Jong man gevonnis ná moord op tamatieboer

Argieffoto

Die streekshof op Mosselbaai in die Wes-Kaap het Vrydag die moordenaar van ʼn 52-jarige boer van Albertinia effektief 22 jaar tronkstraf opgelê.

Johannes Bangiso is tot een jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak, sewe jaar vir roof met verswarende omstandighede en 22 jaar vir die moord op die weduwee Sharon Bester, wat alleen op die plaas Zout van de Aarde gewoon en met tamaties geboer het.

Die regter het beslis Bangiso moet die vonnisse vir die eerste twee oortredings gelyklopend met die moordvonnis uitdien. Dit kom neer op effektief 22 jaar agter tralies.

Adv. Christhenus van der Vijver, die staatsaanklaer, het die regter se beslissings verwelkom. “Ek is tevrede met die vonnis,” het hy Vrydag gesê.

Bangiso het op Bester se plaas gewerk. Die hof het gehoor Bangiso was van plan om ʼn voertuig van sy werkgewer te steel, maar sy het hom op heter daad betrap. “Die situasie het handuit geruk, wat gelei het tot waar ons vandag is,” het Van der Vijver gesê.

Van der Vijver sê Banginso het berou getoon en die slagoffer se familie verskoning gevra. “Ek het die hof gevra om hom ʼn vonnis van 20 tot 30 jaar op te lê, want ek dink nie dis ʼn geval waar ʼn mens lewenslange tronkstraf sou vra nie.”

Kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het ná Bester se moord Saterdag 28 Oktober verlede jaar aan Maroela Media gesê Bester se liggaam is reeds op die dag van haar moord in haar bed aangetref deur ʼn werker wat haar honde versorg.

“Aanvanklik is vermoed dat sy ʼn beroerte gekry het, maar nadat die nadoodse ondersoekverslag bekend gemaak is, het dit aan die lig gekom sy is verwurg,” het Pojie destyds gesê.

Bangiso (toe 20) is die Dinsdag ná die moord in hegtenis geneem nadat hy die Saterdagaand laat opgemerk is waar hy met Bester se Land Rover rondgery het.

“Hy is aanvanklik in hegtenis geneem vir huisbraak en diefstal nadat daar ook ʼn skoot- en tabletrekenaar by hom aangetref is,” het Pojie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Maryke

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Lerato ·

Elke boer man of vrou behoort ‘n goed opgeleide Duitse Herders hond(Alsation) te hê. Dit kan die verskil tussen lewe en dood beteken

GP ·

In my opinie is n groot hond buite op n plaas n moet. Nie dat hy kriminele gaan weghou nie maar dat mens in hul gedrag kan sien of iets fout is. Voor in die oggend uitgaan kyk of die honde daar is en rustig is. Doen dieselfde as weg was en tuis kom. Hulle is die buite alarm. As hond vergiftig is en nie hek of deur toe kom nie is daar rede om versigtig te wees.

Nettie ·

@Lerato – ek is ‘n groot voorstaander van ‘n waghond – Alsatian – oftenot. Maar: enige hond kan “uit die weg geruim’ word.

Die criminals is baie lief vir Two-Step en geen hond of mens het enige verweer daarteen nie. Selfs al leer jy jou hond hóé mooi om nie enige iets te eet nie of nie kos van enige een te vat nie; hulle kom jou hond op die een of ander wyse by, bv. jou huis- of tuinhulp wat jou hond kosgee (hy/sy gooi die goed by die hond se kos of in die water).

Wees bewus van wat om jou aangaan, sit ‘n ordentlike alarmstelsel en paniekknoppie in by jy huis en voertuie, dra “mace” by jou waar jy gaan en kry ‘n skok-toestel. Dit is ongelukkig die land waarin ons na 25 jaar van ‘demokrasie’ leef.

Israel ·

Kry n kruising tussen n kameelperd en hiëna dan kan hy hulle buite die yard byt en lekker lag na die tyd…

Afrikaanse Knaap ·

So vir 22 jaar moet ons belasting betalers noyu hierdie moordenaar voer en beskerm en kleed en huisves teen R12 000. Bring die doodstraf terug.

Kyk nou net ·

Ek stem volkome saam! Wat jy aan ander doen, moet aan jou gedoen word.

Bella ·

Beter, kry n wapen (rewolwer/pitool). Al manier hoe moordenaar n les geleer word.

Geurt ·

Ek kan nie kloutjie by die oor kry nie. Moord is n doelbewuste plan om een om die lewe te bring. In so geval, hoe kan n hof versagting oorweeg oor berou as die moordenaar selfs tydens die beplanning nie afgewyk het van sy slinkse plan nie. Nee, jou turf moet volle tydperk sit vir moord veroordeling!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.