Jong man dood toe hy selfoondiewe wou keer

Braden Cannoo. Foto: Facebook

ʼn Kelner by ʼn restaurant in Tokai, Kaapstad, het met sy lewe geboet toe hy selfoondiewe agternagesit het.

Drie mans en ʼn vrou het omstreeks 19:30 Maandagaand Jakes-restaurant in Steenberg Village binnegegaan.

“Die vier het hul as klante voorgedoen wat by die restaurant wou eet,” het sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, gesê. Die vier het die restaurant weer verlaat voor daar vir hulle sitplek aangewys is.

Dit is toe dat 22-jarige Braden Cannoo agtergekom het dat een van die restaurant se werknemers se selfoon gesteel is. Die drie mans het in ʼn Avanza buite die restaurant gespring en die vrou agtergelaat.

Cannoo het die verdagte agternagesit en op die enjinkap van die motor gespring terwyl die verdagtes weggery het.

“Hy is van die voertuig geslinger waarna die verdagtes oor hom gery het. Hy is ook ʼn ent ver deur die motor gesleep.” Cannoo is op die toneel dood verklaar.

Die vrou is in hegtenis geneem vir selfoondiefstal. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die restaurant het intussen hulde aan Cannoo gebring. “Hy was ʼn jong, entoesiastiese student en ʼn vriend vir almal. Hy was saggeaard, bedagsaam en ʼn ware held.”

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word versoek om sers. Brink te kontak by 021 702 8900.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

En dit vir n selfoon….. hoop daai vrou sing soos n kanarie en die skuldiges word vinnig aangekeer.

Rus in vrede Braden.

Anoniem ·

Ja Pieter jy is reg. Hulle sal dit selfs aan hulle eie mense doen. Innige simpatie aan hierdie man se nasbestaandes. Dit is die soveelste geval waarvan ons al gehoor het. Ek moet erken ek was jare laas in ‘n restaurant. Liewer bang Jan as dooie Jan.

Mariana ·

Nee wat hulle moet maar selfoon vat, dit was braaf maar nou het hy met sy lewe betaal. Innige simpatie aan ouers. Die vuilgoed stuit vir niks….kriminele beheer als in die land.

Niklaas ·

Mens kon 30 jaar gelede die tipe heldedade uitvoer. Nie meer deesdae. Lewens is geen duit meer werd.

Pampoen ·

Ek sal graag die verloop van die saak wil volg. Dit kan enige kant toe gaan afhangende hoe dit ondersoek word. Sterkte vir Sers Brink.

Jakes ·

In SA vandag moet jy dankbaar wees as jy elke oggend die son sien opkom.

Fedup ·

For a cellphone? Such a shame to die for trying to do the right thing

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.