Jong man in Worcester doodgesteek

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 19-jarige man is Vrydag in Worcester in die Wes-Kaap vermoor.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die jong man het omstreeks 11:50 by mense in ʼn huis in Bodastraat in Zweletemba gekuier toe drie onbekende verdagtes die huis binnegestorm het.

“Een van die verdagtes was met ʼn mes gewapen. Hy het direk op die slagoffer afgestorm. Die slagoffer het probeer vlug, maar sy voete is onder hom uitgeskop en hy het geval,” het Van Wyk gesê.

Die verdagtes het die slagoffer daarna met die mes gesteek.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die slagoffer het drie steekwonde aan sy rug opgedoen. Hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die motief vir die aanval is onbekend.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Nee, komaan Suid-Afrikaners waar is Julle respek vir ‘n LEWE ! Genoeg is nou regtig Genoeg ! ‘n LEWE is KOSBAAR Maar AMERIKA HOU ONS DOP ! HULLE WEET VAN ALLES !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.