Jong man geskiet tydens rooftog by huis

Foto: Netcare 911.

ʼn 21-jarige man is Woensdagoggend twee keer geskiet tydens ʼn gewapende rooftog by ʼn huis in Florida in die weste van Johannesburg.

Die voorval het omstreeks 05:15 plaasgevind. Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn middeljarige man was glo besig om sy motorhuis se deur oop te maak toe drie gewapende mans hom genader het. “Die slagoffer het die sleutels vir ʼn VW Amarok-bakkie vir hulle gegee, maar hulle het daarop aangedring om saam met hom die huis binne te gaan,” het Masondo verduidelik.

Twee van die man se seuns het intussen glo onraad vermoed en gaan kyk wat aangaan waarna die verdagtes op hulle losgebrand het. “Die seun is ernstig gewond en die verdagtes het slegs met die voertuig se sleutels gevlug,” het Masondo gesê.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel was die jong man in ʼn kritieke toestand. “Hy is gestabiliseer en per helikopter na ʼn hospitaal geneem vir die behandeling wat hy benodig. Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is die jong man in die kop geskiet.

ʼn Saak van poging tot huisroof en poging tot moord is aanhangig gemaak en word deur die polisie ondersoek.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval gevra om die polisie te skakel by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

AL ·

Ag Here wees die kind genadig dat hy leef en nie ernstige breinskade het nie.

Isabel ·

Liewe Vader ons bid vir hierdie jongman wees saam met hom in hierdie kritieke tyd, Ons vra dit in u naam o Here!Amen!

Sherrel ·

Here hou asb jou hand oor die kind. Beskerm hom. Sterkte vir die Famile.
So onnodig onskuldige mense.
en weereens gaan hul nie gevang word nie.

Helene ·

Skrikwekkend! Soos ek hier sit en die kommentaar intik kan ek nie anders as om te vra dat ons moet sterkstaan nie! Daar is n God wat al hierdie dinge sien gebeur. Al wat ek weet is dat hierdie dinge wat mense teenoor mekaar pleeg is waarlik nie in God se plan vir ons nie. Ek het al so baie gewonder hoe mens nog kan lief he, vergewe en dan aangaan met ons lewe asof niks gebeur het nie. Al wat ek weet is dat daar iets beters vir ons wag. Kom ons houvas aan die Woord en gebed. Hierdie en ander gevalle waar mense goedsmoeds dood gemaak word is die bose in ergste graad. Ons dra julle wat pyn en hartseer het op in ons gebede. As verantwoordelike mense wat die opstandingskrag van God ontvang het mag ons nie stilbly nie en MOET ons vasskop teen geweld en misdaad.

olie ·

Skande groot skande……maak my seer!!!!!!!!!!!!EK NODIG SIELKUNDIGGE HULP…..SO KAN DIT NIE AANGAAN NIE. Maak ons kommentaar enige verskil of ?

Leon ·

Dit is verbysterend dat jy onder die indruk verkeer dat leserskommentare op ‘n nuusblad ‘n verskil aan enigiets gaan maak.

Cherokee ·

Dit maak wel verskil… maar net aan jouself. ‘n Kommentaarblad soos hierdie dien om uiting te gee aan emosies. Menige keer gaan ek nie eens terug na ‘n berig waar ek kommentaar gelewer het nie. Indien dit somtyds nie geplaas word nie sal ek dit (dikwels) nie eens weet nie want ek het gesê wat ek wou sê. So, olie vra of dit enige verskil maak. Dit kan somtyds olie op die vuur wees olie en ander tye kan dit jou gemoedstemming verlig. Maar as jy dink dat jy die land gaan red met kommentare moet jy weer dink. Dit help egter somtyds… vir jouself.

sug ·

Nee olie, veral gladnie nie as jy skree nie, want dit help nie jy skree vir ons nie, ons voel net soos jy.

SKANDE ·

Help ook nie meer om die sleutels vir hulle te gee nie, julle wat altyd hierdie ANTWOORDE het – gee die sleutels, gee al jou besittings, daar is die man IN DIE KOP GESKIET!! Niemand het meer antwoorde nie, tot die liberales het probeer om dit af te maak as misdaad, selfs hulle sien nou die lug, vlug seker almal landuit terwyl ons met die gemors waarvoor hulle gestem het sit. HELEN ZILLE waar is jy nou? TWEET Jy nie meer nie?? MMUSI? oops, niemand gee om nie. JAMMER aan die gesin, ek hoop werklik die jongman sterk gou aan.

Grotman ·

Waneer gaan hulle dit begin noem wat dit is? Die roof is net n bonus! Dis wit moord en niks anders. Ons menings beteken niks, ons woorde gaan nerens.

Sandy ·

Grotman, hoe weet jy die kind is wit wat geskiet is? Ken jy hulle persoonlik? Dit maak nie saak of dit wit of swart is nie, orals, reg oor ons land word wit en swart en bruin mense vermoor. Ek bid God se genade oor hierdie kind en sy familie.

Piet ·

Sandy, ek is eerlik as ek se ek dink jy leef in ‘n droomwereld waar die werklikheid is wat jy wil he dit moet wees. Dis jou volste reg om toe voel soos jy wil maar dis nie die werklikheid nie. ‘n Blanke persoon het n teiken op sy kop, veral as jy op n plaas woon. Die wetteloosheid in die land kan nooit aangespreek word nie, want as jy sou noem waar die probleem le dan word jy n rassis genoem (deur die werklike rassiste).

Werner ·

Grotman jy is reg Sandy jy moet begin wakker word en die werklikheid begin aanval

Pieter ·

Maroela hoe gaan dit met die jong man? Kan julle asb vir ons op hoogte hou?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.