspring. My hart gaan uit na die familie. Hoop hulle dagvaar die wit wax uit die eienaar van uitsmyter maatskappy.

Han ·

Is hierdie voorsiening vir kommentaar daar om mekaar onderling aan te val? Hier is soveel wedersydse aggressie onder die kommentators!!

ella ·

N vriend van ons is voor sy sussies so aangerand dat hy dood isdeur n bouncer n paar jaar terug. Hyt niks oorgekom nie. Dis net te maklik om die skuld te draai. Daai maer ou outjie kon jou niks maki. Nee wat slang in die gras hier ook. Sterkte aan daai familie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.