Jong man in hof ná Mbombela-sakevrou se dood

Johan Louwrens (23) het reeds in die hof verskyn in verband met die tref-en-trap-ongeluk. (Foto: Facebook)

ʼn 23-jarige man het Woensdag in die distrikhof in Nelspruit, Mpumalanga, verskyn in verband met ʼn tref-en-trap-ongeluk wat die lewe van ʼn bekende sakevrou van die stad geëis het.

Letisia Niemann (38) is Saterdagaand dood nadat sy deur ʼn bakkie raakgery is.

Johan Louwrens het op aanklag van strafbare manslag verskyn en die saak is tot 9 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek, het Monica Nyuswa, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die polisie het Louwrens opgespoor en hy het hom Maandag gaan oorgee.

Eben Niemann (44), Letisia se man, het Donderdag gesê hy neem dinge in dié stadium nog een dag op ʼn slag. “Die Here gee vir my berusting. Ek en my vroutjie het altyd, as ons so ʼn bietjie down was, musiek geluister. Ek is vandag in my kar en luister maar musiek,” het hy gesê.

“Ek het vir die Here gevra om hom [Louwrens] te vergewe, net soos Hy my ook vir my sondes vergewe, maar geregtigheid moet steeds geskied.

“Ek is nog nie gereed om hof toe te gaan nie. Om hom nou in die oë te probeer kyk, gaan my nie help nie. Wat nóú vir my belangrik is, is om môre van my vrou afskeid te neem,” het Niemann gesê.

ʼn Begrafnisdiens vir Letisia word môre om 14:00 by die NG kerk Middelburg-Suid gehou.

Niemann het vroeër gesê hulle het Saterdag saam met vriende by die egpaar se onderneming in Locoweg in Vintonia gebraai en omstreeks 22:00 besluit om ʼn ent te stap om te gaan kyk hoe lyk ʼn nuwe kuierplek wat in die omgewing geopen het.

Letisia Niemann (38).

Dit was volgepak en hulle het besluit om eerder terug na die onderneming te keer en daar verder te kuier. “Ek en my vroutjie het nog hand aan hand teruggestap,” het Niemann gesê.

Die twee het gesien hoe kom die bakkie in die straat afgery. “Ek weet nie … dit het so vinnig gebeur, of hy dalk beheer oor die voertuig verloor het nie.”

Die voertuig het Letisia getref, haar oor die bakkie geslinger en sy het in die straat beland. Volgens Niemann het die motoris daarna agteruit gery, bo-oor sy vrou gery, en weggejaag. Letisia het kort daarna in ʼn hospitaal gesterf.

Niemann het gesê hy word geweldig goed ondersteun – nie net deur die egpaar se vriende, familie en die gemeenskap nie, maar selfs deur mense wat hy nog nooit self ontmoet het nie, maar wie se lewe sy vrou op die een of ander manier aangeraak het.

“Baie, baie dankie vir almal se gebede en ondersteuning,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

chrisjan ·

Mag die skuldige tronkstraf SONDER die keuse van ‘n boete kry.
Ons innige meegevoel en simpatie met Letitia se naasbestaandes.
Ons eie mense is deesdae ons vyande in die land!

Frank ·

Jip, maar die agteruitry gedeelte verstaan ek nie!!! Wat gaan deesdae met ons boere aan!!!!!

Sal se wat ek Wil ·

Regtig Mense, dit is bitter hartseer , maar hoe kan julle nou al besluit hy is haar vyand gewees en hy moet nou boed en tronkstraf kry en bla bla, ongelukke gebeur sy kon dalk in die pad geloop het wie weet was julle daar om dit te aanskou? hy self is nog bitter jonk hom seker dood geskrik oor wat nou net gebeur het , laat die hele storie uitkom voor julle so kan oordeel, regtig jammer vir beide die families.

VanAfrika ·

@Sal se wat ek Wil
gaan lees weer die berig, hy het haar getref en toe die bakkie in tru-rat gesit en toe oor haar gery. Was dit dan nou n ongeluk????

Nadia ·

Hy het so groot geskrik, die arme bloeiseltjie, dat hy agteruit gery het, oor haar gery het en toe weggejaag het. Regtig.

Skerpioen ·

Hy het nadat hy haar raak gery het, sy voertuig in trurat gesit en weer oor haar gery… hoe kan dit nou net ‘n ongeluk wees. Ek wonder tog dat as hy nie weer oor haar gery het nie… dalk net dalk sou sy nog gelewe het… hierdie ou was roekeloos en toe onverantwoordelik en hy het sy voertuig as ‘n wapen gebruik… Op 23 jaar oud, hy het self sy eie lewe weg gegooi.

Lynette ·

Sal Sê Wat Ek Wil…
Hoe ironies – jou skuilnaam is ‘Sal Sê wst ek Wil’ …maar jy kritiseer ander wat ‘sê wat hulle wil….tipies.

Chris ·

Hier gaan ons alweer! Sal se wat jy wil, probeer jy nou ook voorgee daar is ‘n ander kant aan die storie? En dink jy die ander kant verminder dit wat hy gedoen het?

JK ·

Dis so hartseer. Sy was ‘n pragtige vrou. Sterkte aan haar man en familie

TJ ·

Dis waar, die storie is so hartseer. Dalk was dit met opset, maar miskien het hy nie presies geweet waar sy lê nie en het gedink sy is dalk voor die bakkie en het toe agteruit gery. Hoe dit ook al sy, dis bitter sleg. Ons almal was ook jonk en het ook foute begaan. Ons kan seker net dankbaar wees dat dit nie erge gevolge gehad het nie. Mnr Niemann mag jy dit ook in jou hart vind om hom te vergewe. Sterkte daar.

Koos de Meyer. ·

Hoekom nie maar net gestop nie. Waarom agteruit ry.

Jan ·

Klink agterdogtig so of hy half beplan het om haar raak te ry. Wag maar vir uitslag van geregtelike ondersoek. Sterkte aan familie.

AmY ·

Hier was nie ñ ongeluk nie. Dit was moord.
Waarom weer agteruit oor haar ry?
Alles sal seker uitkom in die hofsaak.
Baie sterkte aan die familie.

Stelling ·

Jong ek glo hy het haar gestamp en nie besef sy is oor die bakkie nie, en toe probeer agteruit ry om die ligte op haar te skyn om te sien wat gebeur het. Toe hy besef dat hy oor haar gery het, toe is die skrik te groot en jaag weg. Wat in sy guns tel is dat hy homself oorgegee het. Dis moeilik om in die geval intensie te bewys, ek glo die direksie leen na strafbare manslag.

Jan Nel ·

Dalk dronk, dalk op sy selfoon gekyk, dalk met die radio gevroetel, wie weet?

Dalk eers besef hy het iets raakgery na hy oor die vrou is, toe in trurat gesit om te kyk en in die proses weer oor haar gery. Waarskynlik toe homself boeglam geskrik en weggejaag, te jonk, dom, impulsief en verskrik om die regte ding te doen.

Daar is talle onsekerhede wat tot sinnelose spekulasie sal lei, maar twee dinge is seker.

1) Hy moet homself voorberei om die regsproses deur te gaan en regverdiglik verhoor te word met alle getuienis in ag geneem.

2) Hy moet homself voorberei om op sosiale media verhoor, veroordeel en gekruisig te word, sonder dat enige getuienis aangehoor sal word.

Sterkte aan alle partye in hierdie tragiese voorval.

Johan ·

Die feit dat hy teruggery het oor die vrou maak dit moord. Hierdie is geen ongeluk nie. Dit wil voorkom asof dit doelbewus was…..

Cathy Botha ·

Ons hoop dat jy geloof baie sterk is en sal vir jou bid, jammer om te hoor van jou verlies
Sterkte

Charmone ·

Al het jy jouself oorhandig broer gaan dit nie my kleinniggie terug bring nie. Ek bid dat Loewe Jesus ons familie sal help om jou te vergewe! ????????

Delien ·

Ongelooflik hoe Maroela lesers net voor die voet veroordeel. Haar befroefde man doen dit nie eers nie.
Dit was donker. Sy was dalk nie sigbaar.
Hy was in skok.
Hoe kan enige een se dit was moord en nie n ongeluk. Dis arrogant.
Daar sal n ondersoek wees.
En net God kan oordeel.
Innige simpatie en medelye aan haar man en familie.
Sterkte.

Gaitsigubib ·

Mense is uiteraard ongelukkig want die seun se optrede na die ongeluk was totaal en al krimeneel. Jy verstaan die bybel verkeerd wanneer jy die gedeelte aanhaal. Die bybel praat van die priester wat sondes vergewe. Hulle vergewe of veroordeel asof hulle God self is. As mens geesins mag oordeel nie, mag jy nie jou kinders teregwys nie en is enige regstelsel sonde. Baie mense hoef hulle nie te bekommer oor, “ek mag nie oordeel nie”. As ek sien hoe mense dikwels (ek praat nie van die geval nie), die krimeneel bejammer dink ek die aanhaling moet eerder lui “jy moet jou bekommer oor jou tekort aan gesonde oordeel”.

Magda ·

Goeie Hemel – hoekom terug ry oor haar weer, nadat hy haar raak gery het – Wat gaan in vandag se mense se koppe aan – Hoop Hy gaan as skuldig bevind word n baieieieiei laaaaang tronkstraf kry. Sterkte

Cheryl ·

Baie sterkte Eben Niemann, om te aanskou dat jou vrou voor jou dood gery is, is verskriklik en daardie prentjie altyd in jou kop. Hoop jy kry berading en dat jy berusting sal vind. Die jong man wat haar doodgery het sal ook maar vir die res van sy lewe daarmee moet saamleef

Kas ·

Wat gaan hy aanvoer in die hof hoekom hy stilgehou het en agteruit weer oor haar gekry het en toe weggejaag het.Dit was sy plig on still te hou.Strafbare manslag en versuim om by ongelukstoneel stil te hou.Minstens 5 jar.

marous ·

Die polisie het hom opgespoor en TOE het hy homself oorgegee . Dit verklaar baie eenvoudig sy gebrek aan BONA FIDES . Enige eerste jaar regs student sal dit ook raaksien.

Sonneblom ·

En die arme siniese volk lees nou net tot by TRURAT!!!!…..Nie een van julle glaswonende klipgooiers was teenwoordig nie, so zip-it! Dalk, dalk, dalk….dalk kon dit met jou gebeur om in hierdie jong man se skoene te land so gaan op jou knieë en bid tot die Vader – vir jou sondes en vir krag vir albei hierdie families.

Dit maak my naar as mense altyd hulle monde vol het sonder om feite te hê of met logika oor ‘n saak te redeneer. Stiksienig vaskyk in een aspek van ‘n saak en dan gooi ons die klippe! Die hemele behoed julle om ooit aan die ontvangkant te wees.

Eben en Johan, baie sterkte vir hierdie lang moeilike pad wat vir elkeen van julle voorlê, ek dra julle op in my gebede.

Liendempers ·

Sover Sonneblom is dit net jy wat enigsins sinvolle kommentaar gelewer het. Dis asof die lot nie kan wag om iemand te stenig nie. En nee, ek ken nie die mense nie. Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word.

Trish ·

Ek is van Nelspruit, ek kry die laaitie ook jammer, sy hele lewe le nog voor hom. In skool was hy n stil terug getrokke kind. Hy is n Christen kind.

Plaas almal net saam bid vir albei gesinne dit sluit die seun ook in

Gaitsigubib ·

Trish ek kry hom ook jammer. Ek was ook al in die moeilikheid. Hy sal egter sy pak moet vat en aanspreeklikheid aanvaar -Hy het erg aangejaag.

SjN ·

Tragies, voel jammer vir die jong man, hy het jare se probleme, hoop geregtigheid geskied, sterkte aan almal betrokke.

Nic ·

My seun is ook doodgery deur `n dronkgat wat weggehardloop het en eers 3 ure later gevang is. Sy straf, 24ure gemeenskapdiens by die plaaslike ambulansstasie. Dis nou hoe reg en geregtigheid geskied in ons land.

Asjas ·

Ek het al gesien hoe ‘n vrou ‘n kind raak ry, sy klim wragtig al geselsend uit om te skade aan haar kar te bekyk!
As hy regtig nugter was en so groot geskrik het, het hy die kar net daar tot stilstand gebring en uitgekilm maar ja, vandag se jong manne met die groot bakkies is arogant verby …

H ·

Die berig lees dat Letisia is oor die bakkie geslinger, dit verg baie spoed om n volwasse mens oor die groot hoë bakkie te slinger. Die bestuurder moes n hele ent weg eers gestop het en moes redelik ver agteruit terug gery het om oor haar te ry. Vraag wat ek vra, het hy te vinnig gery, arrogant ek is die baas spoed, en of was hy dalk op sy selfoon, en dan was hy heeltemal nugter. Geregtigheid sal nie geskiet nie, al is dit moord. Sterkte aan albei families.

Dirk ·

Vandag tydens middagete stap ek op die sypaadjie verby die OK Grocer, hier in Walvisbaai. ‘n Jong ma, met twee klein kinders by haar, ry my rakelings mis toe sy in draai om 5 meter verder te stop by die parkeerplek langs die winkel. Ek klop aan haar ruit en se dat sy my amper raak gery het. Glo my vry haar kommentaar was: ‘dit is mos ‘n inry vir motors’
Dus de hel met voetgangers.
Ek wonder nou as haar pa of ma of een van haar 70 jarige familie lede daar geloop het of sy net so roekeloos sou wees en of die kommentaar dieselfde gewees het.
Ek kan jou belowe hierdie dame is ook ‘n ‘Christen’ en skynbaar welgesteld en opgevoed.

Die meerderheid ry deesdae so want ek het noudie dag gesien dat ons hoof ouderling op ‘n gevaarlike onwettige plek parkeer om net ‘gou’ iets te haal.

Dus moet asseblief nie godsdiens, kleur of geslag in hierdie saak in bring nie. min steur hulle aan die verkeersreels en daar is by ons, net soos by julle, geen wetstoepassing nie.

Bodhi se ma ·

O jimmel, dink net hoe die kommentare sou wees as die outjie swart was..

ana ·

Wees n man en vat jou straf soos n man.
So jammer oor haar , daar is niks wat dit beter maak nie, sys weg. Die laaitie gaan sit en dan uitkom en aan gaan Met sy lewe.
Dis wat hartseer is .

lanie ·

Sal se wat ek wil, dit is nie jou ma, dogter, ouma of vrou nie.

humor ·

Ag man hierdie gedurige gekef gekef, hierdie knap speuders advokate en regters en almal wat op die ongelukstoneel was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.