ʼn 21-jarige man van Port Elizabeth word aangekla van strafbare manslag en die versuim om op ʼn ongelukstoneel stil te hou nadat ʼn fietsryer Sondag in die voorstad Walmer doodgery is.
Kapt. Johan Rheeder, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê Cain Rockman het Sondagoggend omstreeks 04:45 ʼn vriendin, wat saam met hom was, se motor bestuur toe hy Bulo Mziwanele (39) na bewering van sy fiets afgestamp het.
Mziwanele, wat op pad werk toe was, is op slag dood, maar volgens Rheeder het Rockman en sy passasier dit waarskynlik nie geweet nie.
Sy het eers later in die dag, nadat ʼn berig uitgesaai is dat die fietsryer gesterf het, polisie toe gegaan en erken dit was haar voertuig wat voor sonop in die ongeluk op die hoek van Heughweg en Agste Laan betrokke was.
Rockman het hom daarna in die teenwoordigheid van sy prokureur in Walmer se polisiestasie aan die polisie oorgegee. Hy het Maandag vlugtig in die landdroshof verskyn, waar die saak tot 23 Januarie vir verdere ondersoek uitgestel is. Hy is op borgtog van R2 000 vrygelaat.
“Dit is moontlik dat ons [Rockman se passasier] ook sal aankla,” het Rheeder Maandagmiddag aan Maroela Media gesê, “omdat sy die eienaar van die voertuig is waarvan die bestuurder nie op ʼn ongelukstoneel stilgehou het nie.”
Wys my iemand wat daardie tyd van die oggend daar sal stilhou??? Maar hulle kon dit dadelik aangemeld het.
Hoe kon die bestuurder en passasier dit moontlik nie geweet het nie. Daardie fiets is so verfrommel, daar is nie ‘n manier dat jy nie kan weet jy het oor iets gery of iets sleg getref nie. Die waarskynlike is dat beide bestuurder en passasier eers hul bloedalkoholvlakke wou stabiliseer ……
Hoe weet hulle nie dat hulle ‘n fiets raak gery het nie. Bog!
Kom ons andere leer hieruit . . .
Te minste het hulle na die polisie gegaan. Hier in Centurion het ‘n mede landsburger ‘n seun dood gery en na ‘n jaar is hy aangekeer nadat die ouers ‘n privaat speurder gekry het. En ook hy loop buite rond tot Februarie. Hy het gedink hy gaan wegkom maar hulle kon die motor herken op fotos van Sanral. Nooit het hy die ongeluk by die polisie aangemeld nie.
Ek is duidelik nie “Inspector Jacques Clouseau” nie maar kyk gerus na die google maps en besluit vir jouself hoe hierdie ongeluk moontlik kon gebeur. Jammer hulle het dit nie dadelik aangemeld of stilgehou nie…so vat maar hulle pak. die Mislukte Paliteit kan gerus dalk verkeerslig hier aanbring vir wat dit werd is…..
https://www.google.com/maps/@-33.9832327,25.5895154,3a,75y,260.11h,70.11t/data=!3m6!1e1!3m4!1sTUOBcuqz7UFhWqhM-q5S4A!2e0!7i13312!8i6656
Dis bog dat hulle nie geweet het dat hulle iemand gestamp het nie. Hulle staar groot moeilikheid in die gesig.