Jong man doodgeskok

Argieffoto: Netcare 911.

Argieffoto: Netcare 911.

ʼn 23-jarige man is Dinsdag doodgeskok terwyl hy besig was om met ʼn hoekslyper te werk.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 11:30 by ʼn huis in Bell Towerstraat in Pinetown, KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die man was besig om aan die raamwerk van ʼn ou motor te sny, toe die hoekslyper ophou werk het. Hy het vasgestel daar is ʼn probleem met die kragprop en is doodgeskok toe hy probeer het om dit te herstel,” het Botha gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Mike ·

Dis tragies.maar n mens moet eers die prop uit trek voor jy aan hom werk………

Tina du Toit ·

@Mike, stem saam met jou. As `n prop nog op lewendige krag gekoppel is, en jy werk daaraan, het jy duidelik nie geleer van “Safety” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.