Jong man in wrak verstrengel

Lewenskake moes gebruik word om die jong slagoffer te bevry. Foto: Verskaf

ʼn Man is op slag dood nadat hy in ʼn boom vasgery het op ZK Matthews‑weg naby Glenwood High School in Durban.

Paramedici het die tyding kort voor 03:00 Sondagoggend gekry. Hulle is op die toneel deur ʼn “slagting” begroet, sê Garrith Jamieson, Rescue Care-woordvoerder.

Die voertuigbestuurder het “op die een of ander manier beheer verloor en in die boom vasgery, wat daartoe gelei het dat hy ernstig in die wrak verstrengel was. Durban se brandweer moes lewenskake gebruik om die nagenoeg 20 jaar oue man uit te sny.”

“Weens die ernstige omvang van sy beserings kon paramedici niks vir hom doen nie,” sê Jamieson, “en is hy op die toneel dood verklaar. Niemand anders was by die ongeluk betrokke nie.”

Hy sê omstandighede wat tot die ongeluk aanleiding gegee het, word nog ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Philip ·

Alweer KZN en het beheer verloor oor sy motor. Spoed en ? daardie tyd van die oggend na ‘n Saterdag aand uit? Simpatie met naasbestaandes. Die vraag is waar gaan dit eindig.

Hennie ·

This young man is a very close friend of my son and my son was also the last one to speak with Clinton, prior to him leaving a venue where he worked to go home, It was on his way home soon after calling his mother to say he was on his way that the accident happened, and no he did not drink and we will never know what happened to cause the accident. The sad reality is that he leaves his Mom, Dad, brother and sister, and of course us who knew him as a fine and considerate young man. You will be missed Clinton and our hearts are heavy that you are gone, may you rest in peace.

Yankee ·

Daardie “een of ander manier” was duidelik waansinnige spoed!! Kan mos duidelik sien.

Poppie ·

Dit is nie nou die tyd vir verwyte nie. Wees net dankbaar dis nie jou kind wat leweloos uit daai wrak gesny is nie. Dis die ergste wat met n ouer kan gebeur. Ek moes ook al voor so n wrak staan. My kind was ook op slag dood. Aan die ouers en naby familie wil ek net sê ek is so baie jammer.

Nettie ·

@Hennie – innige simpatie en meegevoel aan die families, vriende, ouers en gesin van die jongman wat so onnodig sy lewe verloor het.

Perhaps it was the call that he made to his mother as well as travelling at a considerate high speed (to the look of the vehicle after the crash), that resulted in him losing control over his vehicle and slamming into the tree. Perhaps a tyre burst, perhaps someone overtook another vehicle or an animal/person ran over the road and he swerved to avoid that ……. how would we know now? And what would that change now?

HK ·

Hou op kritiseer, dink eder aan die ouers wat n kind verloor het!

Hennie ·

Thank you for your response to the earlier poster. We are all reeling with shock that he is no longer with us, my son spoke with his mother and she is absolutely devastated as is his brother sister and Dad. They need everyone’s prayers and support at this time, that it may be speed is speculation as the photo of the car is after the Fire department had used cutting saws to extricate Clinton from the wreck

AP ·

Ai dit is erg! Ek is verstom oor die slagting op Natal se paaie sedert verlede jaar, baie meer as vorige jare.

Leonie ·

Hennie, hats off to your son for not avoiding his friends mother and taking the time to contact her. Year’s ago I lost my boyfriend in a motorcycle accident and have since lost both my parents to cancer. And although I understand that it is difficult to speak to someone who lost a loved one because “what do you say”, it is even more heartbreaking when friends and family avoid you in a time when you need them most. Fact is, there is nothing you can say to make things better. But contacting someone just to say “I am thinking of you” or just give a hug is so important. No it doesn’t take away the pain, but just knowing people acknowledge your loss does make a difference. So, my heart goes out to this young man’s family and friends. Know that you are in our thoughts and prayers.

Veer ·

Ek stem saam HK, as jy dit nie gesê het nie sou ek. Party kommentators is mos so wit soos was. Skaam julle, dit bly iemand se vriend ,seun, kleinkind of broer. Sterkte vir die familie en ander betrokkenis van hierdie seun.

Hennie ·

Dankie dat jy die oortuiging gehad het om vir ons vriendin se seun en my eie seun se vriend wat so tragies gesterf het in die bresse te tree. Ons ondersteun Clinton se Pa, Ma, boetie en sussie asook sy vriendin wat hy net 10 minute vroer by haar huis afgelaai het. Ons harte is gebroke en nadat ons met sy Moeder gepraat het was dit moeilik vir ons as ouers van twee groot manne om die trane van hartseer te bedwing. (Verskoon tog my Afrikaans as dit nie reg klink nie, ek is eintlik Engels sprekend, al het ek ‘n Afrikaanse naam, ek probeer.)

Hannes ·

Wat duidelik is van die foto, is dat die karre van destyds nie so veilig was soos hededaagse karre nie. Daardie model het nie frommel sones, ‘n versterkte kajuit met lugsakke nie. Ek is net bly ek het ‘n ongeluk oorleef wat ek gemaak het toe ek jonk was in ‘n ou Corolla. Dit is met dankbaarheid dat ek in my groot SUV (die groter voertuig in die ongeluk wen die momentum stryd) kan klim met die bogenoemde tegnologie, plus nog vele ekstra. Mense wat nog sulke ouer tipe voertuie ry soos in die foto hierbo het ongelukkig nie veel beskerming nie. My innige simpatie aan die jong man se naasbestaandes.

JohanL ·

Eerstens innige simpatie aan die familie en vriende van die jongman. As ouer bid ek op ‘n daaglikse basis om my kinders wat op die pad is, te beskerm.

Hennie, dankie vir jou inset om perspektief te bring aan die vele MM lesers wat “net reg staan” om te kritiseer (spoed, drank, ens). En dit terwyl ons nie die nodige feite tot ons beskikking het nie.

En nee, jou Afrikaans is puik – niks om oor sleg te voel nie. Baie geluk.

Ena ·

Dis skokkend hoe mense hul eie afleidings maak oor drank en spoed wanneer ‘n ongeluk plaasvind, sonder regte feite. Wonder of hul dieselfde sou reageer as dit hul eie kind, broer/suster of vriend is. Baie sterkte aan die familie en vriende. So bitter hartseer

jacqueline ·

Ek stem saam met jou, Ena, almal sit net altyd reg om n klip te gooi.

rina pretorius ·

Hennie, dankie vir die info wat jy deurgegee het sodat almal wat alewig verwys na dronk bestuur en spoed kan sien die seun het van sy werkplek af gery huistoe, dit kon dalk wees dat hy aan die slaap geraak het aangesien hy moeg was, baie sterkte aan al sy familie vriende en kollegas.

Hennie ·

Ongelukkig was daar ‘n voorval by sy werkplek wat hom ontsenu het en hy het maar liewer vroer klaar gemaak en sy dame vriendin huis toe geneem. Ons is oortuig dat die insident bygedra het tot sy haas om veilig by die huis te kom, maar ongelukkig het dit hom sy lewe gekos. Ons kan maar net daar wees as sy familie ons onderstening nodig het of net iemand wat sal luister en hulle hartseer sal deel. Baie dankie vir jou mooi woorde van ondersteuning, ons waardeer dit.

zandie ·

baie jammer vir julle verlies mag julle vertroosting vind in ons Skepper
Prediker 7: 1 ’n GOEIE naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.

tokkie ·

Die klein karretjies is baie onveilig. Ons ken ook iemand met so klein kar. Ligte stamp van voor en dit lyk of ‘n bulldozer teen hom is. Sterkte aan die familie

Amelia ·

dit sal altyd my grootste vrees wees. My seuns is soos ander ouers sin ook my lewe… ons probeer altyd om hulle veilig te hou soos ons kan. My hart huil vir hierdie jong man se geliefdes wat agter bly en voorentoe moet gaan. Daardie eerstes is een van die swaartste seer wat jy moet saam dra. (eerste verjaarsdae, Kersfees ens) Baie baie sterkte aan julle almal wat hierdie seer nou dra. Rus in Vrede Jong man…

Hannelie ·

Hennie kan jy namens al ons lesers ons simpatie aan sy ouers oordra. Sterkte ook aan jou seun, want hul is nog so jonk. My hart gaan uit na die ouers, en die slegste is, mens probeer hierdie tipe negatiewe kommentaar weghou van hul, want vir eers moet hul oor die skok kom van hul jong seun se skielike afsterwe. Die ongeloof van sy skielike dood is nog baie vars in hul geheue en met ondersteuning sal die seer vir hul soveel makliker wees. Mense kan gou ‘n eier lê, maar kom ons staan saam en bid vir sy ouers, familie en vriende.

Hennie ·

In an effort to save time, I am replying in English as this is my spoken language. I want to thank you, and I will pass your condolences to his Father and Mother, as well as siblings, and want to assure you that we appreciate your consideration in the loss we have all suffered. God bless the writers, all of you that have shown support during this sad time.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.