Jong man gevonnis vir verkragting van 71-jarige

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige man is vandeesweek in die Vryheid-streekhof in KwaZulu-Natal tot tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 71-jarige vrou.

“Siphimpilo Mbatha het op 12 September 2014 die slagoffer by haar opstal in die Bilanyoni-omgewing naby Paulpietersburg oorval en verkrag,” het lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. “Die man het beweer die slagoffers was sy meisie.”

ʼn Saak van verkragting is by die Paulpietersburg-polisiestasie aanhangig gemaak en is deur die Vryheid-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek. Mbatha is kort daarna in hegtenis geneem en verhoor.

Hy is skuldig bevind op aanklag van verkragting en vandeesweek tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Buitestandere ·

Ja, in die lente, vroeë sommer raak die jong klop deur mekaar geslits met die hormone.

Sarie ·

Diè voorval het al op 12 Sept 2014 plaasgevind. Die verkragter was toe 20 & die vrou 67. Hoe onnosel kan hy wees om te beweer sy was sy meisie… As sý ma 20 jr ouer as hy is, was die vrou nog 27 jr ouer as sy ma… (Ek twyfel of sý ma 20 was toe hý gebore is. Of dalk is hy haar 3de of 4de kind?) Wat ek eintlik probeer sê is, dat hy gèèn respek vir homself, sy ma, òf die vrou het nie!!! Dis waarom dinge in hierdie land sò sleg gaan. RESPEK BESTAAN HOEGENAAMD NIÈ MEER NIÈ!!!

Piet ·

Hierdie is die heel swaarste straf wat ‘n persoon in SA kan kry vir so n barbaarse misdaad – is dit nie verspot nie! Al hoe so n persoon behoorlik gestraf kan word is as mens self met hom afreken.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.