Jong man in nek geskiet: ‘Hoekom ek?’

Francois Swart. Foto: Verskaf.

Francois Swart (21), die jong man wat verlede week in Lichtenburg in Noordwes herhaaldelik tydens ʼn rooftog op kort afstand in die nek geskiet is, haal al self asem.

Louis van Rooyen, Swart se stiefpa, het aan Maroela Media vertel Swart word steeds in die waakeenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto behandel.

Volgens Van Rooyen is die pyp wat Swart help asemhaal Sondag verwyder. “Hy kan al bietjie met ons praat, maar sy stem is baie hees. Ons vermoed dis maar van die skade van die pyp en die swelling wat nog aan sy nek is.”

Die swelling het volgens hom wel al baie gesak. Swart het ook ʼn aneurisme in een van sy nekare. “Hulle gaan vandag ʼn angiogram doen om te bepaal wat die pad vorentoe is in terme daarvan.”

Sover die gesin se kennis strek, is die infeksie wat hy in sy wonde ontwikkel het ook grotendeels hokgeslaan.

“Ons sal nie sê hy is in ʼn gevaarsone nie, maar enige iets kan nog skeefloop. Dit is maar ʼn herstelproses. Ek is positief dat hy gaan deurtrek. Hierdie ding het die mat onder ons voete uitgeruk. Dit het my vrou, Christie, baie swaar getref.”

Van Rooyen vertel dat die omvang van die voorval nou by Swart begin insink en hy begin nou vrae vra soos “hoekom ek?”.

Maroela Media het vroeër berig  Swart is die bestuurder by die plaaslike Spur-restaurant en het 9 Mei omstreeks 01:00 ná werk saam met Jan Louw (21), ʼn kollega, gaan koeldrank koop by ʼn nabygeleë Shell-vulstasie.

“Hy was besig om die koeldrank uit die rak te haal en hulle het gesien twee mense argumenteer met die man agter die toonbank. Francois het nader gestap om vir die koeldrank te betaal. Ek weet nie presies wat gebeur het nie, maar die een man het ʼn gaspistool teen sy nek gehou en twee skote is afgevuur,” het Van Rooyen vroeër gesê.

Francois Swart. Foto: Verskaf.

Van Rooyen het gesê dit is ʼn soort gaspistool wat koeëltjies (“pellets”) afvuur wat gebruik is.

Swart en Louw is van hul selfone en motorsleutels beroof en die verdagtes het met Louw se motor van die toneel gevlug.

Die motor is sedertdien teruggevind, asook een van die selfone wat tydens die voorval gesteel is.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied en Swart is na die Thusong-gemeenskapshospitaal gehaas waar hy gestabiliseer is.

Sy nek was erg geswel en daar was baie skade aan die weefsel. Volgens Van Rooyen is Swart se slukderm ook “afgeskiet”.

Swart is later Woensdagoggend na ʼn hospitaal in Mafikeng oorgeplaas waar vasgestel is dat hy na die trauma-eenheid van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto oorgeplaas moet word. Hy is daar geopereer om die wond aan sy slukderm en infeksie in sy wonde te behandel.

Lt.kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van gewapende roof en voertuigkaping word ondersoek.

Volgens haar het die verdagtes eers ʼn pistool op die kassier gerig voordat Swart geskiet is.

Myburgh sê Swart is drie keer geskiet. “Toe die skote klap, het die kassier weggehardloop – reguit polisiestasie toe. Dis hoekom die polisie en nooddienste so vinnig op die toneel kon wees.”

Volgens Myburgh het Jude Nnana Aghabanti (42), ʼn Nigeriër, Vrydag in die Lichtenburg-landdroshof verskyn nadat hy die dag van die voorval aanvanklik deur die polisie se honde-eenheid in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms. Daarna is vasgestel dat hy ook met Swart se skietvoorval verbind word.

Aghabanti sal 17 Mei weer in dieselfde hof verskyn wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

Die ander verdagte is nog soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

STERKTE ·

So jammer vir die seun, hoop jy herstel 100%. ALWEER n BUITELANDER< en RAMAPHOSA wil ons grense oopgooi? NIE dat dit moeilik is om onder deur 'n draad tans te kruip nie, maar wragtie as alle grense oopgegooi word gaan misdaad 3 x erger raak.

Koos ·

Die grense is lankal oop. Te danke aan die Ja-stemmers wat tot vandag toe nie hul flater kan erken nie.

Afrikaanse Knaap ·

Ai jong man en gesin, ek is so jammer oor die insident.
Ek hoop jy sterk gou aan, dat die boos wigte julle straf sal kry, en dat jy en jou gesin weer rustigheid en vrede by YHWH sal kry.

Sam ·

Dankie vir die gebruik van Sy Heilige Naam. As ons volk maar net geweet het wie hul is en Wie ons God is, en Sy weë geken het, was hierdie land nie wees waar dit nou is nie, sou ons nie tans die stert gewees het nie, maar die kop.

Johan ·

Pieta , jou para, net omdat jy glo Hy bestaan nie ,beteken dit nie dat Hy nie bestaan nie. Ek hoop die skille val van jou oe af binnekort. Geseend

Leon ·

Baie sterkte jong man en sy hele gesin en naastes. Ons almal vertrou jy sal spoedig herstel!
Ook dankie aan die polisie vir optrede wat tot arres gelei het. Nou moet die reg sy gang gaan met hopelik deeglike uitkoms!

Sterkte ·

Vertrou die personeel daar behandel en kyk mooi na jou. Sterkte. Alles van die beste

Ekke ·

Onregverdig dat onskuldige slagoffers hul eie dokter en hospitaal moet betaal in so n geval soos hierdie .EN die staat betaal staats prokureurs en staats Advokate viir die Misdadiger wat so n Misdaad Pleeg ?????

Sterkte hoor!! ·

Jy is in ons almal se gebede en ek glo vas dat jy deur dit sal kom. Almal wil graag weet hoekom dinge met hulle moet gebeur maar onthou, jou gesin en familie staan 100% agter jou. Die Here se hand is om jou en Hy sal jou hier deur dra.

Lizelle Gibson ·

Well done Baragwana Hospitaal. Glo dit is God se wil en goeie mediese behandeling.

Gesiggie ·

Dankie Jesus vir die Wonderwerk wat jy in die jong man se lewe gaan doen, vir elke Genade van Bo, vir elke genesing … dankie dat hy 100% gaan herstel.. Sterkte aan jou Franscois.

Christo Volschenk ·

Al weer die Nigeriers! Hulle is orals waar misdaad gepleeg word. Ek wonder of hulle nie ook agter die plaasmoorde sit nie. Hoe is dit moontlik dat burgers van n ander land in SA kom amok maak? Wat is makliker as om alle Nigeriers wat nie vaste werk het nie uit te gooi? Waarom nie? Ander lande duld nie buitelanders sonder werk in hul lande nie.

madelein ·

2 jong intelligente jong seuns se lewens verwoes, die emosionele letsels. finasieel , drome , onskuld , verwoes

Wonder ·

Wonder wat van die poging tot moord geword? Of word dit ook weggetoor deur die towenaars? Ek glo die jong man sal heeltemal herstel. Sterkte aan die familie.+

Mrs H ·

Kon eers by die derde hospitaal gehelp word?!?!?! WTF?! Maak die ander twee toe en spaar ons geld asb?! Dit kon hierdie jong man se lewe geeis het. Nigeriër nogal…

GM ·

Mrs H, presies my siening ook. Hoekom word mense die heeltyd van die een hospitaal na die volgende een oorgeplaas? En sodoende gaan kosbare tyd verlore. Ek verstaan ALLE hospitale kan nie ALLE dienste aanbied/funksies verrig nie, maar soms is dit basiese goed wat nie beskikbaar is nie. Sterkte jongman!

Regtig? ·

Voor julle judge maak eers seker van julle feite….
Hy was in Lichtenburg en sy familie is in Pretoria, miskien is hy oor geplaas omdat hy te ver was van sy familie af en dat hy hulle nou die meeste nodig het.

Mrs H ·

Regtig, nee Regtig… As jy mooi gelees het, sou jy sgter gekom het dat hy nie bloot n skraap merkie gehad het nie, maar sy slukderm was AF geskiet onder andere en het NOOD behandeling nodig gehad. Ja Regtig?!

Verstom ·

Hoekom nie jy nie? Dit is dalk God se manier om ander aan te raak deur jou genesingsproses. OM dankbaar voor God te staan dat Hy dit goed gedink het om jou nog ‘n kans te gee om voor die troon van Genade te kniel uit dankbaarheid en ‘n getuienis vir Hom te wees.

Kas ·

Jongman,ongelukkig was jy op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.Hulle voel vere vir ‘n lewe.Het al gestaan en kyk hoe ‘n man wat nie sy sigaret wou deel nie met ‘n mes doodgesteek is en die moordenaar het onskuldig gepleit want hy was verslaaf aan nikotien.Regter vra hoekom koop jy nie sigarette nie,nee edelagbare ek het nie geld nie.

Omgee ·

Dankie aan al die mooi en positiewe kommentaar. Dankie aan onse Vader wat hom vir ons al die tyd vas hou. Hy gaan 100 persent herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.