Jong man glo in kop geskiet tydens plaasaanval

ʼn Nooddienshelikopter wat die slagoffers na die hospitaal vlieg (Foto: Verskaf)

Twee mans is Donderdagaand in ʼn plaasaanval buite Ficksburg in die Vrystaat gewond.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, sê ʼn man, vermoedelik die boer se seun, is tydens die voorval in die kop geskiet. Volgens Cameron is die seun 25 jaar oud. ʼn Tweede man, glo ʼn plaaswerker, het ʼn skietwond in sy skouer opgedoen.

Volgens Cameron leef albei slagoffers.

“ʼn Nooddienshelikopter het pas op die toneel geland om die slagoffers na die hospitaal te vlieg,” sê hy.

Cameron sê vyf verdagtes was glo betrokke by die aanval. Volgens hom kon al vyf verdagtes daarin slaag om van die toneel te ontsnap en is hulle steeds op vrye voet.

Die polisie was kort ná die voorval steeds op pad na die toneel en die provinsiale woordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Chris Ws ·

Paraatheid of eerder die gebrek daaraan,is steeds ‘n probleem.Mense dink dis ‘n grap!Feit is ons sal MOET begin terug veg.

Pieter ·

Al wat ek kan sê is dankie dat Mariela Media die enigstes is wat nog oor dit berig

Theuns ·

Mense ons moet saam staan teen geweld hou die fort niks kan ns gemeenskap breuk as ons saam staan nie as die voortrekkers kon voort beur wat keer ons ek kan net bid vir n volk in een vuur en taal gedoop die kryger se dolk sal ons nooit stop kom ons staan op in een taal gedoop

Boerseun ·

Maandag het my hoop gegee, ek gaan nie aleen baklei nie? Lank leef die Boer

Louise ·

Lyk my die sweer is maandag oopgekrap… en nou is daar nie end nie ?

Dogter van vermoorde ·

Dit gaan nog altyd so, die mense wat altyd hul rug op plaasmoorde gedraai het en nou skielik bewus geraak het daarvan, let nou maar net op daarna. Ons is al 2 dekades in hierdie eensydige oorlog.

Therese van Schalkwyk ·

Dogter van vermoorde

Sterkte, en groot simpatie met jou verlies.

Deel jou verbasing oor die ‘skielike’ geesdriftige reaksie, na meer as 20 jaar, op die skrikwekkende slagting onder ons mense.

Vorige bewusmakingspogings deur individue of instansies soos AfriForum het min of geen belangstelling ontlok nie. Inteendeel, Steve en Sunette was “nie die regte mense” om die saak te opper nie.

Kan nogal die verontwaardige reaksie uit regerings- en ander geledere verstaan dat hierdie ongebreidelde oorlog teen minderhede so uit die bloute aan die groot klok gehang word.

Haan ·

Dis die vyfde moord sedert maandag. Enige regdenkende mens kan sien ons is in n oorlog gewikkel. Dit is n baie donker tyd in ons volk se heugenis. Hulp gaan nie van die buiteland af kom nie. Hulp gaan van die Here Jesus Christus af kom en van jou vermoë om die verstand waarmee hy jou geseën het te gebruik. Ek bid vir die oumense en die swakkes,want hulle is die maklike teikens, soos die ou tannie van vanoggend in Lichtenburg op wie se gesig daar n kruis uitgekerf was. Hierdie is n geestelike oorlog en ons as boerevolk moet onsself weer op die weë van die Here kry.
Die boere in die oorlog het n gesegde gehad: “ons vertrou die Here op ons Mausers”
Wees veilig.
En gaan haal jou geweer uit die kluis

Hugo ·

Swart Maandag het als net vererger nou is daar elke dag nuwe slagoffers

Erich ·

Jy hoor nou net van meer. Daar word ook defnetief vinnager ‘n berig geskryf in gevalle waar daar terug geveg word. Vir lank het die media dit net stil gehou

Theresa ·

Nee Hugo, ek weet mens voel dit is so, maar dit is nie. Dis al geruime tyd lank wat die moorde vermeerder. Skryende moord en oorlog is nie openlik verklaar sodat mens jouself na behore kan verdedig nie.
Die saamtrek van die mense Maandag was met soveel ordentlikheid gedoen – en ek vermoed dit steek die regeerders dwars in die krop. Hul sou graag wou hê daar moes chaos wees. Daar was nie. Almal het vooraf geweet daarvan en moes dit respekteer, sodat die boodskap oorgedra word. Sterkte.

Elize ·

Ons is weer terug by ‘n terroriste oorlog soos jare gelede. Dit is nog net nie by die naam genoem nie. En die intensiteit gaan net toeneem na Des 2017. Ons is “sitting ducks”. Ons sit en wonder wie is volgende.

Ls ·

Dit is tog duidelik wat nou gebeur. Hulle sou die laaste boer stil-stil vermoor het maar Maandag het hulle die moontlikheid van teenstand gekry en nou eskaleer die aanvalle. Daar is druk op hulle geplaas om hul doelwitte te bereik voor opstand of ingryping kom.

Callie ·

Nou is nie die tyd vir paniek nie. Zuma het nie eers geantwoord toe daar vir hom vertel is hoe word mense gemartel nie. As jy wit is en vir die ANC stem is jy selfs erger as hulle. Geeneen van hulle kan eers aan n kerk behoort nie en glo my as jy doen wat hulle doen en jou Pastoor, priester of dominee of wat hy is veroordeel jou nie is hy net so van die duiwel. Die tyd om totaal vas te staan is nou. Dit is teen die duiwel en sy volgelinge. Asb plaas die

Pierre ·

Ek wil graag verskil met jou Hugo , dis nie “Swart maandag” wat dit vererger het nie , miskien het almal wat so dink net nooit regtig getel daar alreeds n geruime tyd n boer epr in hierdie vermoor word, Dis tyd dat ons ook begin terug druk anders gaan daar niemand oor wees om drukwerk te kan doen nie , en dit is ook mos waar dat ons dat in so geval ons mense gaan verloor in die proses, maar as ons onself nie eers meer kan op offer vir n geliefde volk nie dan is die stryd verlore . Die tekens was al lankal daar , mense wou dit net nooit sien nie. Ons moet ons verootmoedig voor ons VADER in die hemel en ek bid dat HY vir ons n ware leier sal gee wat ons kan volg en deur hierdie stryd kan lei….sodat ons weer GOD vreesend sal word en lewe , op ons Christelike waardes staan want dit het ons in die verlede nog nooit in die steek gelaat nie. STAAN OP STAAN OP

Chris N ·

Welgedaan aan pienk Frikkie de Klerk en sy mede volk moordenaars, Meyer en Wessels. Ja en waar is kort broek van Schalkwyk. Ek het destyds by die Ruiterwag deur jul gesien.

Koos D ·

Chris N, as jy by die Ruiterwag was, is jy mos een van pienkfrikkie se mense en aandadig aan hierdie gemors. Die Ruiterwag was mos die Broederbond LIGHT.

Wouter ·

Ag nonsens man. Dit is en was absoluut oneties om mense in hul eie land van hul stemreg te ontneem.

Piet ·

Ek het nog altyd geglo hulle het stemreg in hulle tuislande gehad.

Daleen ·

Is u bewus dat Zuma se bynaam “The Butcher” was in opleidingskampe in Angola en elders? Die bynaam is gekry van die groot hoeveelheid bloed wat tydings ondervraging van sy vyande gestort is. Hierdie man is NIE wie u dink nie!

Boerseun ·

Niks met zuma te doen, wys hoe huisgenoot jou vasgevang hou

MT ·

Wel, elke boer daar buite, neem julle wapens op. Hulle is gewetenloos. Hulle word gestuur om julle aan te val en te vermoor. Ons regering kyk ander pad…….Hulle forseer julle om die reg in eie te neem. Wees paraat en maak seker dat voor jy gaan slaap daar hulpmiddels is om jou te waarsku as daar gevaar is. Ek bid dat GOD julle elkeen bewaar.

Erick ·

Nou Boerseun hoe kan jy sê hy het niks hiermee te doen nie? Wie is nou eintlik vasgevang?

Leeu ·

LOL…dalk moet ons n foto wys van die boer se optog, en n foto van die eef,anc optogte waar motoriste en mense aangeval word, geboue afgebrand word, polisie met klippe gegooi word, teen nie een gebou gebrand nie, nie een winkel geplunder nie en en en. Maar ons is te dom om dit te kan besef.

Mel ·

Dit help ni eers meer om te sê ons moet almal in eenheid wees in gebed om hierdie wreedheid te stop ni, ek is so jammer om te hoor van hierdie gebeurtenis! Word mens se geloof nou getoets of wat! Ek is ‘n christen en glo maar mens is net mens en begin wonder

Hannelie ·

Ons hulp kom van die Here…..ons moet bid! Here ons kan nie meer nie. Ons leier van hierdie land gee nie meer om nie….nee…het nog nooit omgegee nie.

Alida ·

Chris.Ws wat jy nie verstaan nie is dat die mense moet aangaan met hulle werk. Hulle is paraat. Wat laat jou dink hulle is nie? Watse kans het een persoon teen 5 aanvallers. Se ons toe asb.

Susan de Klerk ·

Ek wil weet wanneer gaan ons predikante na vore kom hetsy van die susters of charismatiese kerke? Die enigste een waarvan ek weet wat bereid is om enigsins iets te se is Oom Angus. Geen ander predikant steek sy kop uit nie, almal is doodstil!! Waar is julle?

Stop die hele boere volk goed en verander julle harte voor God ·

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wereld, teen elke bose gees in die lug. Ons kan op staan, swart aan trek doen wat ons wil dit gaan niks help nie, want dis nie teen mense nie. Ons baklei teen witchcraft en watergeeste wat bloed vereis en Jesus het al in 2013 gewaarsku dit gaan gebeur en ons is nie gehoorsaam nie. Dit begin by ons harte eerste, kry die haat uit jou uit en die anger en die vrees en vergewe. Jesus se self as jy nie vergewe nie kan Ek jou nie vergewe nie. Ons gebede gaan nie beantwoord word nie, want Hy het REEDS GEPRAAT!!!! Gaan raak stil, repent van jou optrede en woorde, vergewe en besef elkeen wat ‘n moord pleeg is verlore en huil vir hulle, want dit wat kom vir hulle in die lewe hierna is erger as wat ons besef en begin bid teen dit wat hierdie goed doen, satan wat steel!En hou op dink ons kan op ons kniee voor God kom en is saved as ons die goed kwytraak, want God se jy nie uit een mond Hom loof en prys en ‘n ander persoon wat Hy gemaak het sleg se nie. So stop hierdie haat van ons!!!Sterf tot jouself en gaan raak stil by God en leer ken Sy karakter en wat Hy vir jou se om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.