Jong man in hof oor beweerde skietery op plaas

Die Brits-landdroshof. Foto: Landi Malan

ʼn 24-jarige man het Maandag in die Brits-landdroshof in Noordwes verskyn in verband met die verdwyning van ʼn man van Majakaneng wat tot gewelddadige betogings in die gebied gelei het.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê Matthew Benson het vlugtig in die hof verskyn op aanklag van poging tot moord waarna die saak tot Vrydag uitgestel is. Benson sal dan om borgtog aansoek doen.

Jeff Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, het buite die hof gesê hy weet nie hoekom die saak uitgestel moet word nie. “Ons is gereed om met die borgtogaansoek voort te gaan en die staat weet dit,” het hy gesê.

Hy het gesê Benson is op 4 Augustus vir die eerste keer by die Mooinooi-polisiestasie ondervra. “Op 10 Augustus is hy weer gevra om na die Brits-polisiestasie te gaan waarna hy vrygelaat is. Hy het op 14 Augustus met die ondersoekbeamptes in Pretoria vergader. Hy is nog heeltyd toeganklik vir die polisie. Dit is onregverdig om die borgtogaansoek uit te stel. Die staat was gereed voor die beskuldigde in hegtenis geneem is.”

Moyo het versoek dat Benson by die Mooinooi-polisiestasie aangehou word om hom in staat te stel om met ʼn private ondersoeker te vergader wat hulle aangestel het.

Maroela Media het vroeër berig Benson is Saterdag in hegtenis geneem vir die beweerde poging tot moord op Tebogo Ndlovu. Mokgwabone het aan Maroela Media gesê daar word beweer Ndlovu is op 2 Augustus op een van die plase in die Mooinooi-omgewing geskiet terwyl hy glo saam met twee ander mans lemoene gesteel het.

Volgens die polisie se voorlopige ondersoek is Ndlovu gewond en het sy twee makkers hom agtergelaat en van die plaas gevlug. Ndlovu is nooit weer gesien nie. Die saak is twee dae later by die polisie aangemeld.

Ndlovu se verdwyning het tot gewelddadige betogings in die gebied gelei waartydens die N4, R104 en R566 afgesper is. Die betogers het in dié tyd die plaas waar die beweerde skietery gebeur het onregmatig betree en glo gesê hulle kom soek die liggaam van die slagoffer.

Hannetjie Grobbelaar, raadslid van die VF-Plus in die Madibeng-distrik, het ook vroeër aan Maroela Media gesê Benson en sy gesin wat op die plaas woon waar die voorval na bewering gebeur het, moes op 12 Augustus die plaas verlaat uit vrees vir hul lewe. Grobbelaar het gesê daar is inligting van betroubare bronne ontvang dat daar beplan word om die gesin se huis af te brand en dit het hulle genoop om die plaas te verlaat. Volgens Grobbelaar behoort die plaas aan Benson se ouers.

Mokgwabone het Maandag buite die hof gesê hy glo die staat het ʼn waterdigte saak teen Benson. Hy het gesê die soektog na Ndlovu duur egter steeds voort. Enigiemand met inligting wat kan help om Ndlovu op te spoor, word versoek om die ondersoekspan by 082 416 0767 te skakel.

Jeff Moyo, Benson se regsverteenwoordiger, buite die hof:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris Ws ·

Die hele verloop van sake so ver is een groot rassstiese sespoel.Benson beter gou ‘n ”ander” regsverteenwoordiger kry ook.Sterkte!

johan ·

Wag n week word vrygespreek en dagvaar die saps en die staat vir soveel jy kan omdat hulle jou nie beskerm omdat jy wit is.

Denise ·

Matthew ons staan by jou en jou gesin. Ons weet jy is onskuldig. Ons sal saam met jou veg vir die waarheid.

Jan ·

Mokgwabone dink die staat het ñ waterdig saak? Gin wonder niemand het meer respek vir die polisie nie. Hulle opleiding is swak. Hulle kan nie eens ñ eenvoudige wapen lisensie reg doen nie. Hulle het nie ñ wapen, lyk of enige bloedspoor nie. Hulle kyk te veel TV. Kry die persoon lewendig of dood, dan kan julle begin aankla.

JC ·

Baie dankie; interessant. Hulle sal nie regkom nie, ons Afrikaners is te wakker vir hul streke.

Pieter ·

Eps. Se ek al lankal. Die artikel is so waar hoe kan ons die ander padas wakker laat skrik en se ons gaan verbrand. Dit is so verstreerend om te weet maar daar is soveel volstruise om ons ons sien net gatte en geen koppe.

Adriaan ·

“Mokgwabone het Maandag buite die hof gesê hy glo die staat het ʼn waterdigte saak teen Benson. Hy het gesê die soektog na Ndlovu duur egter steeds voort.”

Nog geen bewyse nie, maar die saak is waterdig. Hy staan n goeie kans om die Dunning-Kruger wisseltrofee op meriete te wen.

Meintjes ·

Volgens wat gese was. Hoekom vertel Benny Benson se prokureur nie die mense dat hy n geheime woord van n matjakeneng inwoner gekry het waar hy hom vertel dat hy Ndlovu in die strate van Matjakeneng gesien het nie. Hy het gese dis net so gud jy sien die dooies wat loop

JC ·

Hehe!!! Lag ek nou Adriaan, Wat ek bespeur, is dat die “staatsinstansies” nou gebruik word, met behulp van rasbehepte en bevooroordeelde “amptenare”, om blankes te vervolg en sodoende die vervolging, wat heeltemal onregmatig is, (soos in Coligny se geval) ‘n valse legitieme kleur te gee. Die oppergesag van die reg het dus definitief geduik, dink hulle ons sien nie wat hulle probeer doen nie? Miskien is dit goed dat ons oe oopgemaak word, en die werklikheid van ons benarde situasie openbaar word, en ons sodoende gedwing word om laer te trek, indien dit dan is wat dit neem om ons aan die beweeg/dink te kry.
Waar is ou Gerrie in dit alles, die bulldog????

Theresa ·

Ons hoop en vertroue is by jou Matthew Benson. Dis ‘n skande dat jy so hanteer word. Dis die mense wat op ander se eiendom kwaad doen wat die straf moet kry. Die onmoontlike word deesdae van sekere landsburgers verwag. Kan jou net baie sterkte en wysheid toewens.

Rina Pretorius ·

Se hulle die saak is waterdig, weet julle hoekom, dis omdat die gemeenskap daarop aandring dat Benson skuldig is en die hof luister mos deesdae na hulle, hetsy skuldig of onskuldig, Benson is ‘n witman en daarom is hy klaar skuldig bevind.

SjN ·

Geen konkrete bewyse nie maar dit is waterdig, hoop vir Benson se part dit word verkeerd bewys, sterkte.

Alida ·

Hy kruip iewers in ‘n stat of kraal weg en die familie soek geld. As die SAPD wakker is kan hulle gou-gou opspoor. Ek is van mening dat hy niks makeer nie. Net ‘n voorgevoel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.