Jong man in wildtuin deur krokodil gedood

Jacques van der Sandt het 'n passie vir visvang gehad. Foto: Facebook

Jacques van der Sandt het ‘n passie vir visvang gehad. Foto: Facebook

Jacques van der Sandt (29), ʼn vryskut diepseeduiker, is Woensdagaand deur ʼn krokodil in Skukuza in die Krugerwildtuin in Mpumalanga doodgebyt.

Ao. Oubaas Coetzer, woordvoerder van die Skukuza-polisie, het Donderdag aan Maroela Media bevestig dat Van der Sandt, wat soms by sy ouers op Skukuza tuisgaan, omstreeks 23:00 in die Lake Panic-dam by die Skukuza-gholfklub deur ‘n 3.9 meterlange krokodil gegryp en onder die water in getrek is.

“Die oorledene en ʼn vriend was by ʼn putjie naby die dam, ná die weeklikse gholfdag. Hy het iets naby die water gaan doen toe die krokodil hom aan die bors gegryp, en onder die water in getrek het. Sy vriend het hulp ontbied waarna ʼn soektog van stapel gestuur is.”

Jacques van der Sandt

Jacques van der Sandt

Wildsbewaarders het die krokodil vanoggend omstreeks 03:00 opgemerk en ʼn voorwerp gesien wat hulle vermoed het Van der Sandt se liggaam is. Die krokodil is geskiet, waarna Van der Sandt se liggaam uit die dam gehaal is. Die polisie gaan ʼn nadoodse ondersoek doen.

SANParke het bevestig dat daar ʼn voorval was. Hulle het egter nie meer inligting bekendgemaak nie en sal later vandag ʼn mediaverklaring uitreik.

Riaan van der Sandt, Jacques se broer, het op Facebook geskryf: “RIP my liewe kleinboet. Jy’s veels te vroeg van ons af weggeneem. Hoop jy kan net so baie visvang in die hemel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

anet ·

So jammer om te hoor van die aanval. RIP Jacques. Riaan ons bid vir jou en familie. Dit is nie maklik as iemand naby aan jou hart so skeilik van jou weggeneem word nie. Vrede en berusting vir julle

Kosie ·

Jongman, jy het jou aardse lewe afgesluit in ‘n stukkie hemel op aarde. Die Skepper se skildershand was baldadig toe Hy Lake Panicdam op Sy esel gehad het.
Sterkte en vertroosting word gehoop vir die naasbestaandes.

Leeutjie ·

Kosie, dit is mooi woorde maar ek verskil met jou oor die feit dat ons Skepper se hand baldadig was. Hy het voortydig gegaan en ek glo dat hy by God is en sy heerlikheid nou geniet. Hierdie is uit en uit van die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Ek weet nie, ek voel net dat dit nie God se keuse is dat iemand op so manier moet sterf nie.

Kosie ·

Dankie Leeuin, maar lees met aandagtigheid en insig wat ek geskryf het. Kom terug, jy hardloop in die verkeerde rigting.
Dit is jou reg om te verskil.

. ·

Die storie word verdraai die man het 4 keer in die water gespring was onder alkol gewees

Retha ·

Dit maak nie saak WAT die omstandigheid was nie, vir so ‘n pragtige lewenslustige jong man om op so ‘n wyse te sterf is verskriklik! Baie baie simpatie en sterkte aan die familie en vriende.

Charlene ·

Kosie dis baie mooi woorde en sulke mooi woorde bet baie vir die familie.
Maar ek het nou net een vraag…. wat het hy daai tyd van die aand so naby aan die water gesoek in die wildtuin??? so baie mense se lewe eindig tragies, dan word die dier (wat eintlik op die enigste mansier wat hy ken, reageer) geskiet. Ek hoop werklik waar sy familie vind troos want `n jong lewe is weg, en geen maar geen ouer verdien om daar deur te gaan. Sterkte aan die familie en veral aan die vriend wat by was….

Kosie ·

Dankie Charlene. Jou een vraag. Ask no questions and hear no lies.

Elfie ·

23h00 en hy het “iets” gaan doen naby die water…? Mense moet DINK voor hul doen. Ek voel jammer vir die familie wat agtergelaat is deur ‘n onbesonne daad. Inderdaad het die dier gereageer soos sy instink hom vertel het.

susan ·

So jammer die krokodil is geskiet. Arme diere moet altyd daaronder ly as mense in hulle habitat gaan inmeng.Diere tree op instink volgens hulle natuur op.( Hy weet nie van ‘n golfbaan nie). Het net sy prooi gesien. Leeutjie niemand gaan voortydig dood nie. Die Here is al een wat mag het oor lewe en dood. Niks gebeur sonder dat dit Sy wil is nie. Sterkte aan die familie en vriende in hierdie moeilike tyd.

Leeutjie ·

Ek verskil weereens. Dis nie God se wil as ek op ‘n gevaarlike plek in die nag rondloop waar daar geen veiligheid is en ek kom iets oor nie! As ek drink en bestuur en in ‘n ongeluk doodgaan is dit nie God se skuld nie. As ek in water ingaan met krokodille is dit nie God se skuld nie, dis my eie roekeloosheid. Dit is ook nie God se skuld dat klein kindertjies verkrag en vermoor word nie? God se baldadige hand sal nie so iets skilder nie? Wat soek ek in die eerste plek daar? Dis waarom ek se, op ‘n verkeerde plek op die verkeerde tyd. Dis ‘n pragtige jongman wat ‘n verkeerde besluit geneem het. Ek is jammer vir sy naasbestaandes want niemand verdien om so te sterf nie.

lillian ·

Dis hartseer, so jong lewe … maar hy’t gesterf waar hy gelukkig was … in die natuur!

Sterkte aan die familie

genoegisnoublerriegenoeg ·

MHSRIP. so ‘n jong aantreklike man. Baie tragies. Sterkte aan die familie en vriende.

Kan iemand my asb. reghelp.Is dit maar net ‘n verlore krokodil,of is die plek bekend vir krokodille??
Hoe kan ‘n golf baan so naby ‘n dam.lake wees, as daar krokedille in die water is??

AvraD ·

Hoekom is die krokodil doodgemaak? Ek weet dis hartseer, maar leer die mensdom dan nooit of wil hul al die foute in die lewe self maak – die lewe is daarvoor te kort.

genoegisnoublerriegenoeg: By daardie watergat is die plek bekend vir krokodille; daar is seekoeie ook – soms leeus

ElzaniNel ·

So jammer vir die arme krokodil wat moes sterf a.g.v. jongmens pret!

Jean marie Roos ·

Hallo almal ek is 10 jaar oud.Ek wil net se sterkte aan die wat voorle vir die van der Sandt s.Ek is so jammer wat gebeur het met jul.Ek kan nie stry nie hy was rerig baie mooi seun gewees….Ek wil net se ons Roos gesin dink rerig aan julle…Lief julle baie en sal bid ensovoort.. Groete Roos gesin…Uit Phalaborwa….

SUE ·

So jammer so n groot hartseer vir daardie ouers en vriendin hoe beskryf n mens dit in woorde
So baie vra maar antwoorde sal bly ontwyk sal dit nooit verstaan so n pragtige kind in die jeug van sy lewe Baie sterkte God sal julle dra deur hierdie moelike tyd vertrou net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.