Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ʼn 28-jarige man Dinsdag aan die KwaZulu-Natalse Suidkus op sy bed aangetref is.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 11:00 na ʼn huis in Bereaweg in Port Shepstone ontbied.
“By paramedici se aankoms op die toneel is die man op sy bed aangetref met sy gesig na onder. Hy is deursoek en daar is twee gaatjies op sy hand gevind wat ooreenstem met ʼn slangbytwond.”
Hulle kon niks vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.
Botha het gesê te oordeel na die grootte van die wond en hoe vinnig die man dood is, was die slang vermoedelik ʼn groot swartmamba.
Die presiese omstandighede rondom die man se dood word ondersoek.
Dan is daar mos n slang iewérs?
Jip daar is n slang in die gras
Ai Jinne man – dit is verskriklik. Hoop die man was aan die slaap en het nie pyn verduur nie.
Ek gril vir die nare gedoente. Arme man, dis erg! Innige simpatie aan die naasbestaandes.
Dit is KwaZuluNatal se slange. Maar slange is nie gevaarlik nie behalwe wanneer vasgekeer.
Ons almal ken die storie dat slange en spinnekoppe net byt as hul bedreig voel. Ek vat nie sulke kanse nie. Slang of spinnekop, vat ‘n ding en slaan hom dood. Verwyder JOU bedreiging.
Waneer ‘n slang jou pik le jy nie rustig op ‘n bed of sit net rond nie jy verduur ERGE pyn en is daar geen manier wat die man net op die bed gele het nie , groot slang in die gras hier !!
Ek neem aan jy weet dit omdat jy alreeds deur ‘n groot swart mamba gepik is? Dalk was die mamba se tande so skerp dat die byt nie baie seer was nie. En dalk veroorsaak neurotoksiese gif nie soveel pyn soos sitotoksiese gif nie.