Jong man gevonnis oor 95-jarige se verkragting, moord

Phumzile Mabope. Foto: Raaihil Sain/ANA

ʼn Jong man, wat 17 jaar oud was toe hy Maria Vermaak (95) van Uitenhage verkrag en vermoor het, is Donderdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.

Phumzile Mabope (nou 19 jaar oud), is verlede maand skuldig bevind op 12 aanklagte waaronder moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede en huisbraak. Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Mabope het aangevoer hy het Vermaak se huis in Luytstraat besoek om avokado’s van ʼn boom te steel. Hy het skuld beken op aanklag dat hy haar vermoor het, maar skuld ontken op aanklag van verkragting. Die bejaarde vrou is aangerand en die hof het bevind hy het haar verkrag voor sy vermoor is.

Die tiener het tussen November 2015 en Februarie 2017 ʼn reeks misdade gepleeg en by minstens vier huise en ʼn sakeonderneming ingebreek.

Regter Dayalin Chetty het Mabope onder die Wet op Kindergeregtigheid gevonnis en ʼn maksimum vonnis van 25 jaar opgelê. “Alhoewel ek simpatie het met die beskuldigde en dat sy misdade uit nood gepleeg is, is dit duidelik uit sy optrede dat diefstal uiteindelik tot moord gelei het. Sy optrede was uiteindelik nie aangespoor deur honger nie, maar ʼn poging om sy dwelm- en alkoholafhanklikheid te stil.”

Chetty het bevind een ding wat nie verskoon kan word nie, is die “onbeskryflike gruweldaad” wat Vermaak gely het. “Sy was geen bedreiging vir hom nie. Hy kon haar goedere gesteel het en gevlug het. Maar hy het gekies om haar te verkrag – ʼn vrou in haar 90’s en in die veiligheid van haar huis. Hierdie gedrag kan nie toegeskryf word aan sy sosio-ekonomiese omstandighede nie.”

Die Wet op Kindergeregtigheid is ʼn strafregtelike stelsel vir minderjariges wat gebaseer is op die beginsels van regstellende geregtigheid. Die doel van die wet is om op rehabilitasie te fokus en herintegrasie van die kind in die gemeenskap. Die wet bied verskeie vonnisopsies, van gemeenskapsgebaseerde vonnisse tot ʼn maksimum vonnis van 25 jaar tronkstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Niklaas ·

Is so n jong siek persoon rehabilliteerbaar? Hy gaan dit nie maklik hê in die tronk nie. Waarom die bejaarde vermoor ? Sy was sekerlik geen bedreiging , dit was moontlik net om manlikheid te bewys . Siek verby.

Flip ·

Dit wys weer hoe siek die regstelsel is …..25jaar ….you must be joking!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Adri ·

25 jaar waarvan hy miskien 6 maande gaan uitdien voordat hy op parool vrygelaat word. Wat het geword van reg en geregtigheid in hierdie land?

Andre ·

Wat van die oorledene wie se dae wat hy verkort het, wat van haar en haar famielie se regte op menslikheid ?
Hy het nie menslik opgetree nie waarom het hy nog menseregte ? Hy is skuldig bevind.
Dit wat hy gedoen het regverdig nie sy nood vir selfbestaan nie, kan nie eens sien hoe dit in ag geneem word vir vonnisoplegging nie.

Adri ·

Deesdaeword net een ding in ag geneem by vonnisoplegging: jou velkleur. Niks anders het enige waarde hoegenaamd nie.

Lizelda ·

Hoe kan enige kind so iets aan n 95 jarige vrou doen? Dis waarom baie gemeenskappe reg in hul eie hande neem, want vir 25 jaar is hy nou gewaarborg van n bed, gym, maaltye en tv kyk…En hy kan loop en sog hyt n bejaarde verkrag en vermoor…

Naas ·

Dis hoekom ons die doodstraf moet hê. Ons moet seker maak hy doen dit nie weer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.