Jong man in Pta-restaurant geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man van Pretoria is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal in die ooste van die stad geneem nadat hy Woensdagoggend in ʼn restaurant waar hy gewerk het, geskiet is.

Ao. Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het die skietvoorval by die O Sole Mio-restaurant by die Kimiad-gholfbaan in Moreletapark aan Maroela Media bevestig.

“ʼn Onbekende man het omstreeks 08:00 by die restaurant ingestap en ʼn skoot gevuur wat die slagoffer bo in sy borskas getref het,” het Miller gesê. “Die skieter het daarna gevlug. Sover lyk dit nie asof iets tydens die voorval gesteel is nie.”

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, kon paramedici daarin slaag om die 24-jarige slagoffer op die toneel te stabiliseer. “Hy is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het sy gesê.

Miller het gesê die polisie is nog op die toneel om verder ondersoek in te stel. Die motief vir die skietery word nog ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lees die opvolgberig: Skietvoorval in Pta-restaurant steeds ʼn raaisel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

cr ·

Ek vertrou nie die berig nie. Daar was dan 7 koperpunt patrone en 5 silwerpunt patrone beskikbaar gewees. Hoekom slegs een skoot?

Wil net sê ·

Ag regtig. Ek glo nie wat ek hier lees nie. Lees die word onder die foto!!!

Adri ·

‘n Golfbaan in Pretoria? Waar kry julle golwe in Pretoria? Nee man: ‘n GHOLFBAAN!

Sune van Heerden ·

Dagsê Adri

Ons vra om verskoning vir die oorsig – ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

nico ·

Adri jy is toe nie n taalkenner nie !!! Golf of gholf is beide reg volgens die woordeboek.

Sune van Heerden ·

Dagsê Nico

Dankie vir jou terugvoer. “Golf” word ongelukkig glad nie as ‘n sinoniem vir “gholf” erken nie. Ek het nou HAT5 en HAT6 ondersoek en kan bevestig die korrekte spelling vir die spel is slegs “gholf”, uit Engels “golf”.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Wil net sê #2 ·

Die foto’s wat gebruik word is net om te pas by die tipe berig, dis nie altyd relevant nie. :-)

Johann ·

Ek hoop die man sal gesond anderkant uitstap, sommer binnekort. Die rede vir die voorval sal nogal baie lig werp daarop. Dit laat mens wonder. Sommige van ons benodig ‘n leesbril.

alida ·

Grote genade mense die wereld het mal geword en almal is “trigger happy”. Los nou maar die foutsoekery met die spelling en dink aan daardie arme man wat die rede vir die voorval ookal mag wees. Het julle niks anders om te doen as om foute te soek nie?

Retha ·

Maroela van wanneer af is ‘n domain mail adres nie geldig nie? As ek die ander een gebruik het ek kwansuis klaar my sê gesê en is dit ‘n duplikaat. Nou wat nou???

Sune van Heerden ·

Dagsê Retha

Ek is jammer as jy gesukkel het om kommentaar te lewer!
Ek stuur jou navraag aan ons tegniese span om ondersoek in te stel. Dankie dat jy ons laat weet het!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jaco Grobler ·

Goeie aarde! Sune, die mense gee jou darem maar gas hier op Maroela! Jy het ‘n baie matige gemoed of ‘n renostervel, hoe dit ookal mag sy, dankie vir die pragtige voorbeeld van hoe om altyd professioneel op te tree, en kritiek positief te verwerk. Teen die tyd wat jy op pensioen gaan, gaan die HAT jou bel vir uitklaring van sekere woorde en reels.

Wat van ‘spelling/rapporteer button’ wat op die bo/onderkant van die berig voorkom, as mens iets merk wat nie reg lyk nie, kan mens hom druk en julle kan regmaak voor die ‘slimmes’ op julle toesak?

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou terugvoer!
Alhoewel ons daarna streef om seker te maak dat ons spelling en taalgebruik altyd van hoogstaande gehalte is, sluip menslike foute tog deur. Dankie – dis ‘n blink idee, ek stel dit voor aan die span.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Theresa ·

Is daar rede tot kommer vir ander lede van die publiek in die omgewing?? Na wie soek ons??

Duncan ·

Die kommentaar van verkeerde spellig ensovoort voel ek is onvanpas.
Kontak eerder die slagoffer se familie en vind uit of julle kan help waar hulle hulp nodig mag he

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.